by

Olieverf

Julie 23, 2010 in Sonder kategorie

“n Vriendin se nou die dag vir my dat sy dit haat om met olieverf te werk. Sy vind dit ‘n baie intimiderende medium. Ek ook. Ek HAAT olie!. In die eerste plek is dit ‘n gemors om skoon te maak. As jy op jou klere mors is dit neusie verby…en dan is terpentyn ook nog giftig. As een van my kinders dit perongeluk moet inkry…

In die 2e plek vat dit baie lank om droog te word. Weet julle daar is van Rembrandt se werke wat nou nog nie droog is nie! ‘n mens doen ‘n onderskildering en dan moet jy 2 weke of so wag voordat dit droog genoeg is sodat jy weer bo op daardie laag kan werk. En as jy nou nog ADD is soos ek, dan het jy lankal al belangstelling verloor of 60 ander paintings uitgedink.

Verder is olieverf ook net vir my te dof.  Toe ek op universiteit gedwing was om daarmee te werk, het ek konstant na kleure gesoek wat eenvoudig nie bestaan nie (hier is mos ‘n koeliebazaar hierbinne in my…dink al daai soort kleure…). Ek dink Jan Vermeiren werk met ongelooflike olieverfkleur, maar ekself kon dit nog nooit regkry nie.

Olieverf is ook geneig om so teen mens se kwas op te klim en dan bly dit daar bo, daar waar die kwas en die steeltjie bymekaarkom en jy kry dit om die dood nie op die doek nie. Dis baie frustrerend (hoekom lyk die woord frustrerend nou vir my so snaaks? Is dit nie hoe mens dit spel nie?)

Ek hou van gouache. Dis ‘n watergebasseerde verf en dit word vinnig droog en die kleure is mooi helder. Mens kan dit dik of dun aanwend, nes jy verkies.

29 antwoorde op Olieverf

  1. jr_hewing het gesê op Julie 23, 2010

    ek hou ook nie van olie nie. amen.

  2. Neander het gesê op Julie 23, 2010

    Die reenboog praat met jou, praat terug.

    O ja die wit Zebu het tipiese Nellore karaktereienskappe en tiertjie het sy winterjassie aan, reg gedoen.

  3. Angelor het gesê op Julie 23, 2010

    🙂 ek hu van die stories,. soos die tierwyfie wat omkuk en dink,… “ag tog, kry die man van my nooit genoeg nie”!!!???? (Kyk hoe keer sy met daai stert!)

    hahaha die koei lyk baie meer umm gemoedelik!

  4. palamino het gesê op Julie 23, 2010

    Een aand moet jy saam met my en die koeliebazaar hierbinne gaan karaoke….ons doen ‘n gangbare weergawe van patricia Lewis….

    Patricia Lewis Moodley

  5. palamino het gesê op Julie 23, 2010

    My geduldige moeder het in my studente jare witdulsies gebruik om die kolle uit my hemde te haal.

  6. palamino het gesê op Julie 23, 2010

    Hiehie…ek het nou onmiddelik ‘n hele paar vrae vir jou, Verskriklik.

  7. palamino het gesê op Julie 23, 2010

    Wat op dees aarde is Nellore?

    Ja, ek sal vir blimingwell als ‘n jassie aantrek. Daar’s ‘n jassiefabriek in die koeliebazaar en naaldwerksters wat 24/7 borduur teen 14c/uur

  8. palamino het gesê op Julie 23, 2010

    hmmmm…..pasop vir jou

  9. Angelor het gesê op Julie 23, 2010

    Ummmm kyk grond toe en skop in stof…. “sorry Palomino”

  10. Angelor het gesê op Julie 23, 2010

    hmmmm…..pasop vir jou

  11. palamino het gesê op Julie 23, 2010

    xxx

  12. palamino het gesê op Julie 23, 2010

    Ja, dis interessant, sy gesigsuitdrukking. ek het jare gelede by die Buro vir Heraldiek gewerk en het altyd raasgekry oor my skilddraers se gesigsuitdrukkings. Jy weet, daai leeus, bokkies en ander ongediertes wat die skilde met die wapens op so regop moet hou. My leeus het altyd so ‘n ondeunde glinstering in hulle oe gehad.

    Maar my ou tiertjie is eintlik ‘n miniatiertjie…hy is baie klein. Hier lyk hy baie groter as wat hy in werklikheid is.

    Ek haal my hoed af vir enige iemand wat in olie werk. 🙂

  13. Angelor het gesê op Julie 23, 2010

    🙂 Dankie…

  14. palamino het gesê op Julie 23, 2010

    Dis een van daai Lennons-tipe van goed wat mens in sulke ongemerkte bruin botteltjies by die apteek kry, dink ek.

  15. Mooi skilderye! Wat beteken daardie nasionalieit Mongolia?

  16. palamino het gesê op Julie 23, 2010

    Ja, hom het ek met my vergrootglas geskilder.

  17. palamino het gesê op Julie 23, 2010

    My tierjie waai vir jou tiertjie…

  18. palamino het gesê op Julie 23, 2010

    Nee, jinne Latino, ek het geen idee nie. Dit maak nou gladnie sin nie, maar toe ek nog op Letterdash was, het dit. ek sal later daarmee gaan stoei.

    (Maar ek is mal oor Mongolie in elk geval :))

  19. Dis lekker om jou volstoom terug te hê!

  20. bloukaap het gesê op Julie 24, 2010

    olieverf vergewe my tekorte, maar, kan dit die kak uit mens irriteer……..vokkin sure

  21. loudavisi het gesê op Julie 24, 2010

    Pragtig.
    Jy kan gerus meer wys.

  22. palamino het gesê op Julie 26, 2010

    Speel is die beste!

  23. palamino het gesê op Julie 26, 2010

    Ag dankie Monica. ek weetnie so mooi van volstoom nie, jong…ek is mos maar ‘n bietjie van ‘n gekonstipeerde blogger…

  24. palamino het gesê op Julie 26, 2010

    Baie dankie Samuhr. En dankie ook vir jou spaces boodskap. Ek het jou probeer antwoord, maar daar is iets fout. Ek sal later weer probeer, hoor!

  25. palamino het gesê op Julie 26, 2010

    Ek stem saam!

  26. palamino het gesê op Julie 26, 2010

    Dankie Lou. Ek werk nou aan ‘n fantastiese projek en sal fotos opsit soos ek aangaan.

  27. palamino het gesê op Julie 26, 2010

    Almal is eintlik kreatief, Ghaap.

  28. palamino het gesê op Julie 27, 2010

    Maar Patat, as ek nie daarvan hou nie, dan hou ek nie daarvan nie finish en klaar…

  29. palamino het gesê op Julie 28, 2010

    Ag dankie Patat.

    Ek ken daardie watergebasseerde reeks en dis baie oulik, maar die eintlike probleem wat ek het is met die kleure. dis net te dof vir my. ek hou van sulke koeliebazaarkleure. Maar ek hou ook nie van akrielverf nie, dis nou weer te plestiek vir my.

    Maar ek gaan weer een van die mooidae my olieverf nadertrek, want ek wil regte, klein miniatuurskilderytjies op koperplaatjies maak, en dit dan verwerk in juweliersware. Mens kannie met watergebasseerde verf op koperplaat werk nie, sien.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.