Ons wag en ons wag tot….
Junie 27, 2012 in Sonder kategorie
Ons hele lewe lank wag ons op iets. Ons wag net tot die kinders almal uit die huis is…. dan gaan ons dit en dat doen. Ons wag net tot die pensioenfonds uitbetaal, dan gaan ons… Of ons wag net tot die huis verkoop, dan… o… dan.
Ek hoor dit elke dag van my lewe onder mense. Selfs onder kinders. Wag, dat ek net matriek klaar maak, dan gaan jy sien. Of wag, dat ek net graad vang. Ons wag alewig op iets om te gebeur en dan gaan ons verskriklik gelukkig wees. Uiteindelik is alles amper verby en ons wag dan net op die dood.
Nee, o hel, ek is nou gatvol vir mense wat aanmekaar wag. Ek wil nou leef, ek wil nou gelukkig wees. Wag maak jou steriel en knak jou gees. Dis ongesond, dis verkeerd. Waag iets, doen iets, al is dit soms die verkeerde ding, leef n slag man. As die ding waarvoor jy so lank voor wag dan eendag kom, is jy vir n paar dae vreeslik gelukkig en dan wag jy weer vir die volgende ding. Ek sien en ek hoor dit al om my.
Ek kom nou van n paartjie af wat vyf jaar hier in Bloem gewag het dat hy aftree ouderdom bereik en sy pensioengeld ontvang. Toe kom dit, toe wag hulle twee jaar vir hul huis om te verkoop. Toe wag hulle twee jaar in n beknopte woonstel by die see vir die regte huis om teen die regte prys in die mark te kom. Toe wag hulle twee jaar om goeie, nuwe vriende daar te maak. Dit gebeur nie. Toe wag hulle nog n jaar dat die wind gaan le.
En nou? Hulle wag nou al ses maande lank vir die regte huis in Bloem, want hulle kom terug. En as hulle eers hier is, gaan hulle vir ewig wag dat dinge hier weer diesefde gaan word soos toe hulle hier weg is.
Dit gaan nooit gebeur nie. Dis nie die goed wat kom wat ons gelukkig gaan maak nie, dis die goed wat vandag hier is wat ons gelukkig maak.
Loergaatjie het gesê op Junie 27, 2012
Jip, en so wens ons die goeie tye om, net om weer terug daarna te verlang.
avega het gesê op Junie 27, 2012
baie goed vertel. Ek wag nie, ek lewe vandag, maar sien uit na wat kom.
maryke-anne het gesê op Junie 27, 2012
Sjoe, nog nooit so daaroor gedink nie. Met al die gewaggery gaan die lewe en die wêreld by jou verby. Hulle wag vir niks en niemand nie. Excellente skrywe.
francoiswilliams het gesê op Junie 27, 2012
Jy wag virre kaartjie Oz toe…so wats jou probleem…?
Ou-Top het gesê op Junie 27, 2012
Hey Frans, lanklaas van jou gehoor, lees gereeld jou blog, maar te bang om kommentaar te lewer, want jy vloek n ou nes n Noord Tranvaalse tamatieboer. Mind you, is jy al ooit deur n boer gemoer?
francoiswilliams het gesê op Junie 27, 2012
Dit vat twee om te moer ou boer, twee…maar waarom vraag jy?
sirpsa het gesê op Junie 27, 2012
Happiness will never come to those who don’t appreciate what they already have.
TS het gesê op Junie 27, 2012
Haai ek ken daai tamatieboer/e persoonlik en hulle vloek minder as die in die Vrystaat! 🙂
raymond 2009 het gesê op Junie 27, 2012
Ek dink ook jy sal twee keer slaan :eenkeer mis en eenkeer neer.
benvanbruggen het gesê op Junie 27, 2012
HaHaHaaaa. hulle wag n jaar vir die wind om te gaan lê !
Ja, ou Top, op ons ouderdom besef mens….wikkel,tyd is min.
benvanbruggen het gesê op Junie 27, 2012
Skerp !
Wrong het gesê op Junie 27, 2012
…
rosiemetdorings het gesê op Junie 27, 2012
ou klasmaat van my was in die pylvlak op pad na sy vrou se aftrede sodat hulle bietjie die wêreld kan gaan bekyk
…..sy is laasweek begrawe
inadk het gesê op Junie 28, 2012
Ja nee, daar is gans te veel lewe om te leef! Tyd mors om te wag dat dit na jou toe kom anders gaan jy dood gaan voor jy klaar geleef het!
Neander het gesê op Junie 28, 2012
Raymond is steeds skerp!
Neander het gesê op Junie 28, 2012
Ek gaan nou wag tot jy weer so ‘n mooi stuk skryf.
Planeet.Stander het gesê op Junie 28, 2012
‘n Ander geneukte neiging is om spesiale goed vir eendag te bere. Nonsens, het besluit, eendag is nou! Bv.daai goeie bottel wyn wat jy vir eendag bere, maak hom oop en drink hom nou.
Ou-Top het gesê op Junie 28, 2012
Ek sal een keer raak slaan, maar ou Frans sal my beslis nie in die gesig slaan nie,want ek kyk nie om as ek hardloop nie.
Ou-Top het gesê op Junie 28, 2012
Dis maar net soms as n babelaas laaigraaf drywer n krat vol ryp tamaties van hoog af laat val en daar is net tamatiesous oppie grond.
Ou-Top het gesê op Junie 28, 2012
Ek wou eers se n mielieboer van die Vrystaat wanneer n babelaas drywer met die tien ton stroper oor sy nuwe landcruiser ry. Maar hulle is te naby, en almal wil my moer.
HeavyHenry het gesê op Junie 28, 2012
Groot waarheid die – mens leef innie nou, nie innie verlede of toekoms nie!