by

Hoekom ek nie wil of sal emigreer nie.

November 5, 2011 in Sonder kategorie

Ten spyte van ope uitnodigings van my kinders om kosteloos te emigreer na Australia, kan ek nie.Al

het ek Aus. al besoek en alles goed en mooi en veilig en vooruitstrewend gevind, kan ek nie.

Ek gee hier net n paar algemene kort redes aan.

1. Net in Suid Afrika kan jy in die koerant lees van n blanke wildbewaarder wat n swart wildbewaarder

uit die kloue van n verwoede leeu red red deur n kombers oor die leeu se kop te gooi en so kans te kry

om die arme man tot in die kajuit van die bakkie te sleep. Hulle kry nie die deur betyds toe nie en die leeu,

wat intussen die kombers verskeur het, storm weer en kry die man aan sy stewel beet. Daar word tougetrek

en die stewel kom af met n paar stukke vel en senings. Die man leef en hulle jaag weg. Ek en my broer het

die kombers truuk in ons kinderdae altyd op Pa se boerboel uitgevoer en ons dood gelag oor hoe

benoud hy baklei om daar uit te kom. Dis glo n ou truuk van wildbewaarders met leeus en is  al dikwels gebruik

in sulke nood situasies.

2. Net in Suid Afrika kan jy op die nuus na n video kyk hoe n verwarde Hartbees storm na die veiligheid van die

vlaktes en in sy stormloop bo-oor of dwarsdeur n arme bergfiets ryer spring dat hy en die fiets daar spat. Vir wat ry n klomp fietsryers dan

ook in n wildreservaat? Bokke het seker gedink hulle word omsingel deur een of ander jagters Impi.

3. Net hier sal n jong man n gemaakte epileptiese aanval op die stoep van n winkel in n besige sakesentrum kry;

natuurlik met n handvol Enos wat hy vinnig in sy mond gooi. Met skuimende mond en rukkende ligaam

le hy nou daar en sterf terwyl die winkeleienaar en sy personeel  hom pamperlang en skarrel om die ambulans en mediese mense

in die hande te kry. Intussen spring sy tjommies in die winkel en steel al die geld en nog n klomp items ook. Toe hulle

veilig in die getaway kar is, spring die sterwende  een op en hardloop al laggende daar weg.

4. Net hier kan n outop soos ek wie se laaste kind nou uit die huis gaan en ons nie meer n voltydse bediende

nodig het nie, en haar ook nie kan bekostig weens wetgewing wat die minumum salaris aanmekaar opstoot nie, n plan

bedink wat die hele situasie red. Ek gee haar n 200 liter plastiek waterdrom en se sy moet by die huis n besigheid

begin. Sy het twee kinders maar altwee mans is weg en hulle betaal geen onderhoud nie, haar Ma, sussie en twee jonger boeties

bly  almal saam. Sy is die enigste een wat n werk het. Ons leen haar R500 en gee haar n ou boere  resep vir pynappel bier.

Sy moet ook piesangs, appels en nik- naks koop. Sy maak nou al van Vrydag tot Sondag R500 wins en lag al die pad.

Nou het my vrou voorgestel sy leer om hare te vleg, Rasta styl. Sy het dit gedoen en maak hieruit ook geld. Lyk my

sy sal dit een van die dae sonder ons kan maak in hierdie lewe. Daar behoort n wet teen swart mans gemaak te word

wat nie onderhoud betaal nie, albei mans het werke en sy spook al jare met een of ander instansie om haar

onderhoud reg te kry, te vergeefs.

5. En laastens, ou Jorry wat daardie skilder inheemse boerbok van die Koi-Sans veredel en met hulle teel.

Sit daar op sy klein plasie, n afgetrede ou man wat lief is vir diere. Hy het reeds n klomp bokke, n hele

stoetery, hy vertel n mens kry deesdae meer vir n bok as vir n skaap. Weens tradisies van ons inheemse

volke wat nou die geld het. Ons braai boerbokvleis, smaak effens anders as skaap, maar baie lekker. Agter

ons sak die son bloedrooi agter die Vrystaatse rante. n Pou skreeu in die tuin, iewers in die veld  n korhaan, dan n kommandovoel. Alles geluide wat diep in my geheue vasgele is.

Nee, ek se vir jou Malema sal baie meer moet doen om my hier weg te kry. Verseker.

21 antwoorde op Hoekom ek nie wil of sal emigreer nie.

  1. En hulle kan segge wat hulle wil Suid-Afrika is nie ‘n steriele vervelige land nie en dis hoekom ek bly.

  2. Mooi so, ou Top.

  3. Trakie het gesê op November 5, 2011

    Sela 🙂

  4. Malema wil jou nie weg jaag nie. Hy wil net jou goed vat en jou ver-efrikaniseer, dus afbreek tot op ‘n baie laer vlak.

  5. lora2me het gesê op November 5, 2011

    Ag nee wat, ek stem saam. Australië klink maar vervelig – te min misdaad en te veel Outback. Hier is die grond wat ons met ons mieliepap ingekry het en die mense wat in die straat so lekker kan lag al kry hulle swaar.

  6. TS het gesê op November 5, 2011

    Ek hou van Afrika se chaos. Dit pas my persoonlikheid beter.

  7. Berwick het gesê op November 5, 2011

    Goeie blog.

  8. Shaaim, as jy regtig in OZ was dan weet jy tog dat No 3 en 4 hierbo gaan ongeveer eenmiljoen maal erger in OZ, of het jy jou oogklappe saamgevat OZ toe?
    Wakkerskrik ou maat…

  9. Meeste afrikanerosaurusse wat so bek afskiet oor OZ en NZ het nie die vaagste benul van die plekke nie…ek praat daagliks met mens evan beide plekke, hier in China, en hulle is dit almal eens dat hulle gaan NOPOIT weer terug nie, hoe rym dit dan?
    OZ en NZ het bv die hoogste dwelmmisbruik ter wereld, en ook die meeste misdaad slagoffers…ek verstaan nie wat probeer jy praat uit jou onkund e uit nie?
    Lees jy die daaglikse misdaad nuus in OZ koerante?

  10. Ou-Top het gesê op November 6, 2011

    Bedoel jy dan dat die mense wat nou in China woon en van Australia is, glad nie meer wil teruggaan na Australia toe nie? Indien wel, vind ekself dit ook verstommend.
    Oja, die koerante in Perth, daar was n misdaad op die voorblad een oggend. n Onbekende man het drie pienk panties van n wasgoeddraad op n blok woonstelle
    gesteel. Die hele stad was ontsteld. Hier in Bloemfontein, waar jy vandaan kom, word op een dag meer as twintig mense beroof, meer as twintig karre gesteel, meer as drie mense vermoor, meer as twintig so aangerand dat hulle in die hospitaal beland. En daar is drie
    firmas wat elke dag wettige aborsies op
    minderjarige meisies uitvoer.

  11. Ou-Top het gesê op November 6, 2011

    Wel ek moet se ek was vir n maand of twee in Perth en n maand in die Noorde, Broome se wereld. Albei plekke was vir my redelik mak, skoon, misdaadvry en die meeste mense besit hulle eie woonplek. Werkloosheid was toe maar so 2 of 3 % .

    So terloops, weet jy hoeveel Chinese
    kom Suid Afrika toe, en dis nie wat ek hoor nie, wat ek sien, hulle koop besighede, plase huise en gaan selfs vennootskappe met ons eie buregrs aan.

  12. Ek wed jou wat dat misdaad in Perth is VEEL erger as in Bloem, wats die wet>???

  13. Bring jou bewyse na my blog toe…laat ek sien, Perth is mos soveel beter as Bloem…laat ek sien???

  14. Is jy seker jy kan Engels lees?

  15. Met mense soos outop in SA, het ons werklik vyande nodig???

  16. Ou-Top het gesê op November 6, 2011

    Die feite is, ek bly hier en sal poog om dinge hier te verbeter, ongeag hoe sleg dit op die oomblik hier gaan.

  17. Net hier kan jy in die koerant lees dat Petros, hoof van polisie in Gauteng, ‘n sangoma gebruik vir sy daaglikse bestuur van die polisie.

  18. Het Ronald Reagan nie gereeld ‘n sterrewiggelaar besoek nie, en glo GW Bush nie dat die wereld gaan eindig binne paar jaar nie, die dat hy so lekka alles opgefok het uit sy goeie xtenskap uit huh…los ons Saffas uit, fokkof as jy nei van Afrika hou nie…fokkien klierkop…

  19. Natuurlik weet ek dit…en dit is die begin…

  20. OZ is ‘n KAK plek vol van KAK mense…en as jy dit nei kan insien nie, dan is jy deurie KAK…

  21. Ag ou Fransie, jy herinner my altyd aan daardie maltesie wat staan en kef agter die heining.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.