Royal de Luxe
Januarie 18, 2010 in Sonder kategorie
Ek wil vandag graag iets met julle deel wat my nou al vir ‘n paar jaar lank absoluut betower.
Dit is die Franse meganiese straat teatergroep, genaamd royale de luxe. Dis in 1979 begin deur Jean Luc Courcoult en hulle is gebasseer in Nantes
hulle maak enorme marionette wat hulle dan met behulp van hyskrane en selfs helikopters vanuit die lug uit manipuleer. Verder het hulle dan ook honderde performers onder op die grond wat help met fyner manipulasie.
Die fotos hier is van die “reuse klein dogtertjie” Sy is blykbaar 12 meter hoog. Die outjies in rooi wat hier so om haar rondskarrel, is deel van die teatergroep
Daar is nog heelwat ander poppe in hulle repertoire, onder andere ‘n enorme olifant wat rus op ‘n dubbeldekkerbus. hy trompetter, piepie in die strate en spuit die toeskouers sopnat met sy slurp. Totaal en al magies. Hulle toer die hele wereld vol en on moet duimvashou dat hulle dalk na Suid Afrika toe sal kom!
Hier is ‘n paar videoclips van die reuse klein meisietjie en die Sultan se olifant in aksie.
Let op na die ekstatiese toeskouers!
Baie mense kla dat hogere kuns ontoeganklik is. Wel, hierdie is hogere kuns in my boek en ek dink dit sal jonk en oud, ingelig en oningelig uit die water uit blaas. Wys dit bietjie vir julle kinders en kyk wat gebeur!
palamino het gesê op Januarie 18, 2010
Isn’t it Cin. Apparently they get state funding. Can you beleive it? A country that does’nt just channel all its money into sport! Halleluja!
palamino het gesê op Januarie 18, 2010
Lekker om jou hier te sien, Tronkie. My kinders wil ook weer en weer daarna kyk. Pasop net youtube vreet bandwydte
palamino het gesê op Januarie 18, 2010
Dis reg ja. Ek kyk hierna en dit “Thrill” my op ‘n manier wat nie eers iets soos Avatar kan doen nie!
Ek wens hulle wil hiernatoe kom, maar die naaste wat hulle nog aan ons was is die Kameroen. Hulle loop wel graag in Suid Amerika rond.
In Frankryk kry die kunste net soveel geld van die staat as sport. Kunstenaars en kunsgroepe soos hierdie word deur die staat befonds.
palamino het gesê op Januarie 19, 2010
O absoluut Ja! Dis ‘n date!
zephur het gesê op Januarie 19, 2010
Dit lyk fantasties
skoppelmaai het gesê op Januarie 20, 2010
Ongelooflik! Sou graag so iets wou belewe! Die olifant is net so oulik.
Het gewik en weeg, en sal die foto van my broer opsit (was bang ek skend sy privaatheid!) – die pop in sy foto lyk baie soos hierdie een!
palamino het gesê op Januarie 21, 2010
Ek is net so mal oor marionette en enige ander vorm van puppetry.
Hier is nog een van my favourites:
http://www.youtube.com/watch?v=6LsMoUtBlDk
Dis gemaak deur Guilherme Marcondez. Hy gebruik puppetry en animasie. sy poppe word deur mense in swart klere direk met die hand gemanipuleer en jy moet hier sien hoe ongelooflik dit is as 4 verskillende individue ‘n tier op so ‘n koherente manier laat beweeg. Magies!
palamino het gesê op Januarie 21, 2010
Rerig wonderlik Zeppie. Ek hoop ek kan hulle een of ander tyd in lewende lywe aanskou.
palamino het gesê op Januarie 21, 2010
Ja, die olifant is pragtig. Hy het 2 balkonne aan weerskante van sy lyf waarop mense kan saamry.
skoppelmaai het gesê op Januarie 22, 2010
Kan nie genoeg hierna kyk nie, dit tref mens elke keer! Sal my kleinkinders wys wanneer hulle weer hier kuier. En noudat ek weet die agtergrond van jou profiel is jou eie werk, wil ek net graag noem, dit is “magic”!
palamino het gesê op Januarie 22, 2010
Dankie arosa!
Izakdv het gesê op Januarie 28, 2010
Marita van de Vyver het mooi oor sulke poppe geskryf in GRIET KOM WEER.
palamino het gesê op Januarie 29, 2010
Wraggies1 Ek moet bietjie gaan kyk. Ek was mal oor Griet skryf ‘n sprokie, maar het nognie weer iets van M VDV aangepak, behalwe haar Sarie rubrieke nie.
Ockert.Carelse het gesê op Maart 10, 2010
Jy het defniteif die beste blog hier rond.