Tong in die kitsch
Maart 8, 2011 in Sonder kategorie
Daar is min mense wat so lief is vir kitsch soos ek. En ek het al lankal vrede daarmee gemaak. Party mense is doodbang daarvoor, hulle is bang om in die lewe in te tree en dinge te doen want netnou is dit kitsch…of netnou dink mense hulle is common. Wel, ek is albei!
In die eerste plek het als in my huis ‘n plestiek blomkransie om. Soos my blou bokkie hier. Ek het die kransie afgevry van my seun. Hy moes hawaian aantrek vir Kaskardag by sy skool en dit was deel van sy ensemble. Nou lyk my bok spiekeries! Die “alltaar” waarop my bokkie staan is ‘n ding wat ek by ‘n junkshop gekoop het. Dit was so afskuwelik ek moes dit net he. My smaak val presies in daai register…daar waar dinge so lelik is, hulle begin eintlik cool word weer. “n Gedroogde protea in ‘n pot verleen die nodige afronding.
Hier is nog ‘n ding met ‘n blomkransie om. Dis my opgestopte Art Deco (Modderkoekie, let jy op?) Krokodillampie. Ek soek nou nog na ‘n paar feetjievlerkies vir hom, maar kon nog nie ‘n paar kry wat tot my spreek nie. Hy moet gerestoureer word, maar dit behels dat mens sy elektriese draad van sy gorrelgat af deur sy foefenjol moet trek en die gedagte daaraan maak my angstig – so as daar dapper restoureerders daarbuite is, laat asseblief van julle hoor! Ek wil hom vreeslik graag regmaak want dan kan ek vir hom een van daardie gloeilampies insit wat soos ‘n kersvlammetjie flikker. Dit sal net die regte ambience in die voorkamer skep. Op die rooi stoel is ‘n leeukussing wat ek self uitgeborduur het.
Blog jou kitsch, toe!
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Heppieness đ
monicahaddad het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Ek sal dadelik my skoene uitskop as ek daar instap, en in ‘n ek is lus vir pret bui ingaan……
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
By my kan jy, saam met die katte en honde, kaalvoet op die banke kuier
TS het gesĂȘ op Maart 8, 2011
interessant
Blikskottel het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Kitch kan cool wees as jy iemand het wat weet hoe om dit uit te stal. verder is dit enige mens se keuse om tog sy blyplek so in te rig en versier as wat dit hom/haar pas en vir my is dit presies wat jy doen. Mooi so.
Angelor het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Ek het n kaal foto van Helen Suzman in my eetkamer, maar sy’t gevra ek moet dit nie blog nie.. wat’s kitch?
Angelor het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Ps; Ek is mal oor jou rusbank, en dit wat op hom is!
En ek kan die Krokodil regmaak.. as ek net nader was..
HeavyHenry het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Wat is daai groot been onner die altaar?
maryke-anne het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Kleurvol, kleurvol – nes jou kunswerke. Dit hoort by jou! Ek love jou ‘altaar’ en daai ‘trow’ op jou rusbank.
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Daai groot been is ‘n koeifemur en is strategies geplaas om beide ‘n dekoratiewe funksie te vervul en kroeks mee oor die kop te donner đ
Grotman estetika
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Oe, angelor, ek is nou so opgewonde! Ag sensuur hom net met ‘n paar sterre en sit hom op, toe?
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Dis ‘n suzani lap van mongolie
Angelor het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Hmm Hahaha as jy vir Helen Suzman wil kaal sien is jy n siek mens Palomino!! (Ek speel hoor!!)
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Ag, dankie Blikskottel!
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Fenks
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Ek is seker ‘n paar feetjievlerkies kan hom red. Sies, jy is lelik met my đ
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Maar ek is mos?
HeavyHenry het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Gebruik ‘n lang aanloop en swing met ‘n lekker “wristy” aksie met baie ‘follow through’.
đ
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
En waarvoor mik ek? breins of balls?
Maankind2 het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Kan ek vir jou die ballon-hart met 2 pienk plestiek rose stuur?
HeavyHenry het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Sit die knop vannie been teen sy slaap – bo en voor die oor…
Easy-Peasy…
đ
Angelor het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Lol nee ongelukkig nie *sug*
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
ek inbox jou my adres
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Ag Koeks, ek weet presies hoe werk jou dekor-logika! Ek kan so relate.
Daardie teepot is ‘n keramiek kameel, met sy touleiertjie bo-op en dateer ook hier uit die 40/50s. My kopertafel is deur my pa gemaak en ‘n replika van ene wat in Paul krufger se huis staan.
thenack het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Die vlammetjie gloeilamp sal dit nou mooi afrond, fire breathing dragon stories. I liaak
Vetjan het gesĂȘ op Maart 8, 2011
en waar is jou koperplaat met die ganse wat vlieg?
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Hulle hang in die gang
palamino het gesĂȘ op Maart 8, 2011
Jip
bloukaap het gesĂȘ op Maart 8, 2011
‘tong innie kitch’…. baie funny
umhlanga het gesĂȘ op Maart 9, 2011
Palomino ek het nou net agtergekom jy is ‘n baie baie interessante mens
palamino het gesĂȘ op Maart 9, 2011
;D
riem_mamba het gesĂȘ op Augustus 13, 2012
Lekker vibe die!!