Renfield
Augustus 16, 2011 in Sonder kategorie
My vriend Renfield kom kuier so af en toe hier as hy opkom gauteng toe vir werk (alhoewel lanklaas). Hy bly in ‘n skilderagtige dorpie aan die suidkus. Dis heerlik as hy kom kuier. Dan maak ek hoenderkerrie en poedieng, en ek dek tafel by die swembad.
Ek sit my wit linnetafeldoek op en my ouma se kristalkraffie met ‘n groot, pienk “cabbage” roos uit die tuin. (Op hierdie punt kom loer my buurman altyd eers nuuskierig oor die muur…dan doen ek maar die smile & wave-ding)
En my beste stainless steel en my continental porselein en ek sit al die condiments in ‘n silwerskinkbordjie op die tafel.
As hy daar instap seg hy altyd: Is dit als vir my? Jissie Pronkie, baie baie dankie. en dan eet hy so lekker aan my kos.
En weet julle waarvan hou ek? ek is mal daaroor dat hy nie se: Og, jy moenie moeite doen vir my nie. Inteendeel, hy aanvaar my moeite met soveel grasie dat dit koue rillings langs my nek afstuur.
Nou sit ek en dink hoekom ons altyd ‘n gebaar soos hierdie terugstuur na iemand met ‘n: Ag, jy moes nie! Wat is dit wat ons so met ons guilt laat connect dat ons nie iets wat in liefde gegee is met grasie kan ontvang nie? Want dit gaan tog oor die recycling van liefde, nie waar nie?
Ek verlang na Renfield…
Voor ek vergeet! Vandag is elvis Dag!
Hier is Elvis moodley…
happy elvisdag, almal!
monicahaddad het gesê op Augustus 16, 2011
Jy is so reg, dis ‘n groter kuns om te ontvang as om te gee. Jy kan maar vir Renfield hierna toe ook stuur.
TS het gesê op Augustus 16, 2011
mmmm elvisdag…
umhlanga het gesê op Augustus 16, 2011
Sjoe, daar is seker ‘n fyn lyn tussen om genoeg waardering te wys en nie heeltemal ongeerg voor te kom nie
lora2me het gesê op Augustus 16, 2011
Jy moet die karakter in jou skets Elvis Paisley noem…:) Ek dink dis altyd vir mense moeilik om iets so “onverdiends” soos iemand se tyd, liefde en moeite te ontvang, want hulle is anders gekondisioneer. Jy klink na ‘n goeie, bedagsame gasvrou, Palomino.
palamino het gesê op Augustus 16, 2011
Elvis Paisley! Magtie daar gee jy my alweer soveel inspirasie!
palamino het gesê op Augustus 16, 2011
Nee, dit gaan daaroor dat mense nooit voel hulle is die moeite werd vir die moeite wat jy gedoen het nie… en hulle is, altyd
palamino het gesê op Augustus 16, 2011
Ek dink julle 2 sal besonder goed oor die weg kom
palamino het gesê op Augustus 16, 2011
Mooiso!
abrham het gesê op Augustus 16, 2011
die ontvang ding sukkel ons mee, dalk dink ons dit is selfsugtig. altruisme is ‘n vloek, vra maar vir ayn rand – ek stem nogal met haar saam.
palamino het gesê op Augustus 16, 2011
Wat seg tannie Ayn? Ek sien altyd net Tamara de Lempicka prentjies as ek aan Ayn Rand dink 🙂
Modigliani het gesê op Augustus 16, 2011
Ek stem saam, veral as dit uit jou hart uit kom.
Ou-Top het gesê op Augustus 16, 2011
Lekker gelees nou. Rustige Luis se antwoord het my laat smile.
Joanna Graham het gesê op Augustus 16, 2011
Ek HOU van jou vrien Renfield, en ek gaan ‘n bladjie uit sy boek neem en my eie maak.
HeavyHenry het gesê op Augustus 17, 2011
mir i bota…
HeavyHenry het gesê op Augustus 17, 2011
Jou tjommie is orraait – mens moet sê: “Jis dis naais, thanks man” – en *drukkie*…
palamino het gesê op Augustus 17, 2011
wat?
palamino het gesê op Augustus 17, 2011
Drukkies is belangrik
palamino het gesê op Augustus 17, 2011
Maak so!
HeavyHenry het gesê op Augustus 17, 2011
Op persiese matte – die oorpronklike “purple paisley pattern”-
http://de.wikipedia.org/wiki/Mir_(Teppich)
Probeer self ‘n engelse een kry…
Angelor het gesê op Augustus 26, 2011
🙂 Renfield skuld jou baie choclits!