Die rebelsheid van n ou man.
Februarie 25, 2012 in Sonder kategorie
Kyk ek in die spieel na die lelike ou man wat met sy siniese mond en treurige oe na my staar. Wonder
ek in my binneste wat dan van my oulike ek geword het. Ek was dan hierdie aantreklike, onnutsige plaasseun
wat die lewe so opgeruimd en vol groot verwagtinge aangepak het. Ek is net heeltemaal weg, verdwyn.
Al wat oorgebly het is hierdie geplooide ou suurgat in die stuk glas voor my.
n Man kry seker maar hierdie soort van dae, soms veroorsaak die lewe laat jy so voel.
Bennie is effens gestremd in sy kop, hy werk in mense se tuine vir R100 per dag. Hy is 45 jaar oud en
is maar soos n kind. Bly agter in die bediendekamer van n familielid met sy parafien stofie, army ysterkatel, draadstoel
en selfgemaakte tafel. Sy hangkas is maar net drie planke, n lapgordyn en n paar draad hangers. Hy het n blou wasskottel
en daarin le n koekie groen sunlight seep vir sy wasgoed en n rooi koekie lifeboy seep vir sy lyf.
Bennie werk een dag per week vir my vriend en soms is ek daar en gesels met die outjie. Hy werk dat die sweet loop en
trek soms sy T hemp uit as hy te warm kry. Ek merk n helse groeisel soos n vrat of n moesie op sy rug. hy vertel ons dat die
ding die afgelope ses maande so begin groei het. My vriend en ek bekyk die ding en ons is bekommerd. Hy is n
staatspasient en ons vra hy moet laat kyk na die ding. Na n maand was hy nog nie daar nie, hy se hy wag in rye en dan maak hulle
drie uur toe. Ons gee geld dat hy na n privaat dokter gaan. Hy kom terug en die moesie is weg. Glo af of uitgesny.
Na drie maande begin die plek swel. Hy is terug dokter toe, dis kanker, nog n paar maande en Bennie is dood.
Ons reel sy begrafnis saam met sy familie. Daar is net 8 mense op die begrafnis. Een daarvan is n horingoue tannie,
Bennie se oorlede ma se suster.
Sy vertel ons: Sy Ma was drie maande swanger met Bennie toe sy vyfjarige boetie en sy Pa deur n koeldranklorrie
in Kerkstraat op hul fiets doodgery is. Bennie is te vroeg gebore of iets, hy was van die begin af nie lekker nie. Maar ek
weet; n man laat nooit aan n moesie op sy rug sny nie, en n vrou nie aan n moesie onder haar knieg nie. Het dit al hoebveel
keer gesien in my lewe.
Nou staar ek maar vanoggend na die lelike en afgeleefde ou man in die spieel, en ek se vir hom .
” Jy en ou Gert moes maar net jul bekke gehou het, julle het hom dalk na sy dood gestuur.”
Ja en hier sit ons, uitgesonder en gespaar.
Sien jou later, flukse en laggende ou Bennie.
Onlangse kommentare