Afrikamasutra update
Julie 29, 2010 in Sonder kategorie
Die Olifante is rusteloos vanaand, my lief…
Haai julle
Daar is nou ‘n afrikamasutra website, wat deur die skryfster geskep is. Gaan kyk gerus by: www.afrikamasutra.net
Ek het aangebied om vir haar die banier oor te doen, want ons klomp kunstenaars reken die ene wat sy tans daar op het, is heeltemal te lig in die broek. So oor 2 weke kan julle my nuwe bannertjie gaan uitcheck. Ek het elke aand vreeslik baie binnepret met die skep daarvan!
Mooi dag vir julle!
monicahaddad het gesê op Julie 29, 2010
Is dit die Uniegebou wat ek daar sien LOL!
palamino het gesê op Julie 29, 2010
Nee, hel annemari, hierdie ene is so 3 jaar gelede geskilder en het al lankal ‘n baas.
Ek werk verskriklik stadig. Ek het die skrywer gevra om my so 2 weke te gee, maar die werkie is klein en ek sal dit vinnig kan baasraak.
palamino het gesê op Julie 29, 2010
xxx
palamino het gesê op Julie 29, 2010
ek is bly dis herkenbaar!
HeavyHenry het gesê op Julie 29, 2010
Nice die nuwe plekkie!
bloukaap het gesê op Julie 29, 2010
ek like die pilot se gesigsuitdrukking
palamino het gesê op Julie 29, 2010
Ons beplan ‘n baie mooi, luukse koffietafelboek… Ek weetnie of jy van Deepak Chopra se weergawe weet nie. Wel, ons beplan so-iets, maar net nog mooier, want DC se illustrasies is nie juis vir my aanvallig nie. Ek hoop hy verkoop!
palamino het gesê op Julie 29, 2010
Dankie, Natasja!
palamino het gesê op Julie 29, 2010
Van watter plekkie praat jy nou? Die uniegeboue?
palamino het gesê op Julie 29, 2010
Dis Hanuman, die Aapprins.
HeavyHenry het gesê op Julie 29, 2010
Nee man – vannie nuwe webwerf
zephur het gesê op Julie 29, 2010
Die een wat jy gemaak het op http://www.afrikamasutra.net is cool
Berwick het gesê op Julie 29, 2010
Mooi dag vir jou ook.
abrham het gesê op Julie 29, 2010
jou koning koos het nair ontdek
loudavisi het gesê op Julie 30, 2010
Ek trust ook nie die pilot nie!
Mal oor jou kunswerke.
palamino het gesê op Julie 30, 2010
Hiehie, stjoepite ek. Ja, dis nie my webwerf nie, dis die skryfster s’n. Sy is ‘n agtermekaar vrou!
palamino het gesê op Julie 30, 2010
Dankie, ek hoop van harte jy is reg oor die “tonne” ander mense.
Dankie vir jou boodskap. Ek het weereens probeer reply, ek dink ek gaan nou die management in kennis stel hieroor.
palamino het gesê op Julie 30, 2010
Giggel!
palamino het gesê op Julie 30, 2010
Ek wil julle 2 aanmekaar voorstel. Ek dink julle doen baie dieselfde ding, jy gee die manlike perspektief en sy die vroulike. ek het haar van jou vertel. Sy was baie intrigued.
(ons wil jou natuurlik nader aan ons launch datum nader om te hoor of jy nie vir ons ietsie op jou blog kan sit nie….self ‘n “endorsement” vir ons omslaggie deur Ghaap, sal nogals cool wees
palamino het gesê op Julie 30, 2010
Ja, daai pilot…
HeavyHenry het gesê op Julie 30, 2010
As jy so sê “skryfster” dan dink ek dis jy…
Jy maak my deurmekaar.
palamino het gesê op Julie 30, 2010
Ek is die illustreerder. ons is 2 verkillende mense
HeavyHenry het gesê op Augustus 3, 2010
Got It!