by

Vroegoggend pleeg ek al my eerste sonde…

Mei 10, 2012 in Sonder kategorie

Ek het die dag so mooi begin, toe kort ons brood en nog iets vir n vinnige besoek aan die supermark net om die draai. Ek wag sommer in die kar, want my knieg is ekstra seer vanoggend. My vrou spring uit om die goed te koop en sy is pas weg toe ek besef ek het R13-00 by my en die biltonplekkie is net mooi by die ingang van die supermark.

Ek glip kruppel uit die kar en maak vir die biltongplek, ek moet gou speel want vir R13 kry jy net twee eetlepels vol biltong. Ek wil dit kou en sluk voordat die vrou uitkom, dis te min om te deel. Ek maak dit betyds en sit in die kar, ek soek die stukkie met die meeste vetlaag uit en kou. Ek is nog met die tweede  eetlepel besig toe sy aan die venster klop. Man ek sluk amper die bruin papiersakkie heel in, was daar dan so min mense in die supermark, sy is hopeloos te vinnig terug. Ek hoes en proes soos ek verstik.

” Ja,” se sy, ” as n mens skelm wil wees kom dit altyd uit, jy ou suinige blikskottel”.

Ek sit in stilte op pad huistoe, dan pleeg ek my tweede sonde vir die dag, ek  se vir haar.

” Ag skat, dit was verskriklik souterig, sou buitendien sleg gewees het vir jou hoe bloeddruk. Dokter het gese jy moet wegbly van sout.”

Maar ek weet goed, dit was die lekkerste biltong wat ek in n lang tyd geproe het.

12 antwoorde op Vroegoggend pleeg ek al my eerste sonde…

  1. Modigliani het gesê op Mei 10, 2012

    Lekker lag ek nou vir jou!!!

  2. SuritaBotha het gesê op Mei 10, 2012

    Ek steek die OGrady’s so vir my man weg!

  3. Neander het gesê op Mei 10, 2012

    Ja nee ons bly maar Homo sapiens:-)

    Onlangs gehoor van ‘n jagter wat vir die ‘Bossemans’ ‘n gemsbok geskiet het, toe vra die leier hom om die hasiebiltong vir hom êrens weg te steek.
    Praat van bemagtiging.

  4. Stout seun (tjie ?)

  5. sirpsa het gesê op Mei 10, 2012

    Niks so lekker soos ‘n vinnige skelmbiltonkie nie.

  6. HeavyHenry het gesê op Mei 10, 2012

    *grin*

    Onskuldige leuns met goeie bedoelings issie sonde nie!

  7. TS het gesê op Mei 10, 2012

    Jou ou blikskottel!

  8. Madhatter het gesê op Mei 10, 2012

    Biltong kan nie sonde wees nie. Dis ‘n “need” soos my middelste kleinkind sal kwytraak.

  9. pienkvolla het gesê op Mei 10, 2012

    Flink gedink! Al is dit dan nou ‘n sonde!!

  10. frandr het gesê op Mei 10, 2012

    Jaaa…verbode biltong is die lekkerste. Jy beter iets doen om te vergoed!

  11. bloukaap het gesê op Mei 13, 2012

    hoe water my bek, beter weer afry na brighton na die zimbabwier-durbaniet wat vir onse hongeres hier biltong maak

  12. Perdebytjie het gesê op Mei 26, 2012

    Skelm maak dit nog lekkerder!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.