by

Miskien het Malema n punt beet.

Oktober 29, 2011 in Sonder kategorie

Ek praat met n geleerde man oor wat verkeerd is met ons land. Ons begin natuurlik by Malema se

staptoer na die bates waarop hy beslag wil le: die Aandelebeurs, die Mynmaatskappye, die Uniegbou en die plase.

In die naam van armoede en werkloosheid, doen hy dit.

Ons gesprek loop so:

Slim Jan: Die blankes is 4% van die totale bevolking, maar hulle besit 78% van alle bates in Suid, Afrika. Dis nou plase, fabrieke, huise, blokke woonstelle, hotelle en besighede.

Ek, Dom Jan: Maar ons het donders hard gewerk daarvoor, elke ding wat ons besit het ons gekoop en betaal.

Slim Jan:  Dit maak nie eers saak nie my vriend, die 96% anderskleuriges besit net 22% van die land se bates, en

van hierdie 96% is 34% werkloos. Met ander woorde, van die 50 miljoen anderskleuriges moet daar amper

19 miljoen mense werkloos wees in hierdie land. Die blankes is skaars 4 miljoen en ongeveer 300,000 is

werkloos. Die 19 miljoen honger en daklose werkloses, steur hulle glad nie meer aan politieke praatjies nie.

Hulle sien elke dag hoe ons werk toe gaan en middae terugkom na ons lekker huise en vol spense.

Dom Jan: Maar hulle kan nie net vat by ons nie. die regering en buiteland kan hulle mos geld leen om ons

goed te koop. Buitendien pas hulle die reeds gevatte en gekoopte goed van ons nie op nie, binne twee jaar

het spogplase woestenye geword, onder hulle hande.

Slim Jan: Kyk Oom, dit gaan nie meer oor ekonomiese beginsels of selfs moraliteit of regverdigheid nie.

Dit gaan oor die oer behoefte van die mens, om te oorlewe of nie.

Dom Jan: Jy bedoel dis soos daai ouens wat met die vliegtuig in die Andes gebergtes geval het, na n week

toe begin hulle mekaar eet van die honger.

Slim Jan: Deur die geskiedenis van die wereld het die armes en die hongeres nog altyd uiteindelik

oorwin,  of dit daarna beter gegaan het,  is natuurlik debateerbaar.

Ek sit vir n wyle en dink oor ons land waarmee dit nou al slegter gaan.

Dom Jan: Jy bedoel dis soos wanneer n luiperd n rooibok platgetrek het,  dan storm tien wildehonde wat

weke laas iets te ete gehad het en val hom aan. Die luiperd gryp sy kos en vlug op in n boom. Die wildehonde

kan nie boomklim nie, toe kou hulle in een nag die boomstam af en daar val die luiperd en die rooibok op die grond.

Die luiperd vlug vir sy lewe en die trop wildehonde vreet die bok in tien minute op.

Slim Jan: Dis omtrent wat hier gaan gebeur, my Oom. Jy kan maar se die boom was ons land se grondwet,

wat ons vir ewig sou beskerm het, hy gaan vernietig word.

Dom Jan:  Ja, ek kan hulle sien, snuiwend teen die wind, angstig  al weer op die spoor van nog n  leeu of luiperd

wat weet hoe om kos te vang. Langs die pad kou hulle elke klimbare boom teen die grond af.

Slim Jan: Vir ons almal om te oorleef sal n soort sosialistiese staat gevorm moet word waar die verskil tussen

ryk en arm gering sal wees. Dis onvermydelik.

 

Ek sit en dink aan Malema se staptoer, hy was al vet man wat ek daar gesien het, die res was nogal dun. Ek glo

nie Malema het die 62 kilometer gestap nie, met daai vet lyf sou hy dit nooit gemaak het nie.

Dom Jan: Ek hoop Shell kry verskriklik baie olie in die Karoo, want Amerika, Engeland en Duitsland beweer mos as

jy n diktator is en jou land het olie, dan gaan ons jou kry. Maar ek het meer hoop vir die klein Zulu meisie wat nou leier

van die DA is in die Parlement.

Soms weet n man ook nie meer of jy herwaards of derwaards moet neuk nie. die beste raad kom nog van

my ou visvang vriend daar langs die Vaalrivier. ” Gee hom lyn , boetie,  gee hom net genoeg lyn, dan vang hy homself.

19 antwoorde op Miskien het Malema n punt beet.

  1. Malema het punte hoor, maar hy het die punte aan die stert beet en as die kop omdraai vries ek as ek dink hoe gebyt gaan word. In elkgeval die knaap laat my in een opsig aan Elize Botha van die ou Krokodil dink – soos sy word Juju ook by die foto vetter.

  2. Hy (Malema)het gin gestap nie! In ‘n luukse motor saggies vervoer – glo oor sy gesondheid of so iets.

    Jy is voorwaar geseend met sulke intelligente geselskap.
    Groetnis

    Ou Dommie Loua

    ; )

  3. Ou-Top het gesê op Oktober 29, 2011

    Is dit nie n eienaardigheid van Afrika nie, dat as dit reen en die oes is vet, dan word alles spekvet, almal vergeet dan van matigheid. Ek was self verstom oor Juju se foto. Maar kyk na Kobus Wiese, Louis Luyt, die manne met die Range Rovers met hul speknekke.

  4. Ou-Top het gesê op Oktober 29, 2011

    Ja, Loutjie,deesdae is die jeug baie geleerd, miskien is die grade makliker. Die een is verlangs familie, maar hy kan nogal in een sitting hierdie land se probleme oplos. Shame.

  5. TS het gesê op Oktober 29, 2011

    Hy weet hoe om die massas in sy guns te laat beweeg, maar ek hoop dat hy net te inhalig gaan word dat hy deur sy eie volgelinge verwerp gaan word Die ANC kan nie bekostig dat hy te sterk word want hulle gaan te veel verloor?

  6. Baie depressing….

    En dink net, al wat dit gaan bereik, meer mense gaan suffer….

  7. Jy gaan nie mense uit armoede kry voor jy nie die armoede uit die mense kry nie.

  8. abrham het gesê op Oktober 29, 2011

    in suid afrika het ons arm mense, hul armoede is te wyte aan ander arm mense wat ook eens arm was en toe hard gewerk het om dit te verander. arm mense is ‘n sosiale klas in die stratum van sosiologie. in brasilië, indië, china, mexico en te veel om op te noem is daar miljoene der miljoene armes. die afrikaner is vindingryk, maar vertel my ou top, is hul armoede ook aan die amabulu se brood te smeer.

  9. Ou-Top het gesê op Oktober 29, 2011

    Presies wat ek vir Slim Jan gevra het, wie blameer hulle in daardie lande? Hy kon net op Indie antwoord, die Ingelse se hy, dit was eers n Ingelse kolonie. Maar die Ingelse het hulle darem krieket leer speel. Het jy gelees tot Venuzala gaan nou al ons mielies koop. Kaboemmielies is hul voorland. En dis gesond, ek eet hom self ook.

  10. Ou-Top het gesê op Oktober 29, 2011

    Ons voer al ons minerale soos, yster, tin, platinum ens uit, en koop dit later
    terug van ander lande. Ons kan mos self die fabrieke begin en die klaarproduk uitvoer.

  11. Ou-Top het gesê op Oktober 29, 2011

    Gaan kyk hoe depressief is n koedoe daar in die Zoo, maergat, moedloos en verslane. Haal hom daar uit en sit hom terug in die veld waar daar leeus, wildehonde, luiperds en jagters vir hom wag. Na drie maande is hy spekvet, wakker en gesond. Nee, dreigende gevaar en vryheid maak n man op en wakker.

  12. lora2me het gesê op Oktober 29, 2011

    Daar is niemand in die regering of die jeugligas wat regtig ‘n dooie duit vir enige persoon behalwe hul eie basse omgee nie. Dit word oorlewing en “survival of the fittest” genoem. Kyk maar net hoe maklik het politici wat huil oor hul party se wonderlike eienskappe, in ‘n oogwink oorgeloop na ‘n ander kraal as dinge sleg lyk. Kapitalisme regeer, al sê die spekskieters ook wat! Juju gaan homself nog doodeet en doodfuif – hy is ‘n cholesteroltydbom.

  13. Ou-Top het gesê op Oktober 29, 2011

    n Politikus is so sterk as die goeveelheid mense wat agter hom staan, Malema is in my opinie dan die sterkste politikus is SA. Maak nie saak of die lekker dinge wat hy belowe wel deur hom gelewer kan word nie, die droom is daar.

  14. Ou-Top het gesê op Oktober 29, 2011

    Nee wag, kapitalisme is n suiwer beginsel wat werk, gierigheid van n semi diktatorskap is egter n vuilgoed. Veral as koerante se monde gesnoer word en bates genasionaliseer word deur die diktatorskap.

  15. Ag actually is ek al so moeg vir die struggle. Elke dag bring nuwe dreigemente, en van hulle gebeur en van hulle nie.

    Kyk na Zambia, hulle het alles genationalize en toe is hulle amper almal dood. Nou is alles weer terug in die private sector, en moet hulle 20 jaar (dis hoe lank dit gehou het) se skade weer regstel…

    Dis ‘n flippen grappie. Een of ander aap wat dink hy is slimmer as twee. Maar blykbaar kan ons nie leer uit ander mense se foute nie.

    Wys jou net…..

    Kyk maar die arme mense van Zimbabwe… Die lysie gaan aan en aan en aan. Nationalisering werk nie… Dit gaan niks beter maak nie, en net meer mense met educations gaan op ander plekke ‘n heenkome soek. Dis maar al…

  16. Baie min swartes met ID’s ly honger – biljoene word
    bestee sodat 99% genoeg het vir kos. Hulle baklei nie vir oorlewing nie maar vir n middelklas lewensstandaard. Hulle baklei om ten minste net soos
    die wit middelklas te kan lewe. Cosatu se strydkreet is Decent Jobs. Niks se gepikslaan in n myn nie, niks se vrugte oes nie, niks se wingerdsnoei nie.
    Dis wat Malema bedoel met economic freedom. Nie RDP huise nie. n Huis soos joune en myne, n R50000 kar,deftige klere, model C standaard skole.

  17. Die slim jannies praat baie maar luiter nie dom jannies wat oplossings het wat KAN werk nie.

    Ek stem oor een ding saam: Burger oorlog is oppad as dinge so aanhou en daarom is ek ten gunste van ‘n staat vir ons Boere volk en wie ever dit soek vir hulself. Tenminste kan elke volk dan op sy eie manier ryk word of sy eie gat sien.

  18. Ons probleem is arbeidskoste en -wetgewing. Byvoorbeeld, Tiger Wheels is ‘n SA maatskappy, hulle het die plaaslike fabriek hieroor gesluit, maar besit fabrieke in die buiteland en voer hulle eie produk in.

  19. postatdo het gesê op Oktober 29, 2011

    You should take a look at the Nov edition of Noseweek, it has a brilliant article on corruption, really scary stuff.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.