Die ou tannie met die groen rokkie.
Desember 31, 2011 in Sonder kategorie
Vroegoggend is ek by die Pic&Pay, dit gaan besig wees, ek wil gou n laaste dingetjie gaan koop vir die
nuwejaarsbraai by my huis. Ek is gou klaar en soek die till wat net vir handmandjies is, selfs hy is al lank.
Geduldig wag ek met die pakkie in my hand. Drie mense voor my is die ou tannie met die groen rok, sy het so vyf
items en met die betaalslag het sy te min. Mense moan agter haar, van daai soort wat na die dak kyk en dan
hardop se: ” Vir wat kom koop sy as sy nie geld het nie.”
Ek sien haar benoude oog as sy sy na die klaende mense kyk, sy moet besluit watter item sy gaan los. Ek druk
verby n vrou, as ek by n man verbydruk, druk hy sy arm uit: Wag ou toppie, jy kan nie voor kom indruk nie.
Ek gooi die geld vir die swart vrou wat die till beman, sy wys met haar duim vir my, ek wys terug, die ou tannie koop
haar pakkies. Sy wag op die bankie in die gang vir my.
” Ek wil net vir Meneer baie dankie se, my kop vat nie lekker vanmore nie, my een kind en twee kleintjies het
onverwags kom kuier. As kind was hy mal oor padda-ogies poeding en custard. Toe koop ek suiker ook, dit raak min in die
huis. Baie dankie Meneer.”
Ek het n tweehonderd rand noot gegooi, daar is heelwat kleingeld wat sy vir my wil teruggee. Ek beduie vir haar sy kan dit
hou. Haar oe blink. Ek gee haar n lift, sy woon agter in iemand se erf, sy het baie ver gestap. Twee klein dogtertjies kom aangehardloop,
poniestertjies wat wip in die son. Opgewonde, vol geloof in Ouma, volle vertoue in Ouma, blydskap, vreugde.
My vrou maak n spesiale wortelslaai, die fyn gerasperde wortels word op n dik pynappelskyf geskep met n bloedrooi
suikerkersievrug bo-op. Ek gee die kersies vir die twee kinders. Ek kan sonder kersies gaan.
Toe kom lees ek weer ou Pruimtwak se gedig vir vandag en ek sit hier en dink.
Die geloof van n ou vrou en twee klein dogtertjies. Jesus wat vir die menigte preek: Dit wat julle aan die geringstes
van my mense op aarde gedoen het, die het julle ook aan my gedoen.
Voorspoed in die nuwe jaar vir julle almal.
Onlangse kommentare