by

Weerberig (2)

November 20, 2009 in Sonder kategorie

Dis nog steeds donker en grou in pta, maar ek moet sê ek begin nou lekker insettle. Al die komberse en warmgoed is nou weer uitgehaal en ons leef van pannekoek, sop en hot chocolate.

Die foto hierbo is die uitsig uit my kantoor. Angelor inspireer my altyd so met sy pragtige fotos dat ek gedog het ek gaan ook probeer. En ‘n dag soos vandag is ook net reg vir fotos neem want die lig is perfek. Ek dink ook ek is rerig bevoorreg om hierdie uitsig te kan hê!

Daar het nou ook weer ‘n heerlike knus coffee shop en bakkery hier in Rietondale in Pretoria oopgemaak – 18AveBC is die plekkie se naam en dis op die hoek van 18e en Chaimberlain in Rietondale (Daar waar Toni’s eers was) Hulle bedien heerlike ontbyte en ligte etes en die menu is nogals verfrissend anders. Wat ook in hulle guns tel is ‘n lekker spyskaart vir kinders en ‘n gerieflike kinderhoekie waar kleintjies kan speel, terwyl ma’s teedrink So as julle in Pta is, gaan maak gerus ‘n draai!!!!

Hierdie naweek is ek weer kinderloos en ek gaan bietjie fliek en more gaan ek saam met ‘n klompie ander kunstenaars by Mimi van der Merwe in haar ateljee leer ets! Ek was nog nooit ‘n bedrewe etser nie en om my naby gevaarlike chemikalïee soos ets suur los te laat is bitter onwys, maar ek is gewillig om te leer, so ons sal maar sien!

8 antwoorde op Weerberig (2)

  1. zephur het gesê op November 20, 2009

    Jip die weer is nes die Kaap sin…

    Lekker naweek Palomino

  2. Berwick het gesê op November 20, 2009

    Mooi uitsig!

  3. Ek’s mal oor dié aahanling: The body is the nightclub of the soul… Timothy Freke. Dankie vir die besoek by my blog.

  4. Tim freke is ‘n baie cool ou!

  5. Ja, dis ‘n groot voorreg!

  6. Ai, ja, ons moet allewig die kaapenaars na-aap! 😉

  7. Jip, OC dis heerlik om daar te werk. Dankie vir die comment oor die kinders

  8. Dis rerig lekker, Murphy!

Los ’n antwoord vir palamino. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.