Ek wil net eers onomwonde stel dat ek daarvan hou om effens mollige vroue te skilder. ek hou van die rondinge sien. ek dink dis baie meer terapeuties om dit te skilder as om verdwaald te raak in ribbetjies en heupbene… soos die vrou met die gun hieronder. Ek dink hierdie werk van my is heel relevant deesdae met ons arme renosters wat so verskriklik uitgemoor word. Waar gaan dit eindig, vra ek julle?!

Anyway, terug na die dieetstorie. Sien, my ma het my iets belangriks geleer…die OOMBLIK wat mens vir jou liggaam se jy gaan nou diet, dan raak hy bietjie mallerig (neem kennis dat ek na jou liggaam as manlik verwys) Dan gaar hy juis vet op vir die vale en maak jou metabol…isme absoluut stadig. Dis heeltemal instinktief, iets wat ons van ons grotmandae af oorgehou het, toe ons baie gekonfronteer is met kosskaarstes. Neander sal jou als daarvan kan vertel. Anyway, wat jy moet doen, is om jou liggaam te fool…hy weet presies wat jy dink elke keer as jy ‘oortree” Flous hom, deur niks te dink nie, en baaaaie casually ‘n lunch bar in jou kies te prop….no sudden movements, sien. trust my…relax net, dit werk.
Baai, ek moet nou 4 ure lank gaan gym!
Onlangse kommentare