by

Oor die jare verander mense, n skoolvriend het toe n ateis geword.

November 6, 2011 in Sonder kategorie

Op skool wou ons almal eendag miljoeners word, ek het nie, en my ou skoolvriend ook nie. 

Ek het hom veertig jaar laas gesien en hier sit ons nou by die waterfront vir n uur of twee

en gesels, hy probeer my oortuig dat ateiste al mense is wat die lewe wetenskaplik

en realisties in die gesig staar.

Hy kom met ateiste soos Hawkins en Dawkins, almal geniale slim mense met boeke agter hul name. Ons gesprek

loop so:

Ateis: As die opvaarding van Jesus platval, as wetenskaplik bewys word dat hy nie opgevaar het na

die Hemel toe nie, dan val die hele Christen geloof plat.

Ek: Dis waar, ons glo God het sy seun Jesus aarde toe gestuur as mens, dat hy hier vir ons vertel

het hoe om as Christene te leef, dat hy deur die Fariseers met die hulp van die Romeine gekruisig

is, begrawe is in n grot en dat hy daarna opgevaar het na die Hemel waar hy sit aan die regterhand

van God. Dat Hy die Heilge Gees vir ons as Helper gestuur het, tot hy eendag weer kom. Ja, dis wat ons glo.

Ateis: Maar hoe kan julle aan sulke “fairy tales” glo? Dawkins se dog duidelik dat die eerste getuienis van Jesus

se opvaarding, was Maria, nie die Ma nie,  die prostituut.  Later het Maria Magdalena en die dissipels daar aangekom . Is julle

bewyse en getuienis dan gebasseer op wat n prostituut gese het? Sy het tog eerste by die graf aangekom.

Ek: Sy was miskien voorheen n prostituut, maar Jesus het sewe bose geeste uit haar gedryf en sy was gered.

Ateis: Ja, maar sy en haar ou buddies kon die lyk verwyder het voor die ander daar was.

Ek: Jy sien my vriend, jy kom hier aan die einde van die verhaal en gebruik n stukkie getuienis. Kom

ons gaan na die begin van die Bybel. Jy se daar is geen Skepper wat alles gemaak het nie, jy se alles het

toevallig met n oerknal ontstaan. Soos n tornado wat oor n scrapyard trek en alles omhoog ruk en rondskommel,

toe alles was terugval staan daar n moderne Boeing 747. n Gelukskoot, glo julle. En let wel, ek se glo, want julle glo

aan iets, al is dit aan n gelukskoot of toeval. Een hengse geluksoot en alles werk, die aarde die son, die seisoene

die see, die riviere, die mensdom. Julle moet n helse geloof he in die geluksgodin of toevalligheids godin.

Ek sien hy word kwaad vir my.

Ateis: n Mens kan nie fisies opvaar na die Hemel nie, man. Dis onwetenskaplik, dis kinderagtig.

Ek: Jesus het daarna aan sy dissiples verskyn, en aan nog n groep van oor die vierhonderd. Tot aan

die Romeinse soldaat Saul, wie se werk dit was om Christene uit te roei. Hy het Paulus geword, n apostel

wat sy hele lewe lank die Christenwoord en geloof versprei het. Daar is geen gebrek aan getuienis nie.

Hy uiter nog n klomp dinge uit boeke en ek begin myself ook vervies.

Ek: As iemand in n hofsaak moet getuig, dan word sy getuienis getoets.As ons kyk na hoe die Romeinse

Keiser, Nero, die christine vervolg het, gekruisig, onthoof en sommige met teer gesmeer en in die aande

as fakkels gebruik het vir sy partytjies. Hoekom sal mense aanhou getuig as hulle so uitgeroei

word. Tot wat se voordeel is dit vir hulle? As die hele opstanding n komplot was, sou al die dissipels

 en christene dieselfde storie en n baie beter storie gebruik het.  Hulle sou nie dat n vorige prostituut eerste by

die graf van Jesus uitgekom het nie. Jy wys op al die verskille in die dissipels en mense se weergawes. hulle

verskil op klein puntjies waaroor jy n bohaai maak. Oor die groot feite, dat Jesus gekruisig was, dood was,

begrawe was en opgestaan het uit die dode en opgevaar het na die hemel, verskil niemand nie.

Jy maak Jesus se wonderwerke af as toorkuns, maar jy het geen beswaar dat jou geloof sommer n

vliegtuig kan toor uit skrootwerf rommel nie. Die ontstaan van die wereld het niks te doen met dobbel nie.

Jy kan nie vir my se as ek n stukkende eier se doppe twintig miljoen keer in die lug gooi, dit een keer

perfek sal val en n nuwe eierdop vorm nie.

Ek wou hom nog vertel van die ateis wat lank gelede aan sy onderlyf noodlottig gewond was, hoe hy van pyn

geroep het na God en Jesus. Hoe iemand bang en saggies vir hom gebid het en sy voorkop met water gelawe

het, tot hy gesterf het.

Mense se graag geloof is die vertoue en hoop op dit wat ons nie kan sien nie, maar ons moet nooit vergeet

dat daar duisende was wat Jesus gesien het vir byna drie jaar lank, saam met hom geloop, ge-eet en gesels het, sy

wonderwerke aanskou het.

Ek: Gaan vanaand en lees die boek van Jesajah in ons Bybel, sien hoe die ou profete die koms van Jesus

honderde jare vooruit voorspel het. Dat Jesus sou kom om die mense terug te bring na God toe. Dat  Hy dit in die nuwe Testament vir ons maklik

maak, ons sondes is deur Jesus se bloed aan die kruis vergewe, kom net sy gebooie na en glo in Jesus die Seun, God sy

Vader en aan die werking van die Heilige Gees hier op aarde. Moet oor niks verder bekommer nie, Hy wat alles gemaak

het, sal vir sy gelowiges op aarde. En net soos Jesus sal jy as gelowige by sy wederkoms, opstaan en opvaar na die Hemel.

Al verstaan ons dit nie alles vandag nie, want ons is maar net klein dom mensies wat dink ons weet baie.

Ja, en gaan lees gerus op oor die Romeinse geskiedenis van daardie tyd, daar was n wet dat geen vrou, dobbellaars,

of enige geesteversteurde gebruik mag word  as getuie nie. So Maria se getuienis was niks werd daardie tyd nie, die

Israeliete het dit geweet, so as die hele ding n konkoksie was, sou hulle nooit dat n vrou, nogal voorheen n

losbandige een, die lee graf eerste ontdek het nie. Hulle sou n baie meer geloofwaardige persoon gebruik het.

Ons groet mekaar, en ek hoop ek sal die ou weer vorentoe raakloop. Ek weet nie, want op die oomblik

lyk hy nog vies vir my en dit lyk wragtig of hy half jammer lyk vir my. En ek voel weer jammer vir hom.

12 antwoorde op Oor die jare verander mense, n skoolvriend het toe n ateis geword.

  1. lora2me het gesê op November 6, 2011

    Elke persoon het die reg om te glo wat hy wil. Ek glo egter dat dit juis oor die onverstaanbare, onwaarskynlike, onsigbare, dit-wat-my-verstand-te-bowe-gaan-dinge dat ek glo. As ‘n ander ou anders dink, is dit sy saak. Dis soos daardie Bybelverhaal oor die dou op die diervel … maak nie saak waar die water geval het nie, party ouens sal nog steeds kies om dit nie te glo nie. That’s it.

  2. Boeddha is die enigste weg wat werk..Einstein het ook so geseg..

  3. Ou-Top het gesê op November 6, 2011

    Ek stem dat elke persoon geregtig is om sy Geloof te volg en te be-oefen. Moet net nie soos n ateis vir my kom se jy glo in niks nie. natuurlik glo jy in iets, in “chance”, soos n dobbelaar.

  4. Ou-Top het gesê op November 6, 2011

    En ek val glad nie die Budistiese geloof aan nie, om die waarheid te se die voorskrifte oor die mens se gedrag en optrede is baie dieselfde as my eie. En as jy dan n Budis is, vir wat is jy so erg aggressief? Meeste Budiste wat ek ken is kalm en rustige mense.

  5. Sommige mense verkies dit om nie die waarheid te sien nie.

  6. ‘n Ateïs kan God nie vind nie vir dieselfde redes wat ‘n dief nie ‘n polisieman kan vind nie.

  7. Almal glo. Christene glo in Christus, Bhudiste in Bhudda, Mohammedane in Mohammed en ateïste in Attie.

  8. lisabeth het gesê op November 7, 2011

    Iemand het noudiedag gese met Adam het ons almal op ons koppe geval,en nou het ons geheueverlies aan dinge wat ons eintlik veronderstel was om te weet en te onthou.

  9. Lees: “My brief teen die kerkdeur” in Saterdag se By. Hierdie jongmens verwoord hoe baie mense voel en dit kon netsowel my brief gewees het.

  10. bloukaap het gesê op November 7, 2011

    Outop, ek het jare terug geleer om niemand te probeer oortuig nie. ek Glo wat ek wil Glo, en die res moet elk vir homself besluit

  11. Ek is ‘n Boeddhsi maar ek glo nie in Boeddha nie, ek glo in myself…

  12. ek is nooit agressief nie…nooit…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.