by

Die lewe van n man.

Oktober 11, 2011 in Sonder kategorie

In my jeug het ek net vir die toekoms geleef. As ek net kan klaarkry met swot en begin werk.

Toe werk ek en koop n Volla. As ek net eers n beter woonstel kan bekostig en dalk n Datsun SSS kan koop.

Ek kry dit ook reg. As ek net eers n oulike meisie kan kry en miskien n beter werk. Ek kry altwee reg.

Ek teer op die toekoms, ek leef in die toekoms, ek skrik wakker in die nag en dink oor my toekoms. Die hede is

nie belangrik nie, die toekoms is alles oorheersend. Algaande kry ek beter werke, beter woonplekke, eerste TV, mooi

kinders, ek jaag die toekoms hartstogtelik na.

Ewe skielik hier tussen vyftig en sestig, begin kinders die huis verlaat en n ou beginne dink en praat van aftree. Toe

ewe skielik begin ek in die verlede leef. Ek vertel almal, my kinders ingesluit, hoe lekker was die lewe in die ou tyd, in

die verlede. Ek verveel naderhand almal om my, toe begin ek myself  verveel. Ek wil he die verlede moet terugkom na

hede toe. Niks gebeur nie, ek word al ongelukkiger, byna n klaekous. n Onplesierige ou top.

Ek leer by n man wat baie ouer as ek is. Hy vertel my dis net die hede wat belangrik is, nie die vorentoe en die agtertoe nie, net nou. Soms irriteer hy my, want hy pak so tydsaam n braai vuur aan. Hy se, dis vir hom lekker, dis soos stadig kou aan

lekker kos. Biltongmaak vat twee keer so lank met hom .  Ons gaan dam toe en daar is hy nog stadiger, maar as hy klaar en reg is met sy tafeltjie, sy kampstoel, sy vislyne in die water het, dan lyk dit beter as aan my kant wat lankal klaar is. Hy vang ook die eerste vis, praat nogal met die karp

as hy hom teruglaat in die water. Met sy verkyker bekyk hy die kolganse en bleshoenders, vertel my broeityd is om die draai.

Sien diere en goeters in wolkformasies.

 Soms dink ek die ou man is al kens, maar laatnag daar op my bed, besef ek hoe belangrik is die hede. Ek skakel

die bedlig aan en kyk na my vrou wat rustig langs my slaap. Iewers in die donker daar buite koer n tortelduif, wonder hoekom doen

hy dit soms so laat in die nag.

” Vat elke dag met dankbaarheid aan”, het die oudste gese, ” kyk na die mooi dinge, se dankie vir alles in jou lewe,

kyk hoe verander die lente jou tuin, vat jou vrou se hand en gee dit n drukkie. Vergeet van gister en more se dinge.

Wees net vandag n goeie mens, goeie woorde vir ander, sag op die bedelaar, pas jou goed op, wees skoon en netjies,

en se maar aanmekaar dankie vir vandag, want dis net vandag wat tel. Die verlede en die toekoms put n man genadeloos

uit, vergeet van hulle.”

7 antwoorde op Die lewe van n man.

  1. pasella het gesê op Oktober 11, 2011

    Ai, waar woorde Ou Top! Ek dink ek en jy is karperde, nie net oor die begeerte van die Datsun Kruppel Ses nie, maar ook oor die tydreise, eers die versugting na die toekoms, dan die hunkering na die verlede, dan die aanvaarding en berusting van die hede.

  2. Die hede bly die lekkerste, veral as jy alreeds die verlede geleef het..maak dit sin? Die verlede is eintlik die toekoms waarvoor jy die heeltyd gewens het. Dis ook verby, nou bly net vandag oor!Ek raak nou self deurmekaar!

  3. Kruppel s Datsun – menige hart het punt getrek.

    Op die Kaapse Vlakte sukkel die ouens met die
    BM trubble yous

  4. Ou Top, jy skryf so na my hart.

    Ek kan maar net nie help om na my aftrede uit te sien nie. Ou Lou is nou moeg geswoeg 😀
    Ek SAL more net so baie geniet soos vandag!

  5. Dis so mooi stuk wat jy geskryf het….baie dankie!

  6. ‘n Baie kosbare lewensles wat op almal van toepassing is.

  7. DANKIE!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.