Die groot geeste het verdwyn en ons sit nog hier.
Augustus 25, 2012 in Sonder kategorie
Lees ek vandag in ons koerant die Nobel prys skrywer van Suid Afrika wat nou in Australia woon se vrou se dat hulle te sensitief is om in SA te bly, dat daar een aand hier in sy motor ingebreek was en dat hy nie meer so vryelik kon fietsry hier nie. Waar woon Nadine Gordemir, Breyten Breutenbach vandag, en wat se Andre Brink en al daai snare wat vir dekades lank ons land en regering en ons Afrikaners so verguis het. Soveel so dat nadat hulle ons oorwin het, die swart mense hierdie week op die dorp Senekal plakate gedra het wat se hulle was beter af onder die apartheids regering. So draai die wiel.
Ons gematigde mense het altyd geweet wat kom, so ook vandag weet ek: uiteindelik sal mense soos die DA en ander swart organisasies hierdie land vir die goeie mense van hierdie land, weer terugneem vanaf die korrupte magsbehepte ANC regering.
Kyk wat doen ons blanke boere in Zambie, die Kongo en Mosambiek Daardie lande word nou uitvoerders van kos, nie invoerders nie. En het u op Voetspore gesien hul plaashuise het nie diefwerings aan nie. Al die jare het aktiviste geskreeu ons Afrikanerboere is die grootste rasiste, maar wat maak hulle nou daar in vreemde lande met swart mense wat die lande regeer? Is dit hoe rassiste optree? In ons eie land word boere nog steeds gedreig dat hul plase afgevat sal word, nog steeds word hulle vermoor. Totdat ons invoerders van kos word, eers dan sal Malema se mense tevrede wees.
Gelukkig draai die wiel, ons wen n hofsaak dat n Afrikaanssprekende Kleurling nie vanaf die Kaap na Limopo verplaas word, net omdat daar te min Kleurlinge in Limpopo is nie. Is dit ook hoekom jong mediese dokters wat klaarmaak vir twee jaar in die ou Transkei moet gaan werk? Is dit hoekom ons eie kinders en dogters nie werk kry in hierdie land nie?
Is dit hoekom duisende mense van Pretoria, Johannesburg en selfs van Bloemfontein, hewig beplan om te trek na die WEs Kaap. Net in Bloemfontein tel ek vier gesinne hierdie maand, en dis net die mense wat ek ken, en hulle is almal jonk en ekonomies kragtig. Is dit waar swart, wit en bruin mense wat saamstem oor dinge gaan begin om die wereld te wys dat ons wel die potensiaal het om n ordentlike, beskaafde land te word wat ten minste saamstem oor die beginsels van die Tien Gebooie nie.
En ten laaste, ou PG Du Plessis, die skrywer, daar op sy plaas in Noord Wes, geluk met die prys wat jy ontvang het en die voorbeeld wat jy stel om op 78 nog op jou plaas te boer en te bou aan jou huis en te skryf vir wie ook al wil lees oor ons land.
Ja, stil nou broers, daar gaan n man verby.
Onlangse kommentare