Piekniek op die grasperk…
Maart 17, 2009 in Sonder kategorie
Hierdie is ‘n bietjie van ‘n opstuur van Manet se bekende skildery: Le dejeneur sur l’herbe, oftewel, Piekniek op die Gras. Destyds het hy die wereld geskok deur naakte vroue saam met goedopgevoede, welgeklede mans te skilder.
Die sementswaan, beton voeltjiebad, tuinsproeier en glasbedekte muur is maar alles voorstedelike images. Dinge wat in my psige vasgele is en waarmee ek grootgeword het.
Hier sit ons maiden en eet haar pizza, terwyl dit lyk of syself netnoumaartjies gaan lunch wees vir een van my alomteenwoordige tiers.
Maar dis nie al nie!
If you dial now….!
Ek het besluit om bykomstighede by die skilderytjie te skep. Oorbelle van sterling silwer met detail van die skildery in resin daarin gebed.
Ek scan die skildery en maak dan afdrukke op viniel. Ek moes my huiswerk goed doen om seker te maak dat die ink wat ek gebruik stabiel is en lank sal hou. Hierdie ink word gebruik om groot advertensieborde mee te druk en is gewaarborg vir 5 jaar in direkte sonlig.
Ek gebruik ook ‘n nuwe tipe gel-resin. Dis sag en swel en krimp lekker saam met die silwer. Dus vorm daar nie krake nie. Dit verkleur ook nie. Hierdie resin word in die motorindustrie gebruik om stickers en logos vir karre te druk, so dis ook baie duursaam.
Nou kan jy my kunswerk teen jou muur he en terselftertyd aan jou ore dra!
Onlangse kommentare