by

Soms wil ek eerder met kinders praat……

September 1, 2011 in Sonder kategorie

Dit is einde van die maand en my vrou is met die skoondogter winkels toe; ek en die

twee kleinseuns, 8 en 10, is by die huis. Hulle wil gesels en stories hoor.

“Hoe werk geloof , Oupa”,wil die kleintjie weet.

 

Ek vertel hulle hoe dit werk.

 

Soos die ou profeet Elia wat moes vlug vir sy lewe en in n spelonk langs n spruit in

n wilde, woeste gebied gaan wegkruip het. Bedags het die kraaie vir hom stukkies vleis

en brood gebring.Na n lang tyd het hy teruggegaan na sy volk en koning Agab. Vir hulle

toe vertel dat die Here baie kwaad is omdat hulle afgode aanbid het wat hulle van klip en hout gemaak het en glad nie meer Moses se Bybelse wette nagekom het nie. Hulle was goddeloos, baklei, gesuip, met ander se vrouens gelol en al sulke slegte en lelike dinge gedoen.

 

Elia was al profeet van die Here wat oorgebly het, al die ander was vermoor. Toe gaan staan

Elia, wat n ou man was met flenter klere en n kierie, voor koning Agab en se:

 

” Julle goddeloses aanbid vir Baal en het 450 profete, en julle se julle gode het mag. Laat ons dan vandag sien wie se God is die ware God. Kies julle twee bulle, een vir my en een vir julle, slag hulle en bring hulle vleis hier dat ons een op my God se klipaltaar op houtstapels plaas en julle vleis op

julle god se altaar. Dan vra ons elkeen ons God om die vuur self aan te steek en die offeringe

te laat brand.”

 

Die volk en die koning was verbaas, hulle het geweet dat as hulle afgode sou wen, sou hulle

hierdie ou Profeet se keel afsny en vir die wilde diere gee om te eet. Juigend het die mense

in hul duisende en ook al 450 profete van die afgod Baal, nader gestroom om te kom kyk hoe die

ou flentergat profeet se God verneder gaan word en hoe die profete vir Elia sou keel afsny.

 

Bewend maar vol geloof staan ou Elia daar en kyk hoe die goddeloses hul altaar bou en die

houtstapels daarop pak. Bo-op pak hulle die bul se vleis. Dis vroegoggend en hulle begin bid tot

hul gode om die vuur aan die brand te steek. Teen middag is hulle al dronk van al die wyn dat

hulle luidkeels op hul afgode skreeu om die vuur aan te steek. Hulle raak so beserk dat hulle naderhand hulself met messe sny sodat die bloed loop, om so hul afgode se aandag te trek.

 

Elia se altaar staan daar met die hout en vleis bo-op. Teen vieruur vra hy of hulle nou genoeg kans

gehad het met hul afgode en of hy toestemming het van die koning om te begin. Die koning

se ja, en Elia vra dat hulle drie groot erdekanne water oor sy houtbondels moet gooi. Hulle doen

dit, maar Elia se, nee die hout is nog te droog, gooi nog drie kanne water oor my altaar. Hy laat hulle

dit vir n derde keer doen, toe is die hele altaar papnat en die slootjie om die altaar ook vol water.

 

Ek kan my voorstel hoe die gesuipte spul vals profete daar ronddans en vir Elia koggel. En ek kan ou Elia se maer en krom liggaam daar sien staan, sy gesig hoopvol en vol geloof na Bo. Nie n bang

haar op sy kop en geen twyfel in sy gemoed nie.

 

Toe doen Elia n kort gebed tot sy God en onmiddellik slaan die houtstapels aan die brand en dit vuur is so geweldig dat die vleis, die hout en die altaar tot stof verbrand het.

 

Koning Agab en die skare was vreesbevange en verskrik. Hulle het onmiddellik neergebuig en Elia se God aanbid en erken.

 

Nou ja, ou Elia was n kwaai ou profeet;  hy beveel toe die skare  om die 450 valse profete

van Baal te vang en af te bring na die spruit waar hy hulle een vir een keelaf gesny het.

 

Die jongste seun kyk my met groot oe aan: Jissie Oupa, se nou net God was besig en het

nie vir ou Elia gehoor nie! Hulle sou hom doodgemaak het.

 

Ja, seun, dis geloof daai, dis onwrikbare geloof my kind.

 

 

 

 

 

4 antwoorde op Soms wil ek eerder met kinders praat……

  1. Respekte, liewe Ou Top!

  2. frandr het gesê op September 1, 2011

    Watter gelukkige kleinseuns om aan Oupa se knie oor geloof te kan leer!

  3. TS het gesê op September 2, 2011

    ag hoe mooi

  4. ‘n Vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.