Recording the mating call of the timbouktou yak…
Februarie 15, 2011 in Sonder kategorie
Ek het saterdag heerlik gaan eksperimenteer en jol by Mimi van der Merwe se ateljee. Ek het embozzies gaan druk van my apies en ook ‘n hele ark van ander diertjies wat ek laasweek uit koper gesny het. Hier is my olifant en 2 paradysvlieevangers sigbaar.
nou het ek omtrent 20 blank embozzies wat ek, soos die ene hierbo met verf kan toetakel. Ek het skielik hierdie ding ontwikkel vir swiet, kitsch klein bokkies. Ek dink ek is in my hart sekerlik die kitsschte persoon wat daar is, en ek is ook nie bang om dit te erken nie. Nou het ek geen vrese meer daaroor dat mense dalk gaan agterkom ek is die hoogtepunt van swak smaak nie, en kan ek aangaan met my lewe, thank you very much!
Kyk uit vir my extreme blouwildebeest en koedoes….
Onlangse kommentare