Soms kan n man jou eie veldbrande stig.
Julie 9, 2011 in Sonder kategorie
In Amerika leef die Rooihuide in reservate en het hul eie hoofmanne of kapteins. Hulle leef na aan die natuuur
en het n byna bonatuurlikie kennis van arende, bokke, bergleeus , perde en jakkalse.
So erf n stadsjapie Rooihuid toe die kapteinskap van n reservaat en hy gaan om sy volk in die reservaat te regeer.
Van diere, winde, berge en bonatuurlike dinge weet hy byna niks . Kom die oudstes net voor die winter bymekaar en wil van die
nuwe Kaptein weet wat die tekens van die natuur voorspel; gaan dit n koue of matige winter wees.
Suigende aan sy daggapyp sit hy daar op n kliptoring en kommunikeer met voorvadergeeste, arende en al sulke alwetende
dinge . Na n uur besluit hy dat hy maar sal moet se dat dit n redelike koue winter gaan wees en dat die oudstes die boodskap
moet uitstuur dat die volk nie te min hout en bisonbiltong bymekaar moet maak vir die winter nie.
Na n week wonder die jong Kaptein of hy die regte ding gedoen het en stap myle af na die sendingspos waar daar n
telefoonhokkie is. Hy bel die naaste weerburostasie en vra daar of hulle n matige of kwaai winter verwag. Die weerman se, dit gaan so middelmatige winter wees, nie te koud en ook nie te warm nie Die kaptein voel toe beter.
Na nog n week kom daar n effense koue front en die Kaptein draf weer af telefoonhokkie toe, hy bel en die weerman se
die prentjie het effens verander, dit begin nou lyk asof die winter heelwat kouer gaan wees as wat hull verwag het. Die Kaptein roep onmiddellik n volksvergadering en vertel die oudstes dat die volk beslis nie te min hout bymekaar moet maak nie, dinge
is aan die verander.
Na n week bel die Kaptein weer, die keer se die weerman dat die tekens daarop dui dat dit nogal n kwaai winter gaan wees. Mense moet hulle self voorberei. Die kaptein skrik hom boeglam en roep die oudstes byeen en se dat dit n baie, baie koue
winter gaan wees, die ergste in twintig jaar. Die jong manne moet hout inbring.
Na nog n week toe die eerste ryp val. bel die Kaptein weer die Weerburo. Die weerman se dat volgens nuwe inlgting
gaan dit n snerpende koue winter wees, die koudste in 50 jaar waarskynlik gepaard met hewige lewensverliese vir die onvoorbereides.
Die jong Kaptein wil toe nuuskierig weet op grond waarvan voorspel die weerburo dan sulke erge koue hierdie winter.
” Man,” se die weerman, ” op ons satelietfotos sien ons die Rooihuide skarrel soos miere al oor die reservate om betyds
hout bymekaar te maak, en jy weet ons het al geleer, daai mense is nooit verkeerd nie!”
Onlangse kommentare