by

hallo, my naam is Gmffg, hou jy van masturbasie?

September 1, 2011 in Sonder kategorie

netnou besluit ek toe om hierdie dating site se chatfassiliteit uit te probeer. ek maak dit oop en sien daar is net een mens beskikbaar. Gmffg, is sy profiel naam.

“Waarvoor staan Gmffr?” wil ek dapper weet. Nee, hy is effe huiwerig om my te se, hy sal later, dalk. Nietemin inisieer hy toe baie vriendelik ‘n geselsie net om presies 3 minute in die gesprek vir my te vra: “So hoe is jou sexlewe?”

Vandaar af is dit toe nou net afdraande, want toe ek nou bietjie vasskop en se, nee whoa, toe beskuldig hy my daarvan dat ek nou maar soos afrikanervroue in die algemeen, preuts en terughoudend is – maar onthou nou, dis nou ‘n man wat nie sy volledige naam eers aan my wil openbaar nie en wat nou onmiddelik ‘n sexgesprek wil inisieer en wil weet of ek masturbasie geniet!!!!

Nou krap die ding al vir ‘n hele ruk aan my gat en ek kan nie mooi uitpluis hoekom nie. miskien kan julle help.

Kyk, ek weet mans is geneties geprogrammeer om so vinnig as moontlik te wil naai. En ons volg nou al vir ‘n paar jaar Neander se blog waarin hy vir ons die hele paleopsigologiese dynamic tussen mans en vroue oopgeskryf het, maar jirdir!!! Gee my bietjie spasie hier, sjoe!

En dan, as mens vasskop kom hulle met die argument van: Ja, julle vroue is almal preuts en terughoudend en wil nie fun he nie, al is julle grootbek oor hoe open minded julle is oor sex.

En toe gaan staan en cover ek my gat, want niemand wil tog daarvan beskuldig word dat hulle preuts is nie, maar toe voel ek kak daaroor ook, Toe voel dit vir my ek het iets in myself verraai.

So, nou wil ek by julle weet

1) Wat presies is casual sex?

2) Wat presies beteken dit om open minded te wees oor sex?

3) kan sex te vroeg geinisieer word?

4) wanneer is te vroeg te vroeg?

5) Is daar iewers fout met my boundaries?

Wat ek weet van Gmffr, is dat my Doosdetector sopas aangegaan het….

(ek wil nou net se hierdie is nie ‘n male-bashing post nie, hoor. ek sal graag van die mans ook wil hoor in die verband)

33 antwoorde op hallo, my naam is Gmffg, hou jy van masturbasie?

  1. Ek persoonlik dink jou Doosdetector werk uitstekend. Wat ek persoonlik geleer het is dat ‘n man in die eerste drie minute die gesprek suidwaarts beweeg dan is hy net daar vir klein Gmffr. (Ek dink die MFF is vir male female female, die res sal ek bietjie oor dink.

    Open minded oor seks? Wel, vir my persoonlik is dit ietsie soos, jou partner stel voor julle koop ‘n toy, jy dink, nope, miskien, dink bietjie meer, en probeer dit dan. Of speel dress up. Open minded beteken dat as iemand vir jou vertel hulle is swingers wonder jy wat dit is, dink nie hulle is van die duiwel af nie.

    Ek weier om my telefoon nommer te gee voordat ons 3 weke gesels het deur die website se emails, nevermind home email.

    Miskien is dit hoekom ek nie die regte persoon raak geloop het nie. So as daar ietsie fout is met jou boundaries, dan is ek totally screwed.

    Moenie dat ‘n popo jou boelie nie. Vertel hom sommer gou-gou:- “Hierdie is a dating website, nie ‘n koms ons tel hoere verniet op” site nie!

    Ugh!

    Wip my sommer vir jou part!

  2. lora2me het gesê op September 1, 2011

    Erken dit maar, Palomino, jy is te slim vir Gmffr. Hy verstaan nie eens iets van enige v-woord soos vrou, voorspel, vroeg, verwagtinge, vrypostig, vroegryp-vroegvrot nie. Daar is niks fout met jou grense of jou Afrikaner-etiket nie, maar wel iets (v)fout met hom. Casual sex, is sex sonder reëls, sonder vanne of identiteit en sonder “commitment”. Open-minded is om ander se gevoelens oor sex te hoor, sonder veroordeling. Sex wat te vroeg geinisieer word, is maar eintlik goedkoop prostitusie en onverantwoordelik-selfsugtig. Te vroeg is as albei partye nie geestelik of soms liggaamlik gereed is vir die intimiteit van seks nie. Sorg dat die detector se batterye heeltyd gelaai is vir die ou.:D

  3. Jong, in my opinie kan jou vrae nie eintlik beantwoord word met n ou wat homself Gmffr noem op n site nie. In real life kan casual sex nogal fun wees. Maar dan ken jy ten minste die persoon.

  4. Angelor het gesê op September 1, 2011

    1)Casual sex is n mite, dit bestaan nie, al dink beide partye dalk op die tydstip so, tyd sal altyd wel leer dat dit eintlink n kontrak van diep vertroue was, al vergeet beide die partye mekaar se name eendag, sal daar altyd n stukkie van jou siel by daardie persoon wees. Selfs met prositute veroorsaak dt yslike sielkundige probleme.
    2)Om open minded te wees oor sex beteken om te verstaan dat dit n baie belangrike ligaams funksie is, soos eet voed dit jou liggaam, ek is nie n Dr nie, maar sex doen baie dinge aan jou behalwe om net lekker te voel, ek glo dat n mens baie moeilik balans kan handhaaf sonder sex. Maw maak gebruik van sex, maar moenie dat sex jou gebruik nie, daar is n verskil.
    3) Te vroeg, beslis, veral as jy in gedagte hou dat jy n stukkie van die mens met wie jy sex het vir altyd saam met jou gaan dra.
    4) Te vroeg is as jy toelaat dat die drang na sex namens jou besluit dit is tyd om sex te he, die besluit moet voor die drang kom.
    5) Ek ken nie jou boundaries nie, maar jy is n wyse verstadige normale gesonde vrou, so ek glo jou grense is normaal en reg, buitendien net jy kan besluit of dit VIR JOU reg is, niemand anders se opinie tel nie
    6) Ek weet boggerol van die onderwerp af nie, so dit is net n beskeie opnie.

  5. Die Preutse dominee sê- Hardloop suster! Nee, ek sien hierdie nie as ‘n male bashing possie nie, maar ek dink jy moet jou instink op daardie ou 100% vertrou!

  6. Vetjan het gesê op September 2, 2011

    Om met die eerste beste Gmffg te chat is stupid..
    btw Gmffg beteken doos.
    Jou vrae
    1.Casual seks is seks sonder die verwagting van ‘n langtermyn liefdesverhouding. Dis nie dieselfde as seks met enige doos nie.

    2.Om te aanvaar dat ander mense anders oor seks dink en dit anders doen, maar dit beteken nie seks met enige doos is ok nie.

    vervolg

  7. Neander het gesê op September 2, 2011

    Gewigtige sake diè.

  8. Neander het gesê op September 2, 2011

    Goeie kommentaar.

  9. Vetjan het gesê op September 2, 2011

    3. Ja natuurlik, maar jy besluit dit self, en soos met alles maak mense oordeelsfoute… soos joune om met Gmff te chat.

    4. Jy besluit self wanneer te vroeg te vroeg is, maar om dadelik met enige doos seks te hê is gewoonlik te vroeg.

    5.Jy besluit self oor waar jou grense lê, maar die gevolge van stupidity kan nogal hard bliksem.

  10. Angelor het gesê op September 2, 2011

    Baie dankie Neander, veral van jou af n yslike kompliment, dankie.

  11. Neander, ale spesies op aarde het ‘n soort van vlerksleep-aksie wanneer hulle ‘n bonding-sessie wil begin, nie waar nie?Dis juis die tyd van die jaar uiters opvallend onder ons geveerde vriende. Maar ek weet ook hoe wildsbokke kan pronk en gatswaai om ‘n ooitjiese oog te vang. En dis ‘n proses waarin die mannetjie bele, wat nogals tyd vat, reg? Ek meen, ‘n flippen vinkie bou eers ‘n hele nes, waarmee die vroutjie tervrede moet wees voorlat hy enigsens kan hoop om sy innings te kry. En ons kan aanvaar dat “hofmakery” ‘n baie belangrike funksie in die diereryk vervul, dan nie? Nou…wat ek wil weet is: Is daar nie veronderstel om so ‘n hofmakeryproses teenwoordig te wees by die mens nie. Want dit voel my dat die mans waarmee ek spesifiek te doen kry, eenvoudig die proses bypass en ONMIDDELIK wil sex he. Kan jy lig op die konsep van hofmakery by homo sapiens werp. Of het dit te doen met die feit dat ons nie net sex het om voortplantingsredes nie, maar vir blote rekreasie ook?

  12. Weet jy ek is rerig baie happy met jou antwoorde. Baie dankie hiervoor. ag, ekmaak ook maar oordeelsfoute – I’m just having a deeply human experience 🙂

  13. Dominie, my tekkies is vas en my lendene omgord en ek eet my toebie staande 🙂

  14. Biae dankie Angelor, disuiters valid kommentaar

  15. Dankie vir jou passionate antwoord!

  16. jip die detector is rechargable

  17. Neander het gesê op September 2, 2011

    Jip jy is reg.
    Ek sal weer binnekort hieroor blog.

  18. presies ja, mens ken die ou.

  19. Vetjan het gesê op September 2, 2011

    Gaan kyk die ape en die bobbejane… en nog ‘n paar ander diere.

    wham bam thank you mam 🙂

  20. 1. ja/nee
    2. nee
    3. nee
    4. gister
    5. nee

  21. Friggin Alien

  22. So dis ‘n hogere primate ding? Neander? Doen die groot ape ook so?

    Eks nie heeltemal so seker. Ek het al hofmakery displays by gorrillas op tv gesien

  23. Vetjan het gesê op September 2, 2011

    Blou ape en ons goeie ou bobbejane.

    As ek hulle nie met ‘n kettie skiet nie .. hulle probeer dikwels my kamp vir kos raid, dan bekyk ek hulle vir ure.

    Sure, hulle ken mekaar, en die wyfie bliksem sommer gou ‘n mannetjie waarvan sy nie hou nie.

  24. Jay vir die Blou aapwyfies!!!!!

  25. soorryy.
    2 moet wees..
    2. altyd ja.

  26. STC het gesê op September 2, 2011

    Nou vreeslik gegiggel…het lank terug dit probeer en geskryf oor my ervaring…not lekke!

  27. Ek sien die inskrywing glad nie as ‘male bashing’ nie … ons is almal mense … met behoeftes … en gevoelens … en die res.

    My eerlike siening is as volg …

    1) Wat presies is casual sex?
    * Nie heeltemal dood seker nie … onthou net … die lewe is MOER kort … as jy verstaan wat ek bedoel };-))

    2) Wat presies beteken dit om open minded te wees oor sex?
    * Hang seker af of jy in ‘n verhouding/getroud is … indien nie (of dalk wel) … ek dink mens kan onderskei tussen sex (geniet sonder skuld gevoel) … en liefde. Dink nie ‘liefde’ is gekoppel aan die ‘daad’ nie.

    3) kan sex te vroeg geinisieer word?
    * weet regtig nie … dink Anha sal dalk hier ‘n goeie antwoord kan gee … of liewer … Petrus slaan die spyker op sy spreekwoordelike kop … !

    4) wanneer is te vroeg te vroeg?
    * fok … weet ook nie … maar as ek weet wat ek nou weet sou ek nooit gewag het tot op 26 nie … fokkit … ek was donners agterlosig om soveel jaaaaare te mors! 😉

    5) Is daar iewers fout met my boundaries?
    * In my beskeie opinie … Nee. Onthou net dit … mens mag nie steel nie … daarby bedoel ek … moet nooit ten koste van iemand anders jou eie behoefte eertse stel nie … dws as jy/ek/ons/hulle/julle (any body) iemand wil spyker … maak net seker … dat daai persoon wat gespyker word nie aan iemand ‘behoort’ nie. Wat ek probeer sê … die daad se gevolg moet nie ‘n derde part beinvloed nie.

    *Ek moet ne sê … ek sou glad nie ‘n wild vreemdeling oorweeg nie … ma fkit … wat weet ek tog*

  28. ek dink nie mens kry so iets soos casual seks nie… net soos “safe” seks mite op homself trek. there is no condom for the heart.

    2) weet self nie
    3) ja
    4) wanneer dit geforseer voel eerder as natuurlik
    5) nee

  29. Jislaaik Freya! Goeie een!

  30. Jislaaik DsP…26? Wow! 😀

  31. thenack het gesê op September 6, 2011

    Haai perdjie, ek dink die gmffg staan vir een of ander orgie, soos in gay male female female gay, jy weet, soos ‘n groeps woeps wat jy en die hindus oor sou teken. double adaptor stories en so aan. maar ek raai nou hoor….

  32. Nee, sussie, hier het jy te doen met ‘n ou wat nie tyd het vir ordentlik wees nie. Hy wil jou nie leer ken nie, hy wil jou nie uitneem nie, hy wil, kortom, nie tyd en geld mors nie. Hy wil sy ding doen en aanstap. Gmffg? Staan seker vir Gemoer foor f’n gegroet.

  33. abrham het gesê op Oktober 11, 2011

    en toe, het jy al die antwoorde

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.