by

Soms voel ek soos n sadis.

November 10, 2011 in Sonder kategorie

Op n perdeskou wat sommer n modeskou ook is, ry n meisie met n pragtige rok. Die perd skrik skielik vir die lang rok wat hier aan sy lieste kielie en daar trek sy. Ons hardloop om te help, maar ek lag en hardloop.

In n besige straat stamp n ou sy motor se deur oop en n fietsryer slaan daai deur. Hy is bollemakiese bo-oor maar nie die fiets nie. Die man in die kar soek bewerig sy selfoon en beursie, hy dink hy is gekaap. Ek hardloop en lag al weer.

By die hospitaal se apteek sit ons in n ry en wag dat hulle jou naam roep om na die glastoonbank te gaan om

jou pille te kry. n Tante met n baie stewige paar boude gaan nader, sy vat die sakkie pille en laat val toe

haar kierie. Die dogter, net so stewig gebou , wil afbuk om dit op te tel. ” Los, ek kan dit self doen”, grom sy

vir die dogter, Sy buk nogal soepel af maar met die opkomslag los sy n allemintige wind. Ek kyk weg, want as ek in haar

oe gaan kyk en sy sien ek lag agter my hande, gaan sy my kom donder. Maar ander mense daar ly blykbaar ook aan hierdie

sadistiese neigings van my.  n Baie maer vroutjie met n duidelike Kaapse aksent, giggel kliphard en toe se sy nog

luidkeels vir haar familie.

” Kyk hoe poep so perdegat hier reg voor ons!”

As sy nie so rats was nie, dan het sy n paar kieriehoue op die kop gekry.

Selfs my blinde hond Smooky, het deurgeloop. Hy het nou agtergekom die ouer hond is swak met rumatiek

en is op sy laaste dae. Ek vat die ou hond uit om bietjie buite in die son te le. Smooky wag net laat ek my rug draai toe bestorm hy die arme ou hond en byt hom verskriklik. Ek storm nader en slaan hom met die plathand op sy kop. Hy skrik

so groot dat hy sy gewone super rigtingmeganisme heeltemaal verloor en hy gee verkeerde kant toe pad, binne in die swembad. Ek het nooit geweet n hond kan so groot skrik vir koue water nie, hy het soos n skreeuende vuurpyl opgestyg en

byna bo in die akkerboom beland. My vrou, my een seun, die bediende en die tuinwerker is troetellend al om die bewende

Smooky.

Ek en die ou hond staan daar langs die swembad en lag, sy stert swaai eintlik.

Nou se my vrou se ek het berading dringend nodig, want ek is n aardse sadis.

8 antwoorde op Soms voel ek soos n sadis.

  1. Ons almal het dit in ons, dis soms nodig om te oorleef.

  2. Hoe gaan die gesegde nou weer; simple things amuse simple minds…

  3. abrham het gesê op November 10, 2011

    ou top, jou vrou lieg – jy is ‘n man wat jou gat afvee aan die verlede en die hede vir ons opdis soos hy is – poepe en all!

  4. Ou Top, jy skryf lekker!

  5. lag is ‘n reaksie wat ek nie kan keer as ek skrik

  6. Small things amuses small minds, that’s why scientists play with atoms.

  7. jip, as ek weer in die ZAR land, dan moet ons twee maar ‘n dop êrens sit en suie. met of sonder poepe!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.