Blognaam
Januarie 25, 2011 in Sonder kategorie
Ek was nog my hele lewe perdgek. Het vir baie jare perde geskool en gery…nooit kompetisies gedoen nie, maar net baie baie lief gewees vir hulle omdat hulle sulke spesiale wesens is. en die palomino-kleur is my gunsteling kleur. Dis ‘n heuningkleurige perd met blonde maanhare. hulle is nie te volop nie.
My avatar is ook ‘n perd, maar, omdat daar ‘n blogger was wat alreeds ‘n palomino-perdjie as avatar gehad het, en ek ook so mal is oor die pesriese miniatuur skilderytjies, het ek besluit op hierdie Appelblou (tog so ‘n mooi naam wat ons in afrikaans het vir die kleur perde) skimmelperdjie, wat eintlik een van die vele gedaantes van die Indiese god, Vishnu is. Ek is ook mal oor hom omdat hy so baie necklisse dra. En sy rooi agtergrond maak hom lekker sterk en kleurvol.
Pronk is sommer vir die afshow, sien…soos ‘n arabierperdjie wat so met sy flaring nostrils en sy wapperende stert so hoogtrap-hoogtrap. Maar Pronk is ook my “brand”. Dis ‘n afrikaanse woord maar dit vang buitelanders se oog. hierdie jaar wil ek dinge onder die pronk-label begin aanvang, soos om my boeddhas op sy-sarongs te druk, ook t-hemp ontwerpe, tafeldoeke, muismatjies en tarotkaarte – wees op die uitkyk daarvoor
Onlangse kommentare