Padwoede of rassistiese insident… ek was daar, maar ek weet nie.
November 19, 2011 in Sonder kategorie
Tienuur die aand is ons op pad huis toe. By n robot staan n string karre wat by die robot regs wil draai. Die ou
voor my en sy vrou is besig om te baklei, jy sien net hande beduie en koppe wat skud. Toe die kar voor hom stop
is hy nog aan die stry en ry agter in die ander motor vas. Almal spring uit, die voorste voertuig is n donkerblou
4×4 met getinte vensters. Die swart man wat daar uitklim, het n netjiese pak klere aan. Sy vrou is eerste by die
arme ou wat in hul vasgery het.
” Are you drunk or blind?” wil sy gillend weet. ” Look at our brand new car!!” Sy snou nog n paar aardige
beledegings na die wit bestuurder se kant toe.
Die swart bestuurder probeer sy vrou kalmeer, sonder veel sukses. Sy smeek hom nou om Kabello te bel, ek
lei af dis die naam van n hoe polisie offisier. My vrese was reg, hierdie man is n vername man. Hy bel iemand en vra sy vrou
om terug te klim in sy motor. Maar teen hierdie tyd is die wit ou, so 50 jaar oud, se vrou ook al uit die motor. Sy
wil gillend weet wie gee die swart vrou die reg om so op haar man te skreeu en hom te beledig. Ek stap nader om te help kalmeer.
Die wit ou se neus bloei, ek dink hy het sy kop teen die stuurwiel van sy ouerige Cressida gestamp. Ek en hy kry uiteindelik,
sy vrou met n gestoei terug in die motor. Die swart vrou beskou hierdie gebaar as n erkenning van skuld en storm terug tot
by die Cressida se venster. Sy vreet die vrou uit en as sy genoeg het, draai sy om en ek dink die mondgeveg is
verby. Nee, sy draai wragtig om en gee een laaste opmerking,” Drunken white bitch”. Toe is die gort gaar, ek druk
die deur toe dat die wit vrou nie kan uitkom nie terwyl haar man vanaf die bestuurder se oop venster probeer kalmeer. Uit
radeloosheid maak die vrou haar eie venster oop en gil met haar kop wat by die venster uitsteek. ” Black bitch, fokken rykgat black bitch.
Die swart bestuurder se seun kom daar aan en stoei sy Ma terug in hul motor, ek hou die Cressida se deur toe. Die twee
bestuurders staan tussen die twee motors. Hulle wag vir die polisie. Ek hoor die wit ou se, hy sal alles betaal, hy
weet dit is sy skuld. Hy vra om verskoning,, hy se hy en sy vrou was besig om te stry, hy het konsentrasie verloor.
Die wit ou praat Afrikaans, so nou en dan n kort sinnetjie in Engels. Die swart man praat net Engels.
Die wagtery word lank, die vrouens het kalmeer, daar was heelwat mense wat vinnig na die ongeluk daar saamgedrom het.
Hulle begin nou koers kry, ek dink hulle sien hier gaan nie n fight wees nie. Ek stap nader en gee my sakdoek, vir
die wit ou.
“So what were you fighting about?” vra die swart man. Intussen het hy verklaar dat hy n prokureur is.
Die wit ou kyk eers na my, ek maak of ek padgee.
” Nee,” se hy ” bly hier by my, jy het my gehelp vanaand.”
“So? What was it al about,” wil die prokreur nou weer weet.
“Ons was saam met my seun en sy girlfriend by die Spur. Hulle het ek en my vrou genooi. Hulle wou….
ag fok tog.” Hy bly eers stil en gee n paar snuiwe. ” Hulle wou ons vertel dat hulle verloof raak en volgende
jaar gaan trou.”
Ek staan daar en dink wat met die man aangaan. Dis mos goeie nuus. Dis mos nie iets om oor die baklei nie.
“Ons het net een kind, dis hierdie seun, het my name.” se hy.
Ek en die prokureur staan in spanning en wag, ek kry die ou jammer. Ek kan sien hy is ontsteld. Die ongeluk
pla hom nie veel nie. Dis die seun.
” He wants to marry,” se hy ewe skielik in Egels, ” His girlfriend is n black girl……..she is black.” Hy lyk skoon
verlig dat hy dit kon uitkry.
” And your wife does’nt like the idea?” se die prokureur ewe kalm.
Ek sien die ou is nou hartseer, ek sit my hand op sy skouer. Ons hoor nou die polisie motor se serene.
Toe stort die woorde uit die man.
” Ek het haar probeer oorreed, man. Ek het tot buite met haar gaan praat, dis my seun, ek staan by my seun, dis my bloed.
Ek het lank met haar gepraat, maar sy wou nie teruggaan nie. Ek moes vir hulle gaan se sy is naar, ons moet
huis toe gaan. Ek het haar lank in die kar laat sit en wag, want ek het eers met my seun en sy girl gaan praat. Ek het
haar probeer troos en gese alles sal nog regkom. My seun was net kwaad; kwaad en seergemaak. Dis presies
wat my vrou se, sy is kwaad en seergemaak. Ek weet nie. Dis my fout hier ek sal betaal.”
Die polisie arriveer, hulle ken die prokureur en wil almal, sommer my ook afvat polisiestasie toe vir bloedtoetse en
le van klagtes. Die prokureur vee so met sy hand oor sy 4×4 se bumper, daar is n erge duik maar die Cressida lyk
baie erger.
” I cant see much damage here,” se hy. As die polisieman beswaar maak vererg die prokureur hom, ” Listen,
anybody can see this man is not drunk, I am the plaintiff and I am saying I dont press charges. Its late, let we
all go home, now. This is over en done with.”
Die wit bestuurder se ligte was stukkend, hy het kort agter my gery tot by sy huis, nie ver van my af nie.
Hy staan by my venster, ” Dankie ou maat, my vrou kan soms maar moerig raak, maar wat, more is nog n dag, ek
ken haar. More sal sy weer dink. Ek gaan nie my seun en sy girl weggooi nie. Hulle is altwee geleerde mense.
Nooit as te nimmer gaan ek my rug op my seun draai nie.
Ek sit nou hier en dink aan my eie familie, aan my vriende en aan al ons kinders in hierdie n nuwe land; en ek besef ons
Afrikaners is n unieke klomp hardegatte.
Onlangse kommentare