by

Die mensdom soek na antwoorde.

November 12, 2011 in Sonder kategorie

Waar jy kom vra mense deesdae dieselfde onrustige vrae. Waar kom die skepping, die aarde en die heelal, vandaan;

wat maak ek hier, of wat moet ek hier doen; en hoekom moet ek eendag doodgaan.

Ons vergader na n goeie kennis se begrafnis en omdat ons mekaar jare al ken en  ons so wydverspreid  woon, sien

ons mekaar net op troues en begrafnisse. Die pad terug huis toe is lank en die potholes baie. Ons praat dus  kort en

reguit met mekaar.

Daar is n ouerige boer, ek dink dis omdat hy baie vars lug en stilte kry, want sy antwoord wil ek graag onthou.

Boer: 

In Genesis staan daar in die Engelse Bybel, “God created the universe and earth.”

“Create” beteken mos, skep, jy Hy tree skeppend op.  God “create” dus dinge uit niks uit nie. Die mens kan dit nie doen nie,

die mens is net n “manufacturer”, hy vervaardig net dinge met die goed wat God geskep het. Die wetenskap

ontstaan uit die ondersoek en ontleding van God se goed. Hulle kan niks doen sonder die skeppinge van God nie.

En alles werk soos n horlosie, daar is swaartekrag, die wiskunde, en duisende ander wat hulle uit die ontleding van God se skeppinge kry.  Gaan pluk maar die eerste lenteblommetjie en kyk of daar op sy stammetjie staan “Made in China” Dit moet ons eers aanvaar, dat alles van God kom.

Dan maak Hy die mens, uit materiaal van sy skepping. Ja, ons is gemaak, nie geskep nie, ons is nie uit niks geskep

nie. Eva  is selfs uit Adam se ribbeen gemaak. Dit moet ons ook eers aanvaar, dat ons deur God gemaak is.

Wat moet ons dan hier doen? Dit wat Adam en Eva nie kon doen nie, hulle moes net God se eenvoudige wet nakom; moet

nie van die vrug van die boom in die middel van Sy tuin eet nie. Pas net Sy tuin op. Hulle kon nie. Toe  stuur God sy

seun Jesus om vir ons te kom wys hoe om te leef. En sy boodsak is eenvoudig: Jy moet vir God lief wees met jou hele hart en siel, en jy

moet jou naaste lief he soos jouself. Doen jy dit sal jy eendag ook soos Jesus opvaar na die Hemel vir n ewige lewe.

Maar soos Jesus, sal jy as mens eers op aarde sterf, doodgaan, stof word. Maar jou siel sal opgewek word en opvaar na die Hemel.

So op ons ouderdom moet ons nie meer huil op n begrafnis nie, help die wat droewig is, en prys God vir die een wat

gaan opvaar na  Hom , daar waar hy vandaan kom.

7 antwoorde op Die mensdom soek na antwoorde.

  1. louisna het gesê op November 12, 2011

    Ja Top, daai dag as die raaisel in die spieel opgelos is dink ek sal beter wees as vandag

  2. benmica het gesê op November 12, 2011

    (AOV) Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het, soos dit vandag is.

    (Bishops) But remember the Lorde thy God, for it is he whiche geueth thee power to get substaunce, for to make good the promise whiche he sware vnto thy fathers, as appeareth this day.

    (ESV) You shall remember the LORD your God, for it is he who gives you power to get wealth, that he may confirm his covenant that he swore to your fathers, as it is this day.

    (JPS) But thou shalt remember the LORD thy God, for it is He that giveth thee power to get wealth, that He may establish His covenant which He swore unto thy fathers, as it is this day.

    (KJV) But thou shalt remember the LORD thy God: for it is he that giveth thee power to get wealth, that he may establish his covenant which he sware unto thy fathers, as it is this day.

  3. Ek glo dit alles met my hele hart!

  4. goeie uiteensetting

  5. Soos ek ouer word dink ek al hoe meer aan die dinge. Sonder geloof sou ek erg gebokker gewees het.

  6. Dis die maklike pad, die.

  7. soms dink ek dat met die ‘ouderdom’ saam is dit juis ‘n goeie tyd om minder te ‘wil’ weet …

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.