Swaer George en sy rugby.
Oktober 30, 2011 in Sonder kategorie
Vrystaat wen maar min die Curriecup. daarom is ons effens skisofrenies as dit by die finaal kom en die Vrystaatse
Cheetahs is nie daar nie. Ek skreeu gewoonlik vir albei spanne, in die tweede helfte skreeu ek vir die span wat
die mooiste hardloop rugby speel. Hierdie jaar was dit makliker, want die Boubulle was nie in die eindstryd nie,
ek sukkel rerig om vir hulle te skreeu.
Ek en n paar vriende kyk die eindstryd tussen Transvaa(leeus)l en Natal(Sharks). n Vrystater skreeu nooit in die publiek
vir n ander span nie, net privaat, dis soos n man wat nie in die publiek praat van sy broer wat in die tronk sit nie.
Dis n baie private aangeleentheid.
Swaer George begin sommer van die afskopslag vir die Leeus te skreeu. Ons ander kyk hom skeel aan, het die man dan
nie karakter nie? So met die verloop van die westryd en veral na halftyd toe die Leeus sulke mooi hardloop rugby speel,skreeu ons ander uit volle bors ook vir die Leeus.
Later by die braaivuur vra ons vir George hoekom hy so karakterloos opgetree het aan die begin van die wedstryd.
Dis n belangrike saak wat heelwat selfondersoek en oorweging vereis.
“Ek sal nooit vir die Bloubulle kan skreeu nie, al speel hulle hoe mooi. Daai mense van Pretoria is die grootste
windgatte en snobs in Suid Afrika. En hulle is nogal almal Afrikaans ook. Hulle praat tot anders man, hulle lyk maar
net soos ons. Vir Natal kan ek nie skreeu nie, dis n klomp Ingelse, die meeste het teen ons in die Boereoorlog
geveg. Nee, vir die klomp Ingelse piesangboere kan ek nie skreeu nie. Vat nou vir WP, ek sal nooit as te nimmer vir hulle
skreeu nie, daai klomp wynsuipers wat dink hulle is die kernkultuur van ons Afrikaners, nooit. Hulle kan hulle wyn
landgoede, hulle snoek, hul patats en hulle topbilling huise vir hulle self hou. Kyk net na hulle”bands” man, Jack Sparrow
en daai maergat Ninja daggarokertjie met die skoolmeisie, wats sy naam, o ja, Die Antwoord.
Ek kan vir die Leeus skreeu, want dis Joburg, ek het in Secunda my ambag geleer, dis manne daai. Toe was
Hillbrow nog n lekker jolplek op Vrydagaande.”
Ek bekyk vir George, sien die klein sweis brandmerkies op sy brille, sy hande is so hard soos bakstene, sy liggaam
op 65 nog lenig en taai, kan nog in my huis se plafon inklouter om my geyser te herstel. Kan enigiets van metaal
bou of regmaak. Sal sy klere uittrek vir sy naaste, al word hy meestal misbruik. My eie braaier is deur hom gebou.
En vier maande gelede het ons sy vrou begrawe na n lang siekbed. Ek sien hoe hy die pakkie twintig Lexington
uit sy hempsak haal en een aansteek. Hy blaas n paar kringetjies, ou gewoonte van hom. Dan se hy iets terwyl hy
oor my tuin staar.
” Jy weet Toppie, dis lente, kyk hoe blom jou goed, ou Bets sou dit vandag gelaaik het hier by julle. Dankie dat jy my genooi het.”
Onlangse kommentare