2 Little monkeys…
Februarie 4, 2011 in Sonder kategorie
Ek het gister die 2 apies uit 0.9 mm dik koperplaat gesaag en het 9 saaglemmetjies in die proses gebreek! Ek is bietjie uit oefening.
Om patrone uit te saag, is ‘n redelike zen oefening. Met die een hand moet jy jou plaatjie baie styf teen die benchpeg vasdruk, terwyl die hand met die sagie weer totaal moet ontspan. Dan moet jy ook rerig jou kop skoonhou en aan niks dink nie. En jy moet tog netnie begin dink jy is cool omdat jou saaglemmetjie na 5 minute nog heel is nie, hoor, want net daarna dan breek hy!
Ek dink hulle sal mooi oorbelle maak, maar eers gaan ek hulle op papier embosseer…
Neander het gesê op Februarie 4, 2011
Met sulke oorbelle kan mens pronk.
monicahaddad het gesê op Februarie 4, 2011
Almal sal vriendelik met jou wees as jy hulle dra, hulle laat mens glimlag….
palamino het gesê op Februarie 4, 2011
Net vir geneties gemuteerde wesens met ‘n ekstra nekwerwel…
palamino het gesê op Februarie 4, 2011
Dankie Monica…ek dink ook hulle is nogals stuitig
elizac het gesê op Februarie 4, 2011
Ag, maar dis mooi! En daai ou sagies is mos maar geneig om maklik te breek, veral vir so ‘n ingewikkelde patroon.
Maankind2 het gesê op Februarie 4, 2011
O my word! Is dit vir my verjaarsdag??!? 15 Junie.
palamino het gesê op Februarie 4, 2011
Dit is so, elizabeth, hulle is skrikwekkend dun, en ek werk nie eens met die dunste nommer nie.
palamino het gesê op Februarie 4, 2011
ek teken dit aan
ystervark het gesê op Februarie 4, 2011
Dis pragtig, sal ek my adres vir jou aanstuur, ek sal postage en packaging ok betaal – thx! 😉
HeavyHenry het gesê op Februarie 4, 2011
Eish!
Dissie maklik nie – daai materiaal hoef net effentjies te buig, dan knyp die lem vas, dan breek hy…
Ek sou dit in ‘n “toolmakers clamp” vashou.
Angelor het gesê op Februarie 4, 2011
🙂 te pragtig,.. dink jou in ek probeer so fyn werk?..
loudavisi het gesê op Februarie 4, 2011
Hulle is stunning!
palamino het gesê op Februarie 4, 2011
Nee, sien, Henry jy kan hulle nie vasklamp nie, want jy hou jou sagie stabiel maar jy draai die diertjie die hele tyd terwyl jy saag
palamino het gesê op Februarie 4, 2011
Orraait! 🙂
palamino het gesê op Februarie 4, 2011
Ag nee man angie!
palamino het gesê op Februarie 4, 2011
Dankie lou. Ek is ook besig met renosters, hase, koedoes en olifante. O en voeltjies. ‘n Hele menagerie
HeavyHenry het gesê op Februarie 5, 2011
Verstaan dit – toolmaker’s clamp is ‘n los ding – dit hou net vas – gee mens meer om aan vas te hou as die stukkie plaat. – en dis maklik en vinnig om te verstel.
palamino het gesê op Februarie 6, 2011
Ek ken dit. ek het een wat ek gebruik veral vir ringe, maar mens sal nog steeds die plaatjie moet stabiliseer teen die benchpeg
HeavyHenry het gesê op Februarie 7, 2011
*grin* ja! – dit vat ‘n regte breker om sommer so los hande in die lug te werk…