Aha!
November 27, 2009 in Sonder kategorie
Mense! Onthou tog net die volgende:
Die lewe is ‘n shitstorm, en kuns is die enigste sambreel!
(Mario Vargas Llosa)
November 27, 2009 in Sonder kategorie
Mense! Onthou tog net die volgende:
Die lewe is ‘n shitstorm, en kuns is die enigste sambreel!
(Mario Vargas Llosa)
November 20, 2009 in Sonder kategorie
Dis nog steeds donker en grou in pta, maar ek moet sê ek begin nou lekker insettle. Al die komberse en warmgoed is nou weer uitgehaal en ons leef van pannekoek, sop en hot chocolate.
Die foto hierbo is die uitsig uit my kantoor. Angelor inspireer my altyd so met sy pragtige fotos dat ek gedog het ek gaan ook probeer. En ‘n dag soos vandag is ook net reg vir fotos neem want die lig is perfek. Ek dink ook ek is rerig bevoorreg om hierdie uitsig te kan hê!
Daar het nou ook weer ‘n heerlike knus coffee shop en bakkery hier in Rietondale in Pretoria oopgemaak – 18AveBC is die plekkie se naam en dis op die hoek van 18e en Chaimberlain in Rietondale (Daar waar Toni’s eers was) Hulle bedien heerlike ontbyte en ligte etes en die menu is nogals verfrissend anders. Wat ook in hulle guns tel is ‘n lekker spyskaart vir kinders en ‘n gerieflike kinderhoekie waar kleintjies kan speel, terwyl ma’s teedrink So as julle in Pta is, gaan maak gerus ‘n draai!!!!
Hierdie naweek is ek weer kinderloos en ek gaan bietjie fliek en more gaan ek saam met ‘n klompie ander kunstenaars by Mimi van der Merwe in haar ateljee leer ets! Ek was nog nooit ‘n bedrewe etser nie en om my naby gevaarlike chemikalïee soos ets suur los te laat is bitter onwys, maar ek is gewillig om te leer, so ons sal maar sien!
November 19, 2009 in Sonder kategorie
Nog steeds koud en donker hier by ons!
Hier is nog ‘n Jacuzzi-gebruiker…Felix, my oudste seun (nou het ek met al my kindertjies gebrag)
November 18, 2009 in Sonder kategorie
Ek onthou die somer nog baie goed!
Dit was verlede Saterdag.
Hier traai Sophie en Thomas die skilpad-jacuzzi uit.
November 17, 2009 in Sonder kategorie
No matter how fast you run, your shadow more than keeps up. Sometimes, it’s in front! Only full, overhead sun diminishes your shadow. But that shadow has been serving you. What hurts you blesses you. Darkness is your candle. Your boundaries are your quest! — Rumi
November 11, 2009 in Sonder kategorie
Nadat ek gister hier, op my blog gesit en derms uitryg het soos ‘n ou brandwagbobbejaan met ‘n maagskoot, wil ek net , vir die rekord, terugrapporteer dat als nou uitgesorteer is. Ek het dit agter my gesit en gaan nou amptelik Aan Met My Lewe. Baie dankie vir almal se ondersteuning.
November 10, 2009 in Sonder kategorie
November 4, 2009 in Sonder kategorie
Het jy al ooit een van daardie dae gehad?
November 3, 2009 in Sonder kategorie
Ek verneem in die media dat sekere mense nou gegroom word om eendag as President oor te neem. Toe het ek maar besluit om so lank ‘n ou t-hempie te ontwerp vir die okkasie. Dit het my nie vreeslik lank gevat on met die regte simboliek vorendag te kom nie. Lekker pienk, met ‘n keurige bolletjie kak reg in die middel. Let op die burleske klein krulletjie, soos uitgedruk deur ‘n stywe poephol….dis reg ja, ‘n hopie stront…..
O, en ek het amper vergeet om te se dis ‘n “scratch & sniff” teeshirt!
Opgedra aan my vriend, hk, wat besig is om ons op facebook te breinspoel – STOPPIT NOU!
Onlangse kommentare