24 Oktober 1992
Oktober 24, 2008 in Sonder kategorie
jou woorde kom na my toe aan
elegant, vaartbelyn, glinsterwit
beeldskone skepe
op ‘n oseaan van trane
jy bring vars, mietvrye voorrade uit eksotiese ver, ver plekke
en ‘n deeglik-aangetekende inventaris van:
* saggebreide beervelkaros
* turkse amber met oerinsekte daarin vasgevang
* fyn, fyn eenhoringskelet (self gejag)
* geurige olie van damaskusroos en bergamot
* ‘n vurige skimmelhings…..
en ‘n pragtige turkoois amulet
wat ek uiteindelik op my muwwe ou mummie se voorkop kan plaas
sodat ek die tombe vir eens en vir altyd agter my kan toemaak.
Angelor het gesê op Oktober 27, 2008
So absoluut pragtig….
abrham het gesê op April 4, 2009
om te onthou
om te vergeet