n Kort oorsig van die man se beheptheid met die vorm en grootte van sy tossie.
Mei 26, 2012 in Sonder kategorie
Nee, dis nie net verveelde kunstenaars en staaspresidente wat fyngevoelig is oor hu tossies nie. Alle mans is so. Ek was op skool in n koshuis toe n seun eendag vir ons ander se, ” Het julle gesien, ou Mampoer het n trul soos n donkie”. Ons het nie, maar binne n week het ons almal ou Mampoer se tos gesien. Dit was baie groter as ons tossies en ons het hom admireer daarvoor. Toe hy agterkom ons admireer hom, het hy sy tos amper op versoek ten toon gestel. ons was amper jaloers, sou ek se.
In die weermag waar ons in almal onder n pyp met gaatjies in moes stort het ek vir die eerste keer n besnyde tossie gesien. Ja, soos in die Bybel, die outjie was n Jood en die ding het aardig en klein gelyk. Ons het die outjie jammer gekry. Toe my derde seun so 15 jaar oud was, het die oudste eendag voor hulle almal gese, ” Jy dink omdat jy n moerse groot tos het, jy kan maak wat jy wil.” Ek en my vrou het byna van dag een af gesien die kerel is regtig goed bedeeld en dit maar stil gehou.
Nee, onder mans word n ou met n goed bedeelde tos gesien as n meer manlike en miskien meer gesogte snaar onder die vroumense. So het ons gedink. Toe kom ek op universiteit, ook in n koshuis en daar is n snaar met n monster van n tossie. Hy is vandag getroud met drie kinders en glo dit as julle wil, sy vroutjie is baie, baie kleiner en fyner as hy. Die arme ou was naderhand so skaam op koshuis dat hy meer gebad as gestort het, want die storte was net n stuk plastiek wat ons dikwels weggeruk het om weer daai monster te aanskou. Ons moes dit twee- twee doen, as jy alleen was het die ou jou gedonder.
In my familie is tweeling seuns, hulle is maar ses jaar oud. Die een prul nou die dag sy lippie so om my te wys dat hy bitter ongelukkig is. Ek vra wat is fout, hy se sy boetie se tossie is groter as syne. Hy sien dit as hulle bad. Ek se toe maar vir hom hy moet meer biltong eet, dit sal help.
Dan is daar die eienaardiges, op skool, in die army en in die koshuis op universiteit het almal in die koshuis hulle geken. Die ouens met n skewe tossie. Soos n piesang krul dit “sideways” , boontoe of ondertoe. Die een ou het vir n operasie gegaan, seker om hom reguit te maak. Dit is die ouens wat nooit met die groep seuns kaalgat sal swem in die rivier nie, of in sy onderbroek stort of wag tot almal uit n kamer is voor hy aantrek.
Daar was van hulle met verskriklike klein goedjies en met hulle het ons altyd simpatie mee gehad, nooit met hulle gespot nie. Dis die ergste wat jy met n jong man kon doen, was om hom in die openbaar te spot oor sy klein tossie. Dis n ongeskrewe reel onder mans, jy kan eerder spot met n ou wie se tos te groot is.
Dan was daar die rasieleier wat tydens n sangoefening op universiteit sy army jas op die verhoog oopgeruk het met al die seuns en meisies voor hom in die stampvol saal. Daar staan hy met n nagemaakte tossie groter as Zuma sin. Die gemengde gehoor het dit so geniet, hy moes op die maat van musiek n hele paar keer “flash” voordat hulle genoeg gehad het.
Onlangse kommentare