"n Fancy Dress Party
Februarie 27, 2009 in Sonder kategorie
Februarie 27, 2009 in Sonder kategorie
Februarie 10, 2009 in Sonder kategorie
Ek het hierdie 4 pragomies een oggend in Koningin Wilhelmina weg sien ry. Ek het ‘n entjie agter hulle aangery en gewonder waar die ou gentlemen heen oppad is. Hulle het heel solemn gelyk…ernstig…stip voor hulle uitgekyk. Hulle fletswit baarde pragtig afgeets teen hulle blas velle. Ek het onmiddelik vir hulle plek gesoek in ‘n painting. Die tier het ek egter nie in die voorstede raakgeloop nie. Alhoewel hier nou die dag weer ‘n luiperd hierbo in die Magalies los was…. as die Maltesers begin verdwyn, moet mens weet…
Ek is so bly ek het my lewe geherorganiseer. Ek het na ‘n groter ondersteuningsnetwerk toe getrek. My kinders is nou ‘n histeriese 3 minute van hulle skool af weg. Ek sit nie meer soggens in verkeer vas nie. Ek is ‘n uur vroeer as gewoonlik terug by die huis na my skoolrondtes en kan, gevolglik meer uit my oggend haal. Dis so nice!
Februarie 3, 2009 in Sonder kategorie
Ek is maar ‘n beneukte ou godin
Jy aanbid my gedetermineerd
met jou gladgeskeerde kop
en priesterlike wangbene
en ek beloon jou toewyding
met sagte, deurdringende reen
Februarie 1, 2009 in Sonder kategorie
Nou die dag vra my seun vir my, terwyl ons in die kar wag dat sy sustertjie uit die skool kom, om seblief vir hom sy kosblik aan te gee. Ek steek my hand in sy rugsak in en voel met die uitrekslag iets op my wysvinger kriewel….
Toe piets die bytjie my vol op my vinger! Die San-mense het geglo ‘n by bring vir jou ‘n boodskap van die voorvadergeeste. Wat is die boodskap, wonder ek, terwyl ek swetsend ronddans? Eers later die middag tref dit my! Bee here now….. be here, now!!
Onlangse kommentare