Die wit hond maak niemand meer bang.
Augustus 16, 2011 in Sonder kategorie
My blindgebore spierwit Labrador is nou byna drie jaar oud en algaande vind ek uit dat die voels in my tuin
nie meer bang is vir hom nie. Die geelbek-luister is so grys-swart voel met geel bek en pote. Hy het eerste met
die ding begin.
n Labrador is n gebore jagter, op my blinde hond se kerfstok is twee muise, een rot, drie duiwe en n mossie. Hy
hoor hulle naeltjies op die sement of plaveisel en bekruip hulle dan. Die laaste meter of twee spring hy en hap
verwoed rond. Almal was bang vir hom. Tot so maand gelede, toe sien ek die geelbekluister het agtergekom hy
moet net op die grond of gras bly, dan hoor my hond hom nie. Hy wei tot byna n meter van Smooky af, tot Smooky
hom ruik, dan gee hy pad. Die gewone duiwe en rooi-oog bosduif bly bang vir Smooky. Die Hoep-Hoep is glad nie
bang. Hy wei en pik sy erdwurms uit tot Smooky byna op hom is.
Die vinke en “red -robin” het ook hulle gedrag verander, hulle gee vinnig pad vir die ander honde, maar as Smooky
alleen is vreet hulle rustig voort. Hy moet reeds baie naby wees voor hulle padgee. Die eienaardigste is die Kuifkop
Houtkapper . Hy wag tot Smooky baie na aan hom is, dan lig hy nog sy kuif en rys sy nekvere asof hy wil baklei.
Hy hop dan nes die Hoep-Hoep bo-oor die hond en vreet aan die ander kant terwyl Smooky hier duskant op die
grond snuffel. Al hierdie voels tree heeltemaal anders op teenoor die gesonde en siende Labradors, vir hulle is
hulle baie versigtig en bly op n groot en veilige afstand.
Gister toe kom n klein swerm van daai grys leeu-spreeus om uit Smooky se vlekvryestaal bak die krummels
hondekos te kom vreet. Smooky le daar naby in die son en slaap, hy hoor hulle bekkies se pik geluide in sy bak
en storm ; amper een gevang ook. Toe le hy daar met sy voorpote om sy bak geklem en knor vir die blikslaers
wat hom bo uit die peulboom koggel. Met een stertveer van n leeuspreeu nog in sy bek.
Hy kan maar net sy goed wat baie na aan hom is, beskerm. Kan ook net die prooi bespring wat byna teen hom staan.
Amper soos ek.
Onlangse kommentare