by

Kru Afrikaner humor is soms n geldmaakmasjien.

Desember 28, 2011 in Sonder kategorie

By n groot padstal net buite n dorp hou ek stil. Daar is verskeie stalletjies en heelwat toeriste van Suid-Afrika en oorsee.

Mense, veral buitlanders drom saam op n kol weg van die stalletjies. Wat daar gebeur het is n teken van die tye in

hierdie land.

n Jong boer  is besig om n kleurling bedelaar se siel uit te trek. Dit gaan so daar:

Boertjie: Ek sweer man, ek is n tandards en ek weet wat is die waarde van daai goud in jou bek, dis ou goud, nie

vandag se made in China s goud nie. Daai tand is baie geld werd.

Bedelaar: Nei man, jy los my se goue tand uit, dis al wamie ek nog n vleisie kan skeur.

Net soos ek, merk hulle toe ook op dat die omstanders wat die meeste belangstel, buitelanders is, en hulle slaan soos n span

oor na Engels. Die bedelaar het een goue oogtand wat blink in die son, verder is daar maar n skaarste aan tande.

Boertjie: Yes, that is proper gold my friend, worth a full  R800.  Look, I have my fishing plyers with me.”

               I will pay you R1000 cash for that gold. What do you say. I can take it out right now.

Bedelaar: Nei man,…… miskien vir one fivehundred,ja.

Boertjie: Deal, shake hands. Kneel down and open your mouth.

Van die toeskouers begin moan, toe Boertjie n langbek vistangetjie uit sy sak haal, spring n ou engelse

tante tussen hulle in.

Engelse vrou: You can’t do that here. This man is poor, he is a beggar, how can you steal his golden tooth.?

Nog mense protesteer.

Bedelaar: I am hungry and poor. Dis my blerrie tand, ek kan maak met hom wat ek wil.

Hy kniel met sy mond oop, die boertjie vang hom sommer so met die een kakebeen van die tang oor n stuk lip en hy druk so

bietjie. Die bedelaar skree van die pyn.

n Ou Hollandse omie kom nader, daar staan nou al so tien mense rondom hulle. Hy wil die boertjie betaal om die transaksie te los. Die boertjie weier en se so doen mens besigheid in Afrika, hy wil goud koop en die ander ou wil goud verkoop.

Bedelaar: Wys my eers die geld.

Boertjie flash n bondel note. Die bedelaar maak sy mond nou wyd oop. Die boertjie knyp weer n stukkie lip vas en die

verkoper gil nou luidkeels van die pyn.

n Ou engelsman en sy vrou staan nader, hulle bied die bedelaar n aardige bedrag aan om nie sy goue tand te verkoop

nie. Hy vat die geld en kry vinnig koers. Die boertjie redeneer nog met die engelsman. Die engelsman vertel hom dis hoekom

daar so baie plaasmoorde is en dis hoekom die land nooit sal regkom nie. Toe verdwyn die boertjie ook.

Ek koop vrugte en groenmielies. Ons ry verder, by n vulstasie nie ver van daar hou ek stil om water af te slaan.

Die boertjie en die bedelaar is ook in die kleedkamer. Hulle lag en gesels.

Boertjie: Jy moenie sommer so gou ingee nie Duiker, jy het amper daai Hollander se geld gevat. Die Engelsman het

baie meer aangebied. Jy het amper uitgemis,man.

Bedelaar: Jirre meneer, nou is n man gewax vir Krismis. Lyk my hulle het jou donders slim gemaak by daai kollege.

Boertjie: Ja, en ons moet more alweer groenmielies aflewer vir ou Sonnyboy.

Ek staan by die krip en water afslaan, ek kyk stip voor my en toe se ek kliphard.

“Julle  se bliksems”.

Bedelaar: Hey, hoor hoe praat daai ou met sy eie knaters voorrie krip.

Toe raak ek aan die lag, nee ons gaan beslis oorleef  in hierdie land, ons ou reenboognasie gaan dit as n span nog maak

hier.

” By hook or by crook”.

19 antwoorde op Kru Afrikaner humor is soms n geldmaakmasjien.

  1. Lovely story!

  2. TS het gesê op Desember 28, 2011

    lekker lees die

  3. pbroere het gesê op Desember 28, 2011

    Ek kan dit nou picture

  4. *****

  5. avega het gesê op Desember 28, 2011

    Hoe meer dae hoe meer dinge. 🙂

  6. louisna het gesê op Desember 28, 2011

    Klink na materiaal vir ‘n Leon Schuster fliek

  7. Dagsê Outop. Dis nou ‘n goue storie. Mooi vertel. Ja, almal sal oorleef.

  8. hahahaha!
    Boer maak ‘n plan.

    Puik storie

  9. Wat ‘n lekker lees!

  10. Berwick het gesê op Desember 28, 2011

    Puik.

  11. Waar is jou evidence oor Melmourne nou?

  12. Baie geniet en lekker gelag.

  13. 🙂
    lekker storie

  14. Slim man, slim. Ek dag net dit gaan weer oor kru taal gaan. Dis mos al wat paty komediante glo ons Afrikaners aan die lag kry. As hulle maar weet hoe verafsku ek oordrewe vuil taal en gesigte trek. Ek glo humor moet slim wees en jy moet bietjie dink daaroor.
    Maar dan moet ek byse, dat selfs lesers hier, nie altyd slimmer humor vang nie.

  15. Bwhaahahaha!

  16. Slim … baie slim … Ek lag nou al drie keer as ek ek dit weer lees…

  17. pasella het gesê op Desember 31, 2011

    En eers kry ek die bedelaar jammer!

  18. goeie lag vir die dag!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.