by

Afrikama Sutra!

Julie 26, 2010 in Sonder kategorie

Haai julle. Ek het allemintige groot nuus. Ek is een van 4 kunstenaars wat genader is om illustrasies te doen vir die Kama Sutra wat nou in Afrikaans vertaal gaan word! en hoe dan nou anders? hoe kon hulle nou nie vir Moi gebruik nie? DIS MY TIPE PROJEK DIE!

Ek het geen twyfel dat dit ‘n opskuddintjie of 2 in die Afrikaanse boekbedryf gaan veroorsaak nie, en ons skud daarmee saam ook ons vere reg om dit volgende jaar op die KKNK te gaan lanseer met ‘n baie groot splash en event vol allerhande verrassings. So hou hier dop as julle deel daarvan wil wees.

Elke kunstenaar moet 10 illustrasies doen en ons kan enige aspek van die teks illustreer. Ek gaan veral konsentreer op die posisies met dierename, soos die olifant en die hert… hygend hert! bok-bok staan styf….’n bok vir sports… hmmm.

Ek sal die werk hier opsit soos ek aangaan en sal julle input waardeer.

Heerlike week, almal!!!

24 antwoorde op Afrikama Sutra!

  1. Angeliscious het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    dis awesome! baie geluk 🙂 en hou ons op hoogte …

  2. palamino het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    Ek ook nie, ek kan jou se dis ‘n uitdaging om met daai teks te werk. Ek lees myself kort-kort warm onder die kraag…

  3. palamino het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    Dankie, dankie!

  4. palamino het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    Hoekom? Lyk hulle vir jou bekend? Enige ooreenkomste tussen persone lewend of dood, is bloot toevallig, verseker ek jou! 🙂

  5. karientjies het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    Klink asof jy dit baie gaan geniet

  6. Gharki het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    Wow, baie geluk! Ek sal jou blogs dophou en hoop jy geniet elke oomblik daarvan.

  7. palamino het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    Dis reg ja! Ek het ‘n dosent gehad wat gese het: If you are going to draw monkeys you need to get into deep monkey. you need to find the essence of monkeyness.

    So nou moet ek in deeep kama sutra ingaan…

    …en ek sal my chiropractor op speeddail moet he.

  8. zephur het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    Afrikama…hahaha

    ‘n Interessante Projek

  9. palamino het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    Dankie Gharki!

  10. abrham het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    NOTA BENE – a must read for any aspiring kama sutra artist AND those who cherish such art

    http://www.realitysandwich.com/orgasmic_roots_pronoia

  11. abrham het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    ek het jou gese hulle gaan agterkom

  12. monicahaddad het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    Dit gaan ‘n blitsverkoper wees, ‘n aardigheid inderdaad, nou wonder ek hoekom dink iemand dit nou eers uit…..

  13. bloukaap het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    NOU begin ek hoes, en kug, en nies…….iets is innie lug .hehehehehe……. ek kan nie WAG om dit te sien nie, ek hoop allllllll jou werk word gekies !!!!

  14. Sanseveria het gesĂȘ op Julie 26, 2010

    Lingham en yoni klink so poëties..wonder wat daarvan gaan word in Afrikaans? Great om te hoor dat daar sulke opwindende dinge oor jou pad gekom het!

  15. palamino het gesĂȘ op Julie 27, 2010

    Wat ‘n wonderlike link! Dankie daarvoor!

  16. palamino het gesĂȘ op Julie 27, 2010

    Ek dink daardie terme word behou in die oorspronklike sanskrit, maar ons het geweldig baie pret met goed soos “rear entry positions” waar iemand opgekom het met: agterdeurtjie…afrikaans is tog so heerlik kompak!

  17. palamino het gesĂȘ op Julie 27, 2010

    Ek moet 10 illustrasies lewer.

  18. palamino het gesĂȘ op Julie 27, 2010

    Dank vader hulle het gewag tot nou…nou kan ek saamspeel.

  19. palamino het gesĂȘ op Julie 27, 2010

    Bwahahahaha! Die dag as Paris Hilton een van my werke koop, DAN is ek beroemd…nie nou nie…

  20. palamino het gesĂȘ op Julie 27, 2010

    Ja, ek het bietjie deurmekaar geraak met die bene daar, toe besluit ek om een stelletjie bene van heel bo af te “merk” sodat ek kan sien wat kom waar. Die uitbeelding van die Kama Sutra verg ‘n sterk wiskundige vermoe

  21. palamino het gesĂȘ op Julie 27, 2010

    ons hoop nie hulle bloos te veel nie!

  22. Trakie het gesĂȘ op Julie 28, 2010

    GREAT! (virrie goeie nuus)
    Jislaaik! ( vir hierie posisie)

  23. palamino het gesĂȘ op Julie 29, 2010

    Dankie Therina

  24. palamino het gesĂȘ op Julie 29, 2010

    *giggel*

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.