by

Gautrein!

September 5, 2011 in Sonder kategorie

Fok, ons klomp Gautengers is vervelig met ons nuwe speelding, ne? Maar mens kan nou nie gaan ry en nie ietsie daaroor skryf nie.

Halftien gister glip ek by Hatfieldstasie se Parkade in. Die ruimtes is ontsettend goed ontwerp, voel dit my. als vloei, als beweeg…dis asof ek in Europa is. Ek loop deur die voetganger deurgang en kom te lande in die voorportaal van die stasie waar ek ‘n gold card koop. Vir R140 kan ek nou lekker gaan rondrits.

Nou af met die trappe en op die perron. Daar staan hy, glimmend en sexy. Die deur spin soos ‘n kietsie en gly oop. Eks diep onder die indruk van die oomblik en voel effe lighoofdig. Dan whoosh ons by die stasie uit, in die sonlig in.

Die spoorlyn strek met ‘n swiepende boog deur Arcadia. Bome met skugter nuwe blaredosse skitter in die sonlig. Die Uniegeboue le knus teen sy koppie en Pretoria se onverwagse skoonheid slaan skielik my asem weg en gee my so ‘n bewerige Sue-Ellen onderlippie.

By Centurion-stasie klim ek af om vir Anha te ontmoet. Ek kyk rond op die perron en daar sien ek haar aankom. Sy wuif vir my. Sy lyk elegant, van kop tot tone in skakerings van swart.

Ons klim in die volgende trein en ry gesels-gesels deur na Rosebank. Daar klim ons af. Die stasie front uit op die Zone in Rosebank met al sy chi-chi klein boetiekies en winkels vol verleidelike ware.

Ons 2tjies verlustig ons in als wat mooi is en doen allerhande girly stuff soos om peperduur skoene aan te pas en te gesels oor ons ervarings op dating sites. Anha koop uiteindelik ‘n paar gladiator sandals. Haar voete lyk pikant daarin. Ek settle vir  nog ‘n string helder pienk krale en ‘n oulike armbandjie. Toe is ons moeg en honger en gaan eet broodjies en smoothies by Kauai.

Daarna snuffel ons nog bietjie rond en vat toe weer die treintjie terug na pretoria (die Briels se song maal in my kop). By Centurion groet ek Anha en pak pak die res van die terugtog alleen aan, tevrede en vol welbehae.

Ons het besluit dat ons dit nou gereeld gaan doen. So, as enige bloggers ons op shopping expeditions Jhb toe wil join, laat weet gerus. Dis ‘n heerlike oggend se kuier.

22 antwoorde op Gautrein!

  1. Ek maak ‘n knoop in my oor

  2. Ek is later die week in Gauteng vir ‘n dag…hopelik kan ek dan ook die Gautrein aandurf!

  3. zephur het gesê op September 5, 2011

    Ek dink die bestuur van die Gautrein is bang as al die local toeriste klaar die trein gery het en klaar uitgetoets het daar nie meer mense gaan ry nie…maar weer dit sal seker nie gebeur nie.

    Ja ons beplan ook nog ‘n trippie…ons het nog nie ons beurt gehad om te swoeffff teen 160 km/h af na Rosebank toe nie.

  4. Jinne, ek het nognie so daaraan gedink nie.

  5. Lekker!

  6. Angelor het gesê op September 5, 2011

    Ek koop net Astros, ek sal kaalvoet loop instede daarvan om Gautrein te ry, dis okay,.. maar ek MOET genoeg Astros koop!

  7. Spoilsport! (Maar ek is tog so bly oor die Astros. Jy het ‘n enorme astro-deficit hier by my. Ps: Foodlover’s Market verkoop hulle per gewig)

  8. Kom kuier hier bo

  9. Haai julle moet my laat weet wanneer julle weer gaan – dat ek nie op daai dag die ding opblaas waar hy oor die Ben Schoeman gaan nie – net daai een aksie, en Gauteng is in sy moer in…

  10. Ag jinne, amper word ek bly, ek dog jy reken jy sal ook pikant lyk in gladiator sandals en kom saam shop 😀

  11. Glo my – jy wil my nie saam met jou hê as jy shop nie – ek is ‘n pyn innie gat – niks is goed genoeg nie, als is te duur, die winkelassistente is onbeskof en/of onnosel, – en dan sal ek sommer vir bier vra pleks van koffie, en argumenteer oor die rekening omdat ek die hele shopping ding haat…

    🙂

  12. katrina het gesê op September 5, 2011

    Klink lekker, so ‘n uitstappie!

  13. Oe, jy en Henry is 2 sonstraaltjies

  14. Charlene – dis vir jou eie beskerming – rook is sooooo ‘n slegte gewoonte…

    *ducks*

  15. Ag met jou rokerslonge kan jy my nie vang nie…

  16. Werk jy vir daai prokureursfirma – “Wiley, Cunning & Sly”?

    Cunning Stunt – is what a trapeze artist has, as opposed to a striptease artist…

  17. *grin*

    Ek sien jy weet wat ‘n striptease artist het..

  18. Tjit ja, ek het die helfte van die shopping list vergeet!

  19. Aaaah, dit klink nou na ‘n goeie manier om ‘n oggend te spandeer. Ek wil een van die dae(so oor ‘n week of vyf, ses) van Oliver Thambo tot in Hatfield ry. Ek wonder wat DIT gaan kos? Sal daar nog geld oor wees vir skoene?

  20. Het jy weer poppies gebou? Daar het iets slegs gebeur op die Bos.

  21. Ek dink ek moet na die wrede stad toe gaan net om tryn te kan ry.

  22. laat weet net as ek ‘n doelgerigte poppie moet maak

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.