by

Die ou tannie met die groen rokkie.

Desember 31, 2011 in Sonder kategorie

Vroegoggend is ek by die Pic&Pay, dit gaan besig wees, ek wil gou n laaste dingetjie gaan koop vir die

nuwejaarsbraai by my huis. Ek is gou klaar en soek die till wat net vir handmandjies is, selfs hy is al lank.

Geduldig wag ek met die pakkie in my hand. Drie mense voor my is die ou tannie met die groen rok, sy het so vyf

items en met die betaalslag het sy te min. Mense moan agter haar, van daai soort wat na die dak kyk en dan

hardop se: ” Vir wat kom koop sy as sy nie geld het nie.”

Ek sien haar benoude oog as sy sy na die klaende mense kyk, sy moet besluit watter item sy gaan los. Ek druk

verby n vrou, as ek by n man verbydruk, druk hy sy arm uit: Wag ou toppie, jy kan nie voor kom indruk nie.

Ek gooi die geld vir die swart vrou wat die till beman, sy wys met haar duim vir my, ek wys terug, die ou tannie koop

haar pakkies. Sy wag op die bankie in die gang vir my.

”  Ek wil net vir Meneer baie dankie se, my kop vat nie lekker vanmore nie, my een kind en twee kleintjies het

onverwags kom kuier. As kind was hy mal oor padda-ogies poeding en custard. Toe koop ek suiker ook, dit raak min in die

huis. Baie dankie Meneer.”

Ek het n tweehonderd rand noot gegooi, daar is heelwat kleingeld wat sy vir my wil teruggee. Ek beduie vir haar sy kan dit

hou. Haar oe blink. Ek gee haar n lift, sy woon agter in iemand se erf, sy het baie ver gestap. Twee klein dogtertjies kom aangehardloop,

poniestertjies wat wip in die son. Opgewonde, vol geloof in Ouma, volle vertoue in Ouma, blydskap, vreugde.

My vrou maak n spesiale wortelslaai, die fyn gerasperde wortels word op n dik pynappelskyf geskep met n bloedrooi

suikerkersievrug bo-op. Ek gee die kersies vir die twee kinders. Ek kan sonder kersies gaan.

Toe kom lees ek weer ou Pruimtwak se gedig vir vandag en ek sit hier en dink.

Die geloof van n ou vrou en twee klein dogtertjies. Jesus wat vir die menigte preek: Dit wat julle aan die geringstes

van my mense op aarde gedoen het, die het julle ook aan my gedoen.

Voorspoed in die nuwe jaar vir julle almal.

13 antwoorde op Die ou tannie met die groen rokkie.

  1. louisna het gesê op Desember 31, 2011

    Mooi. Jy het ‘n sielvolle en goeie daad verrig. Well done.

  2. Adage het gesê op Desember 31, 2011

    Dis die tipe van ding wat die wêreld ‘n beter plek maak.

    Voorspoedige 2012

  3. Mooi so Ou Top!

    Jou bydrae aan daardie Ouma, was meer werd as ‘n groot geskenk!

  4. Wens ek kan nog duisende ***** vir jou gee vir hierdie goeie daad!
    Jy het ‘n rein siel, Ou Top.

    Voorspoed

  5. Bloggers hoe voel julle oor daai vinnige FB simbole
    hier op die blogs. Waarom vra ek ?
    Ou Top se blog. Teen die tyd dat ek lees, het Lou
    alreeds meesterlik gese^ wat moet gese^ word.
    Ek sou in so n geval graag net daardie thumbsup FB
    teken wou gebruik. I like. Te maklik ?

  6. Nice!

    Jy sal dit baie keer terugkry, jy sal sien!

  7. Ou-Top het gesê op Desember 31, 2011

    Ek wil darem net vir almal hier noem, ek is glad nie so n hoog heilige as wat ek soms uitmaak nie; ek het in my lewe en nou nog al baie sondes gepleeg, sommige nogal grotes, waaroor ek skaam kry. Maar ek buig dikwels en ek smeek om genade, en ek bid vir daardie wat op die geringstes trap en spuug.

  8. pasella het gesê op Desember 31, 2011

    The right thing to do.

  9. frandr het gesê op Desember 31, 2011

    Dis so mooi, Ou Top – jy het vandag baie mense diep laat dink.

  10. TS het gesê op Desember 31, 2011

    Ai hier sit ek nou en grens – Jy is ‘n gawe man

    Baie mooi jaar Ou Top

  11. avega het gesê op Januarie 1, 2012

    Salomo sê as jy vir ‘n arme gee maak jy ‘n lening aan die Here en Hy sal dit vir jou teruggee.

  12. bloukaap het gesê op Januarie 4, 2012

    Outop, jy weet hoe om hartsnare te roer. Soms is daar net dinge wat geen woorde kan beeld nie. En jy weet, dit is juis ons groot sondaars wat soms iets kan ‘terug-gee’. Ons ‘gee’ van vandag is immers opreg omdat ons die donker ‘lig’ van ons sondes van gister saamdra. Al is daai sondes lank reeds vergewe, spoor die vergiffenis steeds goeie dade aan. Dankie vir hierdie skrywe van jou. Dit laat almal besef dat die vermoë om te kan gee, het niks met die vermoë van ‘n beursie (of die onvermoë daarvan) te doene nie.

  13. rus jy ‘n bietjie?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.