by

Is ons besig om n nasie te word?

November 17, 2011 in Sonder kategorie

Wit Afrikaners en Swart mense doen een ding wat ander nasies nie maklik doen nie. Hulle gee mense byname.

Kyk maar om  jou rond, daar is ou Bees, Slang, Spook en Spikkels onder die Afrikaners en daar is Lucky Boy,

Sticks, Shorty, Blade en Beast, onder die Swart mense. Portugese, Engelse, Grieke , Duitsers en Jode in ons land gee

nie maklik n vriend of n kennis n bynaam nie.

As n Swart mens vir iemand Shorty noem , dan is hy kort, as n Afrikaner iemand Tiny noem, is dit gewoonlik n reus.

So ons het n soort van n wrang sin vir humor. Maar ons lag meer, terg meer en   hou beter partytjie as ander nasies.

Ons kan rof en woes raak op partytjies en ons drink baie meer as ander nasies, want ons is taai.Kyk maar

in jou omgewing waar staan elke aand die meeste karre; by die Pub en Grills, my maat. Kyk waar kom die meeste

in die lokasie saans bymekaar, in die taverns.

Swart mense lag ook baie en nogal  vir dieselfde snaakse situasies as Afrikaners, hulle hou van  boks as n

sport soos ons. Hulle het n ingebore talent om met diere te werk, net soos ons. Hulle sing graag saam, gaan kyk maar hoe

sing ons op kunsfeeste saam met ou Nicolas, Bok en Stevie.

Kyk na ons ministers by die parlement  hulle dra hoede soos Ooms, en sels dasse. Die tannies dra hoede en deftige rokke.

Swart mense neuk hulle stout kinders, nes ons;  die ander nasies glo nog aan Dr. Spock. Net soos ons hou hulle nie van al die

Oosterse mense wat nou al wat n winkeltjie opkoop en selfs spatsa shops in die lokasies begin nie.

Wanneer daar n serial killer rondloop, doop die Afrikaanse koerant hom sommer met n bynaam. Die snaakste

bynaam was hier in sewentigs toe n katoolse jong man met n stofjas aan in gange en om hoekies hier in

Bloemfontein homsels talle kere ontbloot het teenoor jong en mooi mesies. Binne n week was hy gedooop as Jan de Plukker. Daar loop vandag nog

dosyne mooi meisies rond, my vrou ingesluit, wat ou Jan so die skrik op die lyf gejaag het.

Die snaakste Swart bynaam vir my, is Sleptong. Ek dog dis Sotho, die fabriekseienaar se my toe nee, dis eintlik

Sleeptong,

maar sy werkers het een “e” weggevat. Die man hakkel glo kwaai. Hulle het hom self die naam gegee.

Nee, ek skep moed, lyk my ons kan kultureel ten minste later een nasie wat dieselfde

oor dinge voel, word. Dis net die musiek, genade tog, daar is ons nog wyd uitmekaar. Maar kyk, selfs roekelose

Malema hety n brandende begeerte in sy hart om op n plaas te gaan boer, nes ek. En daar word hy deur die

ou toppe kortgevat en geskors, nes ons sou doen.

Oor een ding is ek skaam, die Swart mense kyk na hul oumense, tot hulle dood toe. Al vee die ouma net daagliks die

grondstoepie voor die sinkhuisie; hulle hou haar in die huis. Ons doen dit nie meer nie. Ons raak ontslae van hulle.

En as jy te jonk is om my te glo, gaan vra enige bestuurder van enige ouetehuis hoeveel keer per jaar kom

haal blanke  kinders of kleinkinders hul voorsate vir n trippie na die dieretuin, of n koffie by die Wimpy.

6 antwoorde op Is ons besig om n nasie te word?

  1. TS het gesê op November 17, 2011

    Ja ons sien nie na ons ou mense om nie

  2. Die ‘n goeie opsomming van ooreenkomste en verskille, Ou Top!

    (Ek weet nie of ek by my kinders sal wil bly nie)
    🙂

  3. Ek gee ook byname. Meestal sal ek dit nie hier kan opsit nie … hehehe … Maar jy is reg …

  4. Ou-Top het gesê op November 17, 2011

    Ja, en dan is daar mos die byname wat nie aan die persoon bekend is nie, soos onderwysers wat die hoof, ou Parrabek noem, of die tikster wat haar baas ou Knyptang noem,dis groot geheime daai.

  5. die Ingelse het manier om name te verklein, hoe William Billy word weet ek egter nie so mooi nie

  6. Ou-Top het gesê op November 17, 2011

    Ek stem ssam, my Ingelse vrou noem n vriendin se kleinkind, Pieter-kie-kie. Die res van ons noem hom Piet-Pote. Hy dra amper dieselfde nommer skoen as ek, en hy is nege.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.