by

Die Les van die Dag…

Februarie 2, 2010 in Sonder kategorie

Orraait, die storie wat ek wil vertel het niks met die prentjie hierbo te doen nie. Maar vandag kyk ek na die prentjie – hy het lankal al ‘n baas – toe mis ek hom skielik. En ek is nie eintlik so nie, ek laat my prentjies sonder enige gewetenswroeging gaan…hulle is after all prentjies, nie puppies nie!

Die Boeddhiste het altyd sulke interessante stories waardeur hulle ‘n mens belangrikke lewenslesse leer. Een van my gunstelinge gaan as volg: Daar het buite ‘n dorpie, teen ‘n heuwel op, ‘n boeddhistiese monnik gewoon. Hy het homself stil en stemmig gedra, tuingemaak en gemediteer en bitter selde met enige iemand op die dorp gekommunikeer.

Op ‘n mooi dag het een van die dorp se jong meisiekinders agtergekom dat sy swanger is. Sy het na haar pa toe gegaan en, omdat sy geweet het dat hy woedend sou wees as hy hoor, het sy besluit om die blaam op die ou monnik te plaas. Toe die baba gebore is, het die oupa die kleintjie gevat en teen die heuwel opgestap na die ou monnik toe. Daar gekom het die oupa aan die monnik die hele storie verduidelik en gese dat, aangesien hy die pa is, hy dan maar die baba moet grootmaak.

Die ou monnik het geglimlag, die baba geneem en gese: Regso! Hy het van toe af aan die kindjie grootgemaak soos sy eie en die kleintjie het floreer.

Die kleintjie was ‘n hele paar jaar oud toe die meisiekind se gewete uiteindelik die oorhand kry en toe is sy weer na haar pa toe. Die pa was hoogs geembarasseerd en het teen die heuwel uitgestorm om die seuntjie te gaan terugvat.

Weereens het die ou monnik net geglimlag en gese: Regso!

Nou wens ek so ek kan in daai spasie leef…daai spasie waar die heelal ‘n “bybie” op jou dump en jy smile en se: Fine by me! En waar die heelal ook dan iets waarvoor jy intussen baie lief geword het, by jou kom wegneem, en jy se: Fine by me! Dit sal darem ‘n groot klomp suffering uitskakel!

5 antwoorde op Die Les van die Dag…

  1. Angelor het gesê op Februarie 2, 2010

    “Alles is altyd presies soos dit moet wees” Wat anders maak tog saak? Ek like die storie, baie! Hello Palomino, hoop jou dag is uitstekend wonderlik!

  2. Hello Angie! Lekker om jou weer hier te sien. Gaan kyk gou na my spinnekop post.

  3. Ek wens die afgelope ruk BAIE BAIE BAIE ek kon so wees….. in my huidige omstandighede sou dit definitief gehelp het! Dalk moet ek begin mediteer……..

  4. Mediteer is altyd ‘n goeie idee!

  5. Dis nie die lewe wat so ongekompliseerd is nie, dis die keuses wat mens maak wanneer daardie “baby” in jou skoot gedump word…

Los ’n antwoord vir palamino. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.