n Man moet soms op n “walkabout” gaan.
Maart 5, 2012 in Sonder kategorie
Net wegraak en loop, sommer net die wereld in om daar eenkant en alleen jou kop te gaan skoonmaak. Ek wil nie in n meenthuis gaan bly nie. Daar waar ek nie eers in die tuin kan piepie nie en ek my buurman aldag kan hoor snork en hoes. Geen hond mag aanhou nie en waar daar geen vrugteboom met lastige muisvoels is nie. Dis veiliger, se almal, kyk laasweek
het n bende van ses mans met pangas n huis hier naby beroof en die eienaars erg beseer.
Die kinders en die vrou het nog praat, toe loop ek al. Ook net tot by my ou kar en vandaar na my watergat waar ek
op n hogere stoeltjie sit en n “Milkstout” vir my bestel. Om my sit n klomp Afrikaners, oud en jonk, almal praat
maar hoe om meer geld te maak en hoe om hul huise en winkels meer veiliger te maak. En oor Malema en Pieter Mulder
en ander korrupte siele in ons plaaslike regering wat links en regs geld steel en niks oorkom nie.
n Man ouer as ek kom in, hy kom sit langs my, want ek ken hom, hy het n groot besigheid gehad wat hy al vyf jaar gelede
verkoop het. Sy huis toe ook verkoop en n spoggerige meenthuis gekoop. ” Lock up and go” het die agent destyds vir hom
gese. En baie, baie veilig. Toe koop hy en sy vrou n Combi-Camper en ry die hele land plat, vir byna twee jaar. Na n jaar in die lockup and go het hy genoeg gehad. Hy en sy vrou baklei so dat hulle wil skei. Hy gaan koop weer n huis, twee groot
honde vir buite en n Jack Russel vir binne, ook kameras, strale, duiwelsvurkomheining met elektriese drade bo-op. Sy kinders wil die horries kry, maar die kleinkinders geniet die swembad en die tuin en die honde. Soms slaan hy n tent op, dan slaap hy en die seunskinders buite, met die honde en die dubbelloop. Soms hou van die kleinkinders hul verjaardig partytjies daar.
Dan huur hy sommer n “waterslide” vir hulle.
Ons suig aan ons doppe en hy se: Kom ek om, my vriend, so kom ek dan om.
Ek wou bitter graag nog n dop gemaak het, maar skielik is ek te haastig, ek wil by die huis kom, netnou verkoop
hulle die huis sonder my.
Ek wil in vandag se koerant gaan kyk vir n Jack Russel, en more wil ek nog n boks bokhael patrone gaan koop vir
my ou dubbelloop.
Kom ons om, so kom ons dan om.
loudavisi het gesê op Maart 5, 2012
Bly maar tot jy omkom..
Tyd sal leer, Ou Top.
Neander het gesê op Maart 5, 2012
‘n Man moet genoeg patrone hê, mens weet nooit.
rosiemetdorings het gesê op Maart 5, 2012
…voel ek ook.
Glo ook aan die binne brakkie
erikavz het gesê op Maart 5, 2012
Dis maar moeilik vir julle – ons het ook so ‘n paar honde buite gehad en 2 kleintjies in die huis. Hulle was net lief om die groot honde te vergiftig, toe kry ons ‘n beneukte vark. Sy was die beste waghond waarvoor jy kon hoop.
Perdebytjie het gesê op Maart 5, 2012
Oulik geskryf!Woewiehonde is darem so ‘n deel van mens se lewe..aaklig dat daar ‘n tyd kom waar dit die einde van jou pad saam met die viervoete is!Ek mis my Jack Russel!
francoiswilliams het gesê op Maart 5, 2012
Skoert…jy kan keis kies ussen OZ of NZ…moenie ons in SA se suurstof steel nie…fokkof!
francoiswilliams het gesê op Maart 5, 2012
hoekom, jou breintjie is so fokkien klein jy gaan meer as een skoot benodig om hom raak te skiet of…
francoiswilliams het gesê op Maart 5, 2012
Julle kan darem kak gesels…my hele familie woon in SA, nie een het vuurwapens nie, en nei een het al ooit misdaad beleef nie..w.at is fout met julle?
Ou-Top het gesê op Maart 5, 2012
Howsit Fran-China, nee ek loop nie, ek bly hier. Maar jy het mos geloop, wonder hoekom?
En jy moet nou ophou om Chinas hiernatoe te stuur, ons swart speurders het vier Chinese gevang wat al die skilpaaie en ouvolk op en langs die pad tussen Beaufort Wes en Meiringspoort, vang en vreet.
O ja, voor jy nou weer rassisties raak,
Ouvolk is nie bruin plaaswerkers van daai omgewing nie, dis n soort skurwe koggelmander.
HeavyHenry het gesê op Maart 6, 2012
Jip!
Stem saam!
Papegaaislaai het gesê op Maart 9, 2012
Daar bestaan nie iets soos ‘n veiligheidskompleks nie. Dis net ‘n kompleks. Punt.
bloukaap het gesê op Maart 11, 2012
Outop, ek dwaal hier in Skotland rond. Die riviere is donker teen die grys lug. Maar die vuurwater is nogal glad nie sleg nie. Seker die hoekom niemand hier huil as hulle ‘n rugby game verloor nie