Lag kan soms gevaarliker vir jou wees as huil.
Junie 18, 2012 in Sonder kategorie
Ek hoor n ou skreeu my naam dat die gange van Pic en Pay weergalm. Dis n groot man en hy kom met sy arms wyd oopgesprei vir n ” bear hug”. Hy druk byna my ribbes af en as ek klae lag hy dat die bottels op die spesery rak begin kantel. Dis n ou vriend van my met die duidelikste en hardste stem wat ek ken. Ook die hardste en dawerendstee lag wat ek ken. Menste kom tot stilstand en staar, almal met bree glimlagte op hul gesigte.
Ou John het drie jaar gelede ge-emigreer na Australia. Hy is sak en pak terug en het n n besigheid hier in Blooem gekoop. Hy
vertel dat hy nie regkom met die mense in daardie land nie. Was glo veertien keer in drie jaar gearresteer, na die polisiekantore geneem en getoets vir alkohol en drugs in sy bloed. Ek is verstom, ek weet hy drink net sjampyn op sy verjaarsdag en op oujaarsaand.
” No, man Outop, those people dont laugh anymore, and when I do they think I am drunk or that I am using drugs. They wont believe me when I tell them that is how is how I always laugh. They are crazy, man,” se hy en begin weer lag. Dit dreun maar almal in die gang lag saam. Ek ook.
Die swart werker wat goed uit sy trollie op die spesery rak pak, skud so van die lag, hy pak sommer die visspessery tussen die braaivleis spesserye.
Soos my vrou haarself gisteraand van die stoel af gelag het toe daai tennisspeler uit frustrasie die grensregter n helse skop gegee het. Nee, die lewe is n lied, lag in die gange, lag oor die nuus, lees net die agterblad van die koerant. Bly positief.
Ons bly in n rowwe land, maar ons het nog die vryheid om hard en dawerend te lag oor dinge.
lora2me het gesê op Junie 18, 2012
Lag is die beste medisyne. Die vriend van jou het ‘n gawe.
TS het gesê op Junie 18, 2012
mmmmmm so ou wat aldag en heeldag oor alles lag kan later heel irriterend raak!
HeavyHenry het gesê op Junie 18, 2012
Bwhaahaha!
zephur het gesê op Junie 18, 2012
Lag ‘n slag…lag vir plesier
As iemand lekker lag wil ‘n mens sommer saam lag.
Douwe het gesê op Junie 18, 2012
Sjoe, hoe’t jy my nou laat lag!
rosiemetdorings het gesê op Junie 18, 2012
vriendin van my hier in die verre vreemde het ‘n skriftelike waarskuwing gekry omdat hulle net na 11 buite gesit en gesels het (en natuurlik gelag het ook) in kompleks waar hulle woon. hulle het besoekers uit Suid-Afrika gehad
Ou-Top het gesê op Junie 18, 2012
Wragtag, in Europa ook. Wat gaan aan met die wereld.
Perdebytjie het gesê op Junie 18, 2012
Jou vriend klink na die regte medisyne!
avega het gesê op Junie 19, 2012
HAhaha
sirpsa het gesê op Junie 19, 2012
As hy huil gaan hulle waarskynlik die ou reg langs hom arresteer.
sirpsa het gesê op Junie 19, 2012
Dankie tog vir onse liewe lawwe land.