by

Ek is n sondige ondankbare mens.

November 15, 2011 in Sonder kategorie

Ek kan maklik murmureer soos die Israeliete toe Moses hulle vir 40 jaar lank deur die woestyn moes lei

na die land van melk en heuning. Ag na die derde dag het hulle ou Moses gekatasa oor te min kos en

te min water. Toe gee die Here vir hulle elke oggend brood uit die Hemel, genoeg om van dik te eet.Toe

moan hulle weer oor die lekker vleis van Egipte en die Here stuur vir hulle kwartels by die tonne. En Moses tik net teen

n rots en vars fonteinwater stroom uit.

Ek kla oor vliegtuigkaartjies om na n troue in Joburg te gaan en daarna na Laatlam se gradeplegtigheid in die Kaap.

Daar gaan al my Krismisgeld. Ek murmureer. Selfs half ongeskik met Laatlam. Toe bel sy, daar is n special op

Mango, jy moet binne vyf minute koop. Dit kos net n derde van die aanvanklike bedrag. Ons doen dit en ek staan

hier buite onder die boom en koffie drink.

Ek bid dat die blinde hond eintlik skeefkop na my luister, ” Here straf my maar, want ek sal nooit n volkome dankbare

mens wees nie.  Ek is sleg . Help my tog om beter te word.”

En ek dink aan die Israeliete wat op die eerste oggend in die land Kanaan vroegoggend uit hul tente gestorm

het om die manna op te tel; en daar is niks. Toe storm hulle weer op arme Moses af om te murmureer en die Here laat weet.

Julle is nou in die land van melk en heuning, maak julle eie kos.

Ek wil nooit meer murmureer nie.

5 antwoorde op Ek is n sondige ondankbare mens.

  1. TS het gesê op November 15, 2011

    Sug… daar is wêrelde tussen wil en sal!

  2. “Ek wil nooit meer murmureer nie.”- Jammer om jou bubble te bars, maar nou vertek jy nog leuens ook.

  3. Ou-Top het gesê op November 15, 2011

    Dis hoekom ek hartseer is, want ek weet ek lieg. Ek sal weer klae vorentoe.

  4. dit was en sal altyd deel-wees van menswees

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.