by

Van te veel vleis eet kry ek toe n nagmerrie.

November 8, 2011 in Sonder kategorie

My broer word sestig en gee n spitbraai  onder die peperboom op sy plot. Die pad is sleg soontoe, en dis

ewe skielik n koue winderige aand. Te min mense kom vir die 30 kilgram Dorperskaap op die spit. Omdat skaapvleis

so duur is en ek dit byna nooit meer kan bekostig nie, het ek soveel na die smaak daarvan verlang dat

ek myself heeltemaal ooreet.

Twee uur die nag kry ek n nagmerrie, ek droom ek sit op n skuins, platterige rots teen n dam water in die koelte

van n groot boom. Die klip is nog warm van die son wat vroeer daarop geskyn het. Ek voel eensaam en

verslae, ek weet nie wat ek daar maak nie en ek is heeltemaal sonder klere. Ek kyk in skaamte rond of

ek nie iemand sien nie, maar daar is geen siel nie, daar is n doodse stilte om my.

Toe hoor ek iets in die bos agter my en hier kom nog n man sonder n draad klere versigtig en bang aan

gestap. Hy is geel van kleur en weens die vorm van sy lyf en gesig herken ek hom dadelik as n Chinees.

Hy kom sit onbeskaamd op die klip langs my. Hy groet in Engels en ek vra hom waar hy vandaan kom, hy

antwoord vlot in Engels, ” From that side, been walking for three days, there are no people. Nothing”

Ons hoor n geritsel en hier kom n poedelnake swart man aangeskuifel, hy lyk vreesbevange en uitgeput. Hy

kom sit met n sug en vertel in Engels dat hy van die berg se kant af kom, loop al drie dae, het nog niemand gesien

nie, net ons hier op die rots. Ek reken hy is n Zoeloe, fris gebou en sterk gesig.

Nog n man kom in die paadjie agter die boomstam uit. Ek herken hom aan sy kleur en neus, dis verseker n

Arabier, sy bruin oe flikker oor ons. Hy praat ook Engels, ” Walking up en down for three days, nobody, there is

nobody around.”  Hy is sonder klere soos ons.

Ek wou vra wat aangaan, toe kom n klein verrimpelde mannetjie agter die boomstomp uit, ek herken hom dadelik

as n Koi-San. Hy se in Afrikaans, hy is van Botswana, was laas besig om n waterpyp te herstel in die Kallahari

Gemsbokpark, hy weet nie wat maak hy hier nie, hy is ook sonder sy stertriem.

Ons klompie sit daar en wonder, ek kan niks onthou nie, ek weet nie wat gebeur het nie, ek weet net ons

is hier en daar is niemand anders nie.

Die Chinees glimlag, ” Five is n good team. Five is very good,” se hy.

Die Arabier steek sy arm so klank uit met die palm na onder,” There, on the top of the first hill  is a flat spot, we

can see far from  there, we must build a house there.” se hy.

Die swart man skud sy kop instemmend,” Yes, n nice house, but we will need wives, we have to look for

wives. The water is far from the house.”

Die Koi-San kyk stip na die watergat, dis helderskoon water. ” Ons moet die water kan sien, ons moet kan sien

wie kom drink water. Maar daar is niemand, ek het wyd gestap, daar is niemand. Maar miskien…..”

Ek sien n kringetjie op die dam vorm, iets het geloer of asem geskep, miskien n vis of n waterskilpad.

Hoe maak mens n hoek en n stuk lyn as daar niks is nie, en waar is alles dan heen, wonder ek.

” I saw tracks in the mud on the other side”, verduidelik ek,” I have been here for two days, maybe they come

at night, maybe they are scared of us,  I dont know, but I will show you the tracks. There is something in 

the bush.”

Toe pluk my vrou my wakker, ” Draai op jou sy, jy kry nagmerries as jy so op jou rug le en slaap, jy skreeu

mens wakker, man. Wat gaan aan met jou.?”

So op my sykant rook ek drie sigarette agtermekaar, ek le en wonder of die eindtyd naby is, en waarom sal ek

dit nou gaan staan en oorleef, ek wil nie.

Of wag, miskien kan ek en die Koi-San, een aand stilletjies wegraak, ons kan n nuwe lewe begin, en as daar n vrou op

die vlaktes rondloop sal die Koi-San haar spoor kan vat. Nee, hel, ek en die Kois-San verstaan mekaar, ons kan

n nuwe ” clan ” iewers begin.

En ek reken net ons twee weet hoe om vuur te maak.

Ja, as ek eers wakker is, is ek maar weer n bliksem

4 antwoorde op Van te veel vleis eet kry ek toe n nagmerrie.

  1. Jy kan dalk ‘n nuwe clan begin, MAAR wees gewaarsku – moenie op jou rug gaan lê nie!
    Jy gaan nog ‘n vrou die hel in maak….

    😀

  2. abrham het gesê op November 8, 2011

    my oupa sê van te veel vleis vreet kom drome. ou top, jou league of nations is almal kaalgat – laat daai koisan spoor vat, netnoumaar loop julle die ander klomp raak! dan speel julle ring a ring a rosies in die sand. en as jy op jou rug lê …

  3. Ou-Top het gesê op November 8, 2011

    Relax manne en vroue, die gory details het ek nie geskrywe nie, ons was almal half verbrand en vol wonde, reken ek het te veel van die kinders se
    “End of Days” videos gekyk. Ons was n paniekbevange en verslae groepie mense.

  4. Ou-Top het gesê op November 8, 2011

    Seker dis die bruingebrande vet,gedink die putupap en sheba sou dit neutraliseer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.