by

Maar hoekom is die meeste mense ongelukkig, onrustig, soekend……

Mei 9, 2012 in Sonder kategorie

Want as daar stilte om ons kom, dan sit ons en wonder; waar kom ek vandaan, wat is ek en waar gaan ek heen. Elke mens worstel hier binne in om oor die vrae. Antwoorde kom van oral, wetenskaplikes, sekte-kerke, ou gevestigde Kerke, nuwe Kerke, Moslem geloof, Budisme. Maar op die ou einde is dit die individu wat self in sy siel vrede moet vind. Almal is dit eens dat  daar in hulle lewe nog iets ontbreek. So voel hulle die hele tyd, die meeste gaan so dood.

 

Ek het skatryk vriende en familie wat afgetree by die see in luuksheid sit en bitter ongelukkig oor hierdie vrae sit en wonder. Ek het ook brandarm vriende wat bitter ongelukkig met dieselde vrae worstel. Ek probeer oplet wie het rus en vrede in hul siele, wie is werklik tevrede en gelukkig.

 

Die antwoord kry ek by die armstes van die armes, my tuinjong se Oom kom kuier en my werker vra toestemming dat hy die dag saamkom, dis te stil in die makoek vir hom. Hy is n Afrikaansprekende van die Suid Vrystaat. Hy is oud, geplooid, maer, netjies met n hoed op sy kop en dra n baadjie. Hy is lewenslustig en hou van gesels.

 

Ek gee hom n sigaret en hy breek dit om die twak uit te haal wat hy in n horingoue pyp stop. Ons praat. Onder ander oor die vrae wat ek hierbo gestel het. Hierdie man het n volle soort van vrede en rustigheid in sy gemoed. Ons gesprek gaan so:

 

Oom: Nee, ek verstaan en ek weet waar ek vandaan kom, die Here het my gemaak. Net soos

         ek is. Hy moet kyk na my, want hy het vir my gemaak en ek vertrou vir Hom.

 

Ek:    Maar sou jy nie n beter lewe wou gehad het nie, jy het my nou net vertel hoe swaar

        gaan dit daar by jou in die Suide.

 

Oom: Nee, maar ek weet hierdie is maar net my ou liggaam vir nou, die Here het n belofte, dat

 

         as ek in Hom glo en sy gebooie nakom, dan wag daar eendag vorentoe vir my n baie

 

         beter lewe. Vir nou gee die Here my dan genoeg, hier sit ek dan op 75, gesond. Ek het n

         goeie vrou gehad en vier van my ses kinders leef nog.

 

Ek:  Maar hoe kan jy so seker wees van jou saak, mense kry swaar, mense kry siektes,

       dinge loop verkeerd, mense se kinders gaan tronk toe of word vermoor. Die wereld is

       swaar, dinge is verkeerd. Lyk of Satan los is.

 

Oom: Ag man, hy is lankal los, hy kon nie eers vir ou Job onderkry nie, hy is n uitgeworpene

         hy kan niks aan n gelowige doen nie. Ek worry nie oor Satan nie. Ek sien wat hy doen,

         maar hy pla my nie.

 

Ek: Maar waar dink jy gaan jy eendag heen, na jou lewe hier.

 

Oom: Eendag sal ons almal wakker gemaak word, net Sy kinders sal saam met hom hier op

        aarde bly, soos toe Adam en Eva aan die begin hier gelewe het. Sien jy daardie mossies

        op Seur se dak, hulle worry nie, hulle werk nie vir geld nie, onse Here sorg vir julle. So sal

        ons hier wees, almal gelukkig, almal met vrede in hul harte, geen bakleiery, die koring

        en mielies sal groei en ons sal eet. Kyk na die voels, die diere, die wolke die bome en die

        gras, my Seur. Hulle het nie moeilikheid nie, Adam en Eva se moeilikheid het begin

        met ongehoorsaamheid. Daardie moeilikheid sal weggaan as Hy weerkom en ons laat

        opstaan. maar ons sal volgens sy Woord leef in n nuwe wereld.

 

Ons het lank en oor ander dinge ook gepraat. Hy is nie bang nie, nie onrustig nie, nie ongelukkig nie hy is inderdaad rustig en gelukkig.

 

Hy is anders as ek, dit weet ek verseker, want ek voel ook nog elke dag iets kort, iets is nie

heeltemaal reg nie. Ek is die meeste van die tyd ontvrede oor iets.

 

Ek soek nog steeds soos almal na duidelike antwoorde, maar nou weet ek darem die fout

le by my, nie elders nie.

 

     

 

 

 

16 antwoorde op Maar hoekom is die meeste mense ongelukkig, onrustig, soekend……

  1. avega het gesê op Mei 9, 2012

    Goeie skrywe. Hy het contentment binne homself gevind.

  2. postatdo het gesê op Mei 9, 2012

    The answer lies in your hands.

  3. Berwick het gesê op Mei 9, 2012

    Goeie skrywe.

  4. pienkvolla het gesê op Mei 9, 2012

    Sjoe, wonderlik!

    Ek wens my geloof was net die helfte van wat syne is!!!

  5. HeavyHenry het gesê op Mei 9, 2012

    🙂

  6. Neander het gesê op Mei 9, 2012

    Ou Top, ek gee nooit punte nie, maar vandag kry jy omdat jy so opreg is.

    Die onrustigheid is ‘n Homo sapiens eienskap, so rykes, armes, mooies en lelikes kry dit almal.
    Dis die naderende dood, selfs vir babas, wat die konflik met die ewige optimistiese bewussyn van die mens veroorsaak.
    Ons weet almal ons moet daardeur, ons kan nie die verantwoordelikheid ontduik of aanpass nie.

    So, elkeen moet so gou moontlik die iets in sy lewe identifiseer en werk daarvan maak om die invloed so min as moontlik te maak.
    As mens ingeligte ouers het, dan word die saak net makliker.

    So, doen jou ding, werk hard, speel hard en verwesenlik jou persoonlikheid tot jy die laaste asem uitblaas.
    Ek maak so.
    Groetnis!

    Ek verander.
    As iemand my hier kom kapittel en katkiseer, gaan ek my kommentaar uitvee.

  7. Ou-Top het gesê op Mei 9, 2012

    Jy sien, die probleem is onder ons Christene net so erg. Jy sit en wonder waar jy heengaan en jy besef maar jy het te veel sondes gedoen op aarde, jy doen dit nog daagliks. Daar is geen verskil tussen n groot en n klein sonde nie. Jesus het vir ons sondes gesterf, maar dit beteken tog nie ons kan nou aanhou sondes pleeg en maar net Sondae om vergifnis in die Kerk vra nie. Die Bybel se tog duidelik dat ons wat die Woord ken en steeds goddeloos leef, sal swaarder gestraf word. Gelukkig is al die antwoorde direk in die Bybel, ons moet maar net ag slaan daarop.

  8. Ou-Top het gesê op Mei 9, 2012

    As iemand jou hier kom pla, skrap ek homself.

  9. Hy’t die vrede gevind wat alle verstand te bowe gaan.

  10. loudavisi het gesê op Mei 9, 2012

    Ek gaan ook van NOU af probeer, Ou Top.
    Dis juis die alleen tye wat my so ry en laat wonder.

    My pa het eenkeer ‘n boek gehad waarvan ek die titel nou vergeet. Onder aan staan daar:

    ‘n ou man met rustige oë en ‘n pyp…(of so iets)

    Jou besoeker pas mooi in die woorde.

  11. bloukaap het gesê op Mei 10, 2012

    jy weet Outop, so met die tyd saam wat ek jou skrywes lees, ‘hoor’ ek al jou stem soos jy die stories vertel. nogal eienaardig, sommige mense se stemme vorm nooit in my kop nie. so paar s’nwel. maar jou stem, hoor ek so asof jy my die saak so hier reg oorie tafel vertel. en soos neander hier onner seg, opreg.opreg. groete. Bobby

  12. Twee staar na buite.
    Een sien sterre, die ander kluite.

  13. SuritaBotha het gesê op Mei 10, 2012

    Hoe druk jy nou jou vinger baie hard op presies wat my pla in myself en met die mense rondom my. Wanneer gaan mense genoeg he om tevrede te wees?

  14. lisabeth het gesê op Mei 10, 2012

    Anders as wat ons geleer het betekn sonde jy “mis jou merk”. Jy mis jou skeppingsdel in Christus. Jy is ‘n woord in Sy gedig en dit hang saam met jou roeping en vervulling.

  15. Ek-Myself het gesê op Mei 10, 2012

    Dis wonderlik om so tevrede te wees, ek dink bitter min mense kan se wat hierdie ou man se.

  16. Perdebytjie het gesê op Mei 26, 2012

    Meeste mense soek na geluk buite hulself en mis dit dat geluk naby is,binne in jouself.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.