ag julle!
Februarie 9, 2011 in Sonder kategorie
Julle weet, ek skryf mos nie baie oor vreeslike persoonlike goed hier op my blog nie ne? Maar nou vandag wil ek net graag ietsie se oor ‘n ding wat my vreeslik irriteer…
by Pronk
Februarie 9, 2011 in Sonder kategorie
Julle weet, ek skryf mos nie baie oor vreeslike persoonlike goed hier op my blog nie ne? Maar nou vandag wil ek net graag ietsie se oor ‘n ding wat my vreeslik irriteer…
…. en dis wanneer mense sweeping statements maak, sonder dat hulle hulself eers deeglik vergewis het van hulle saak:
Neem nou ‘n voorbeeld:
Iemand se nou die dag iets soos “Pretoria het die grootste hoeveelheid swingers in die land. Ag, asamblieftog, meneer, se net vir my, het jy statistiek tot die effek of het jy uit die 2 345 908 inwoners van pretoria nou al 3 coupletjies teegekom wat swing en nou dink jy: O, my donner daars duisende daarbuite?
And for that matter, hoe word swingerstatistiek bepaal? Is dit deel van die census form? Loop daar mense met wit jasse en clipboards in die voorstede rond en se: Og, ekskuus mevrou, Kon ek vir mevrou ‘n por vro vro?(Onthou, dis pretoria, ne…ons moet die aksent regkry hier) anyway en dan se die tannie ja, sy swing gemiddeld 2,7 keer per week…of wat!
Ek het ‘n enorme probleem met oningeligtheid. Met mense wat aanvaar dis hoe dinge is vanuit hulle eie eng analiteit en omdat Iemand by sy haarkapper se kamermaat se kleuter se boyfriend gehoor het Dit Is So
en ja fine, ek weet hierdie is ‘n openbare forum en mens kan enige ou ding hier se, want dis jou opinie en jy voel as andr mense dit nie like nie, moet hulle waai, maar jislaaik!
(En vir die oningeligtes nou” Ek vaar nie uit teen swingers nie, maar teen oningeligte mense, orraait)
Dankie, ek is nou klaar gewroeg.
Baai
Skep asseblief ’n rekening om te begin.
zephur het gesê op Februarie 9, 2011
Hahaha deel van die census…praat so dis mos juis weer census jaar die jaar…
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Jy is beter ingelig as ek Zeppie!
vuurklip het gesê op Februarie 9, 2011
Swingers? manne met los klepels en vroue sonder bra’s?
‘Skies, vuurklip is maar oningelig …
Neffertiti het gesê op Februarie 9, 2011
2,7 keer per week?
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
giggel
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Ja, dis wat die statistiek se…:)
louisna het gesê op Februarie 9, 2011
…wat my ontstel het is opmerkings soos Pretoria-Noord het common mense
Vetjan het gesê op Februarie 9, 2011
Maklike statistiek.
Jy gaan google earth toe en tel die swings in die mense se tuine, en dan weet jy hoeveel swings daar is. Jy maal dit met 2.347 wat die gemiddelde aantal kinders per gesin is, en maal dit weer met 8.692 wat die gemiddelde aantal kere per week is wat die swings gery word, en dan doen pas jy ‘n standaard kurwe toe, en dan weet jy PRESIES hoeveel daar geswing word!
okay?
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Oe absoluut ouboet, dis die ergste!!!! Ek was net so in die gesig gevat oor daai ene. as mense wat my van geen adam af ken op my neersien bloot vanwee geografiese ligging, dan is hulle poepholle, I’m sorry…or they are compensating for something that is missing in their lives.
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Puik
bernster het gesê op Februarie 9, 2011
Ek hoor almal in Pretoria praat nie so nie…
Chopstix het gesê op Februarie 9, 2011
Het greeld “geswing” tot ons die swaai afgebreek het
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Wel, ek prot so… (Wel spotted, daar het jy my op my eie stukkie gross veralgemening – die boeddhiste seg mos: you teach that which you need to learn most)
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Ha! Maar wat as dit ‘n undercover hottub is?
louisna het gesê op Februarie 9, 2011
Nie die ergste nie. Ek is ‘n fuckwad genoem en beledig. Maar so what? Life must go on.
bernster het gesê op Februarie 9, 2011
Ek het my so tyd terug amper nat gemaak van die lag – het ‘n kleurling outjie ontmoet wat daar groot geword het, met so ‘n aksent. Dis baie weird as mens gewoond is aan opregte Capies!
Hardass_Turtleboy het gesê op Februarie 9, 2011
ek het nie n flippen swing nie.. waar kry ek een..
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Ja, dis wat mens doen, mens stap daarvan af weg met jou kop omhoog.
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Maar is dit nou nie weer ‘n gross veralgemening om te aanvaar dat swingers noodwendig ekshibisionisties is nie? Ek meen daar is dan nou juis somin aangaande hulle bekend
louisna het gesê op Februarie 9, 2011
Ek het nie gesondig nie. Dis die ergste, maar nou ja, wat maak mens.
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Bernard ek was nou die dag by ons plaaslike Voortrekkerkommandotjie se openingsseremonie. Daar is ook al heelwat swart gesiggies in die Voorries hier by ons en dit was kostelik toe die een Verkennertjie wegtrek met Ohndog! Voorworts, Mors! Hulle is natuurlik almal in afrikaanse skole, en eks bevrees die aksent smeer maar af!
bernster het gesê op Februarie 9, 2011
Hahahahahahahahahaha!!!!!!Dis baie snaaks!
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Dang! So jy is nou dan ‘n ex-swinger. 😉
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Daar oppad na jou dorpie toe verkoop hulle van daai tyre-swings…
elizac het gesê op Februarie 9, 2011
Of goed soos: Die meeste navorsing bewys… Wys my daai navorsing!
louisna het gesê op Februarie 9, 2011
Ek maak so. Ek het dit maar net opgehaal omdat ek daaroor gevra is. Jy’s reg.
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Ja, mense verwar my soms met ‘n normale mens…veral soms…
Hardass_Turtleboy het gesê op Februarie 9, 2011
oooo kkkkk dan is dit sommer n protection devise ook…
louisna het gesê op Februarie 9, 2011
OK. Ek maak so.
palamino het gesê op Februarie 9, 2011
Ouboet, dis wat ek bedoel met “loop daarvan weg” dit beteken dan dat mens op daai moment daarmee klaarspeel…let go and let God, en dit beteken ook dat mens dit dan nie weer in jou narratief inwerk nie. met ander woorde, jy praat ook nie weer daaroor nie. Want as mens dit bly ophaal dan bly jy ‘n slagoffer. En om ‘n slagoffer te bly ontmagtig mens…en dan trek jy net meer situasies na jou toe aan waarin jy die slagoffer is.
bigbigjoe het gesê op Februarie 9, 2011
Nee Ouboet, dis LOFTUS…
LOL
louisna het gesê op Februarie 9, 2011
Waar woorde.
ystervark het gesê op Februarie 9, 2011
Het julle dan nog baie publieke parkies in PTA? Julle is lucky, hier by ons is die swings se kettings gesteel ……
;))
Spot net, ek stem met jou saam, nog iets wat my gatkrap is dat die sogenaamde “hulle” altyd eiertjies te lê het. Ek wonder al vir jare wie die “hulle” is wat so alles weet?
HeavyHenry het gesê op Februarie 9, 2011
Nice pos.
Ek sou weer dink dat die sodom en gemorra daar suid vannie Jukskei meer swingers sou gehad het – Waar’s daai paartie plek innie tent?
🙂
Angelor het gesê op Februarie 9, 2011
Ek kon nooit die bohaai oor swinging verstaan nie, en verskoon my seblief, maar as die ding swing werk hy mos nie? Ek dink dit is vir tawwe mense soos Shaka se krygers, legende het dit dat Shaka sy jong maadge laat naak dans het voor die jong krygers as dissiplinere oefening, en as een van die krygers ophou swing het, is hy by “Execution rock” afgeswing en vir die Aasvoels daar gelaat. Ek hoor dit word makliker om te swing as mens ouer word.
palamino het gesê op Februarie 10, 2011
Swinging safari 🙂
palamino het gesê op Februarie 10, 2011
Watse tent…ek ken net die evangelisasie-tente…
palamino het gesê op Februarie 10, 2011
Ystervark, swinging met kettings staan ook bekend as BDSM, sien.
Ek gaan nog navorsing doen oor “Hulle” se pedigree.
palamino het gesê op Februarie 10, 2011
O ja!
palamino het gesê op Februarie 10, 2011
Net so.
umhlanga het gesê op Februarie 10, 2011
Ja maar na alles weet ons nou nog nie waar die meeste swingers is nie…
HeavyHenry het gesê op Februarie 11, 2011
Die tent waaraan ek dink is ook so ‘n grote – met afskortingkies op een kant – en die evangelie wat daar verkondig word issie die evangelie waaraan jy dink nie – dis ‘n serious “Paartie deur die hele naweek” plek met “benefits”
🙂
palamino het gesê op Februarie 11, 2011
My punt is mos nou juis dat dit die tipe inligting is wat baie moeilik is om te versamel…
palamino het gesê op Februarie 11, 2011
Ek kyk oningelig om my rond, jong!
HeavyHenry het gesê op Februarie 11, 2011
Contrary to popular belief, that is a GOOD THING!
🙂