Die gewone, tuinverskeidenheid buddha
April 29, 2010 in Sonder kategorie
Uiteindelik het ek dit nou reg gekry om ‘n painting so af te neem dat mens die embosseerwerk onderaan kan waarneem. Dis heluit lekker om dit te doen. Ek speel myself simpel in vriend Hardass se etsateljee.
Ek sny die diertjies uit koperplaat. Ek kan hulle ook seker uit aliminiumplaat sny, maar ek verkies koper, want hulle word later jewellery of ek sit hulle aan handsakke vas, of maak belde of iets. (Ek het al so ruk gelede die kopertier wat ek hier gebruik het, opgesit. Ek is nou besig om weer ‘n hele klomp nuwe diertjies uit te saag.
Dan druk ek ‘n klomp “blanks” op etspapier. En dan gaan paint ek hulle by die huis….
Onlangse kommentare