by

Restourasie-aksie

November 10, 2010 in Sonder kategorie

Sowat ‘n jaar gelede het ek vir my die 2 hout wingbacks teen ‘n appel en ‘n ei aangeskaf.

My pa is ‘n houtwerker en restoureerder van formaat , maar toe hy hoor wat ek met hulle wou aanvang, het hy ook maar net sy oe dakwaarts gerol… “dis kanadese Eik daardie, weet jy” seg hy my. Toe verseker ek hom dat daar min dinge is wat kanadese eik so goed bewaar soos ‘n paar lae olierige emaljeverf

Nou ja, na so bietjie elbow grease en ‘n lekseltjie rooi verf en ‘n vrolike lappie lyk hulle nou so…

14 antwoorde op Restourasie-aksie

  1. MOOI MOOI MOOI MOOI MOOI!

    Toe ek vroeer die jaar ‘n eikehout kassie appelgroen geverf het, moes ek ook hoor watse goeie hout dit is en bla bla bla. Nie dat dit my gekeer het nie. Maar my kassie is nie naastenby so mooi soos jou stoele nie.

  2. Trakie het gesê op November 10, 2010

    WOW! Jy mag maar.

  3. Jy moet vir ons ‘n prentjie opsit.

  4. Dis reg ja, dit bewaar die hout en keer dat dit uitdroog en bars. ek het die mooiste bentwood-stoeltjies wat jare gelede lovingly gerestore is tot hulle oorspronklike voorkoms. Hulle was jare bedek met daai staatsdiens-groen emalje. Maar jis, is dit ‘n taak om hulle te versorg…volgende week paint ek hulle sommer weer turkoois!

  5. Ja, en dan is hulle baie trots oor hulle die stoel tot sy oorspronklike glorie herstel het, ne!

  6. Dankie Kelks

  7. Ja, ek bele nou al in iemand in die toekoms se restourasie-high!

  8. “..wat kanadese eik so goed bewaar soos ‘n paar lae olierige emaljeverf”

    Filistyn!

    Die hout se grein is lewendig, dit het diepte, dit het ingeboude patrone – die olieverf is net een kleur, en het nie tekstuur nie.

    Wat jy nou moet doen, is om “polka dots” van verskillende kleure daarop aan te bring, om bietjie meer lewe te gee…

    🙂

  9. Gmf!

  10. 🙂

    Gotcha!

  11. Hiehie

  12. zephur het gesê op November 10, 2010

    LOL

    Die bewaringsdrang

  13. Angelor het gesê op November 10, 2010

    🙂 Pragtig Palomino,. in n honderd jaar of so vorentoe sal iemand wel die hout weer ontdek..

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.