Recording the mating call of the timbouktou yak…
Februarie 15, 2011 in Sonder kategorie
Ek het saterdag heerlik gaan eksperimenteer en jol by Mimi van der Merwe se ateljee. Ek het embozzies gaan druk van my apies en ook ‘n hele ark van ander diertjies wat ek laasweek uit koper gesny het. Hier is my olifant en 2 paradysvlieevangers sigbaar.
nou het ek omtrent 20 blank embozzies wat ek, soos die ene hierbo met verf kan toetakel. Ek het skielik hierdie ding ontwikkel vir swiet, kitsch klein bokkies. Ek dink ek is in my hart sekerlik die kitsschte persoon wat daar is, en ek is ook nie bang om dit te erken nie. Nou het ek geen vrese meer daaroor dat mense dalk gaan agterkom ek is die hoogtepunt van swak smaak nie, en kan ek aangaan met my lewe, thank you very much!
Kyk uit vir my extreme blouwildebeest en koedoes….
Hardass_Turtleboy het gesê op Februarie 15, 2011
fock dis vinnig.. n wereldrekord vir die tannie van pronk se painting..
palamino het gesê op Februarie 15, 2011
ek is deur die klankgrens
Hardass_Turtleboy het gesê op Februarie 15, 2011
enige ruite gebreek in die proses. ja,,, nou weet ek .. niks meer kak van dit vaaattt ssooo lllaaannnkkk niiieee…eish..
palamino het gesê op Februarie 15, 2011
Nou is ek innie kak
AnnaVier het gesê op Februarie 15, 2011
Marna, dit is absoluut stunning! Ek love kitch!
Hardass_Turtleboy het gesê op Februarie 15, 2011
yea baby…dis baie nooi..liiikkkeee dit gefok..ek dink ek moet n kamer vir bou..jy spreek tot my kitch …hehehe
palamino het gesê op Februarie 15, 2011
Ag ek is so bly daars nog mense wat voel soos ek!
TS het gesê op Februarie 15, 2011
ek hou ook hiervan… laat mense maar sê wat hulle wil!
Maankind2 het gesê op Februarie 15, 2011
Luvvit! Onthou jy het daai apie vir my verjaarsdag belowe. In die openbaar. Mos.
palamino het gesê op Februarie 15, 2011
O, ek sal definitief gaan kyk. Ek is mal oor hulle
palamino het gesê op Februarie 15, 2011
Natuurlik. Mos
maryke-anne het gesê op Februarie 15, 2011
Ek like dit. Hou van alle kleure wat ten hemele skree. Hoe helderder hoe beter. Hoe bonter hoe beter. Glad nie ‘n minimalistiese voorstaander nie.
palamino het gesê op Februarie 15, 2011
Ek het so lekker gewerk, toe ek weer sien, is ek klaar
HeavyHenry het gesê op Februarie 15, 2011
Wat is daai kollerige Indiese bokke se naam? – ek kan nou nie daaraan dink nie. Amper iets soos brinjal – maar dis ‘n eiervrug…
🙁
palamino het gesê op Februarie 15, 2011
Ek noem hulle sommer die timbouktou Yak, maar my bokkie is wel deur daardie bokkies geinspireer.
HeavyHenry het gesê op Februarie 15, 2011
Ek het gegoogle – dis ‘n chital –
http://www.google.co.za/imgres?imgurl=http://www.thescreamonline.com/photo/photo2-2/isaac/images/chital.jpg&imgrefurl=http://www.thescreamonline.com/photo/photo2-2/isaac/chital.html&h=383&w=576&sz=36&tbnid=YZIRJFnye9pTnM:&tbnh=89&tbnw=134&prev=/images%3Fq%3Dindian%2Bdeer&zoom=1&q=indian+deer&usg=__NpsgGtpcW_5d8mgYGarLOr1ho6I=&sa=X&ei=uFRaTabkLdGv8QOij_XVDw&ved=0CBoQ9QEwBA
palamino het gesê op Februarie 15, 2011
Dis reg maryke…ons is maksimaliste. Ek is altyd so underwhelmed deur minimalisme
palamino het gesê op Februarie 15, 2011
Oe, dis mooi!
HeavyHenry het gesê op Februarie 15, 2011
*lmga* virrie rasta cows!
HeavyHenry het gesê op Februarie 15, 2011
Jou linkerbokkie se kleur het my daaraan laat dink.
🙂
palamino het gesê op Februarie 15, 2011
Ek het hoeka so ‘n rasta skottie gehad. ons was eenkeer met hom in die karoo en toe plons hy in die rivier rond agter waterskilpaaie aan en rol in die modder rond om droog te kom. en poefas! Kan so ‘n waterskilpad stink. Dit het ‘n hele paar wasse gevat om humphrey te kry dat hy nie na waterskilpad ruik nie
Blikskottel het gesê op Februarie 21, 2011
Ek’s nie seker wat om hiervan te dink nie,maar gaan aan. Solank dit jou gelukkig maak is dit mos reg.
palamino het gesê op Februarie 21, 2011
ag dankie vir die toestemming om te mag aangaan, Blikskottel, ek waardeer dit rerig!
LaLlorona het gesê op Februarie 22, 2011
Kom groet
thenack het gesê op Maart 2, 2011
Funk
Daai ram is weid jags as jy my vra. Is dit ‘n Fruedian kitch?
palamino het gesê op Maart 2, 2011
Dis tong in die kitsch ja…freudian kitsch, wow? May i use that? Fantastic!
thenack het gesê op Maart 2, 2011
Natuurlik
Ek hou van die kleure en verbeelding in jou goed. Baie cool. Hoekom is die Hindus pers? Ek was al paar maal in Indie en baie van die Hindu kuns het mense pers, of mis ek iets? Ek het met paar Hindus gepraat daaroor maar hulle is meer duermekaar oor hulle geloof as seekat wat ‘n agt poot olifant vang
palamino het gesê op Maart 2, 2011
Die gode is almal ligblou (of dalk pers soos jy se) Krishna, rada, hanuman, Vishnu, Ganesha. Kali, die ou bedonnerde grand owerste moedergodin is so ‘n donker indigo. Ja, die hindoegeloof is vreeslik kompleks – mens moet jou wits bymekaar hou om dit uit te figure, dit gee ek toe. Maar ek like hulle want hulle gode is spectacularly sexy. Dis vir my ‘n belangrike maatstaf as dit by religion kom 🙂
thenack het gesê op Maart 2, 2011
Ja nee, van hulle is nogal sexy, die hele tantric ding saam ‘n vrou met 8 arms wat haar enkels agter haar kop kan haak is baie opwindend (-;