netnou besluit ek toe om hierdie dating site se chatfassiliteit uit te probeer. ek maak dit oop en sien daar is net een mens beskikbaar. Gmffg, is sy profiel naam.
“Waarvoor staan Gmffr?” wil ek dapper weet. Nee, hy is effe huiwerig om my te se, hy sal later, dalk. Nietemin inisieer hy toe baie vriendelik ‘n geselsie net om presies 3 minute in die gesprek vir my te vra: “So hoe is jou sexlewe?”
Vandaar af is dit toe nou net afdraande, want toe ek nou bietjie vasskop en se, nee whoa, toe beskuldig hy my daarvan dat ek nou maar soos afrikanervroue in die algemeen, preuts en terughoudend is – maar onthou nou, dis nou ‘n man wat nie sy volledige naam eers aan my wil openbaar nie en wat nou onmiddelik ‘n sexgesprek wil inisieer en wil weet of ek masturbasie geniet!!!!
Nou krap die ding al vir ‘n hele ruk aan my gat en ek kan nie mooi uitpluis hoekom nie. miskien kan julle help.
Kyk, ek weet mans is geneties geprogrammeer om so vinnig as moontlik te wil naai. En ons volg nou al vir ‘n paar jaar Neander se blog waarin hy vir ons die hele paleopsigologiese dynamic tussen mans en vroue oopgeskryf het, maar jirdir!!! Gee my bietjie spasie hier, sjoe!
En dan, as mens vasskop kom hulle met die argument van: Ja, julle vroue is almal preuts en terughoudend en wil nie fun he nie, al is julle grootbek oor hoe open minded julle is oor sex.
En toe gaan staan en cover ek my gat, want niemand wil tog daarvan beskuldig word dat hulle preuts is nie, maar toe voel ek kak daaroor ook, Toe voel dit vir my ek het iets in myself verraai.
So, nou wil ek by julle weet
1) Wat presies is casual sex?
2) Wat presies beteken dit om open minded te wees oor sex?
3) kan sex te vroeg geinisieer word?
4) wanneer is te vroeg te vroeg?
5) Is daar iewers fout met my boundaries?
Wat ek weet van Gmffr, is dat my Doosdetector sopas aangegaan het….
(ek wil nou net se hierdie is nie ‘n male-bashing post nie, hoor. ek sal graag van die mans ook wil hoor in die verband)
Onlangse kommentare