by

Renosterhoring is die aangewese ding……

Mei 1, 2012 in Sonder kategorie

Dis skoutyd in Bloemfontein en hier is uitstallers van dwarsoor die land. By n eetplekkie sit ek op n lusernbaal langs n ou wat van ver kom. Hy skou beeste maar se hy boer met wild ook. Hy oorweeg om heeltemaal oor te slaan na wildboerdery en die beeste te verkoop. Te arbeidsintensief, se hy. Die goed moet gespuit, teen borsluise gedip, gekeur word en daar moet aanmekaar boek gehou word wie is wie se kalf.

Hy het reeds, Swartwitpense, buffels en n paar koperkleurige gemsbokke. Hy het vyf renosters ook. Enigeen van hierdie kos byna dubbeld wat n stoetbul kos. En hulle sorg vir hulle self. Toe draai die gesprek na renosters toe.

” Man,” se hy,” die regering moet net toelaat dat ons met renosters boer en dat ons die horings self aan die hoogste bieder kan verkoop. Ons sal die horings self afsny en bemark. Daai katoolse mense in Vietnam en China kan dit op die plase by ons kom koop.  Een horing gaan nou n miljoen rand.”

Hy verduidelik dat uit beskerming van sy renosters hyself en n veearts die horings afgesaag het. Dit le nou in sy vrieskas op die plaas en hy hoor dis onwettig. Hy gaan dit daar hou tot die regering eendag besluit hy kan sy horings self wettiglik verkoop. Na drie jaar het die horing weer gegroei en kan hy dit weer oes. Hy sal sy eie goed soos goud oppas en self sorg dat niemand sy renosters kom skiet vir die horings nie.

Hy vertel my dat hy versekering op die renosters het vir teelwaarde, se maar R200,000. As iemand die renoster skiet kan hy dalk R200, 000 by die versekeringsmaatskappy kry. Maar die dief  van die horing kan dit verkoop vir n miljoen rand.

Die regering kan maar polisie en die weermag en veldwagters met masjiengewere en mortiere aanstel om die renosters te beskerm in reservate, maar dit sal nie slaag nie. Mense word omgekoop, diewe word slimmer, en hoe meer die prys styg hoe meer diewe kom. Boere het kleiner plase as n resevaat, hy kan sy renosters dag en nag oppas en boere kan almal goed skiet.

Tans maak al die diewe en skelms geld uit die renosterhorings, die regering kry geen inkomste belasting daarop nie en die boere wil nie groot geld op sekuriteit spandeer nie, want n renoster is maar net R200,000 vir hom werd, net teelwaarde.

As hy as boer vyf renosterhorings vir R5,000,000 wettig kan verkoop, betaal hy daarop inkomstebelasting en daar is nog genoeg geld oor om tien Boesman spoorsnyers daar waar hulle nutteloos by Smutsdrif na die bosoorlog deur Magnus en PW afgelaai is, te huur teen n goeie salaris. Boere sal hulle eie Giropplanes, nagverkykers, bloedhonde, en ander sekuriteits dinge aankoop. Dan boer hy met n 100 renosters en hy maak elke drie jaar R100,000,000-00 wins.

My blikslaer, se ek vir hom, as ek my erf van 1000 vk meter onder buffelsgras sit, sal ek met twee renosters kan boer?

Ja, se hy, miskien sal jy n bietjie lusern moet bykoop maar dis peanuts man. En ek ken al klaar n hele paar Chinas en ander moontlike kopers. Ek het selfs n kontak in China, ou Francois die blogger.

Twee miljoen rand elke drie jaar, dammit, ek moet dringend met Zuma of Malema gaan praat. Hulle kan mos nie so onnosel wees nie. Hierdie saak moet dringend gewettig word, volgens die Grondwet het n man mos regte om dit waarmee jy boer self te verkoop.

Twee renosters in my tuin, nou kan ek nie meer wag nie.

17 antwoorde op Renosterhoring is die aangewese ding……

  1. HeavyHenry het gesê op Mei 1, 2012

    Absoluut reg – en hulle hoort dwelms ook te wettig, om die inkomste virrie skelms te verongeluk!

  2. Ou-Top het gesê op Mei 1, 2012

    Nou laat jy my dink…. maar dwelms maak dood en jy sal baie renosterhoring moet sluk voordat jy jouself dood spyker.

  3. abrham het gesê op Mei 1, 2012

    die horing besigheid het almal op hol. jare gelede het fanus rautenbach een oggend op flinkferia gesê: ek het gisteraand van ‘n bul gedroom, toe word ek met ‘n allemintige horing in die hand wakker. mag jou drome ‘n renosterkudde bevat, ou top! jou 1000vk m is bietjie knap.

  4. benvanbruggen het gesê op Mei 1, 2012

    Jis, Ou top, as almal so fluks renosterhorings verskaf, is daar naand nie meer genoeg slap oosterse Totties nie . En se^ nou hulle ontdek Viagra .

  5. HeavyHenry het gesê op Mei 1, 2012

    Dagga maak die beste papier – en jy kan meer dagga groei in ‘n jaar as wat jy oppie selle grond bome kan groei in vyf jaar – so as die ouens hulleself wil moertoe rook – laat hulle – daar’s anyway te veel van ons…

  6. Ou-Top het gesê op Mei 1, 2012

    Henry, jare gelede het ek en n paar vrinde in n rubberboot vanaf die monding van n rivier binneland in gery vir so 15 kilometer. Di was in die destydse Transkei. Ons sien toe n pragtige tamatieland op die walle van die rivier, nogal in rye geplant. Klim af en kyk rond of ons iemand vir die tamaties wat ons wou pluk, kan betaal. Al wat ons uit haar kon uitkry was;

    E ya funa e grass?

    Toe sien ons eers dis dagga plante.

  7. Ou-Top het gesê op Mei 1, 2012

    Ek het so gehoop iemand gaan dit optel, mense weet so min deesdae van drakrag en groottes van grond. In die Vrystaat sal een buffel byvoorbeeld 6 hektaar weiveld nodig het om te oorleef; dis 60,000 vk.meter.

  8. HeavyHenry het gesê op Mei 1, 2012

    *Grin*

    Lekker welige goed. Ek hoor (het nie ‘n skakel nie) dat mens ‘n hele huis daarmee kan bou – blykbaar het iemand in die Kaap dit gedoen – is nie seker hiervan nie.

    As iemand wat hier lees beter weet sal dit nice wees om ‘n skakel op te sit.

  9. net plek vir 1 maar so net meer as R500 000 (dis nou as die staat sy deel gevat het) elke 3e jaar sal goed te pas kan kom

  10. loudavisi het gesê op Mei 1, 2012

    Ek weet nie beter nie, maar dink nou net hoe permanent geswael die skoolkinders sal wees as hulle boeke van dagga gemaak word!
    😉

  11. loudavisi het gesê op Mei 1, 2012

    Jy kan maar ‘n paar hier op ons hoewe laat loop, OuTop…genoeg plek. 😀 Sal self ‘n paar wil aanhou.

  12. exionperfexi het gesê op Mei 1, 2012

    Vraag en aanbod sal die horings se uitgangspryse laat daal, met ‘n ooraanbod . Wat ook goed is . Daar sal dus ‘n kwotasisteem moet geld .

    Intussen moet die peesters van die stropers en hul medewerkers afgesny , gedroog en verpoeier word en verkoop word as die ware jakob !

  13. HeavyHenry het gesê op Mei 2, 2012

    Lou, teen die tyd dat dit papier is, is die dwelm uit die ding geprosesseer. Dis regtig sterk, duursame papier wat vir eeue hou as dit in ‘n boek gebind is.

  14. Ek-Myself het gesê op Mei 2, 2012

    Dit is net TE hartseer om diere so dood te maak, en sommer net so te los nie, ek het met jag groot geword maar om net te moor en te mors vir eie gewin, NEE wat!
    Hiehie, n bietjie lusern moet bykoop??? bietjie BAIE moet bykoop!!!

  15. loudavisi het gesê op Mei 2, 2012

    Ja, ja, Henry!
    Dit was net ‘n grappie.
    ; )

  16. HeavyHenry het gesê op Mei 2, 2012

    Wee are Seriaas peeps here!

    🙂

  17. bloukaap het gesê op Mei 6, 2012

    naandseg innie laatnag
    het netnou al jou kommentare gelees
    soos jy weet het gert vlok nel genoem dis onnatuurlik om te lewe
    maar lewendood issie ‘n opsie nie
    mog die dag kom dat ons ka sit en ‘n glasie skink, stikkie brood breek, en dan sit en lag oor die dag van more
    groete
    ns
    ja jy is reg, die ingelse issie mee die selle volk nie, net kaaaaker as ooit

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.