Weerberig (2)
November 20, 2009 in Sonder kategorie
Dis nog steeds donker en grou in pta, maar ek moet sê ek begin nou lekker insettle. Al die komberse en warmgoed is nou weer uitgehaal en ons leef van pannekoek, sop en hot chocolate.
Die foto hierbo is die uitsig uit my kantoor. Angelor inspireer my altyd so met sy pragtige fotos dat ek gedog het ek gaan ook probeer. En ‘n dag soos vandag is ook net reg vir fotos neem want die lig is perfek. Ek dink ook ek is rerig bevoorreg om hierdie uitsig te kan hê!
Daar het nou ook weer ‘n heerlike knus coffee shop en bakkery hier in Rietondale in Pretoria oopgemaak – 18AveBC is die plekkie se naam en dis op die hoek van 18e en Chaimberlain in Rietondale (Daar waar Toni’s eers was) Hulle bedien heerlike ontbyte en ligte etes en die menu is nogals verfrissend anders. Wat ook in hulle guns tel is ‘n lekker spyskaart vir kinders en ‘n gerieflike kinderhoekie waar kleintjies kan speel, terwyl ma’s teedrink So as julle in Pta is, gaan maak gerus ‘n draai!!!!
Hierdie naweek is ek weer kinderloos en ek gaan bietjie fliek en more gaan ek saam met ‘n klompie ander kunstenaars by Mimi van der Merwe in haar ateljee leer ets! Ek was nog nooit ‘n bedrewe etser nie en om my naby gevaarlike chemikalïee soos ets suur los te laat is bitter onwys, maar ek is gewillig om te leer, so ons sal maar sien!
zephur het gesê op November 20, 2009
Jip die weer is nes die Kaap sin…
Lekker naweek Palomino
Berwick het gesê op November 20, 2009
Mooi uitsig!
BertieDuP het gesê op November 20, 2009
Ek’s mal oor dié aahanling: The body is the nightclub of the soul… Timothy Freke. Dankie vir die besoek by my blog.
palamino het gesê op November 21, 2009
Tim freke is ‘n baie cool ou!
palamino het gesê op November 21, 2009
Ja, dis ‘n groot voorreg!
palamino het gesê op November 21, 2009
Ai, ja, ons moet allewig die kaapenaars na-aap! 😉
palamino het gesê op November 24, 2009
Jip, OC dis heerlik om daar te werk. Dankie vir die comment oor die kinders
palamino het gesê op November 27, 2009
Dis rerig lekker, Murphy!